|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 48
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Mathael praat oor wet en liefde
48 Mathael sê: "O, daar is nog iets, en dit is taamlik belangrik!
[2] As jy jouself êrens heen moet dwing, en dit bepaald nie net uit liefde doen nie, los dit dan en doen intussen wat jy uit liefde wil doen. Want wat `n mens nie heeltemal uit liefde doen nie, het vir sy lewe weinig waarde, want die liefde is die eintlike bousteen van die lewe, sy is die oorspronklike lewe self.
[3] Daarom is hy wat die liefde aangryp, deur die lewe gegryp en word `n deel van die lewe. Wie die liefde egter nie aangryp nie, en wat die mens slegs doen omdat hy vrees vir uiteindelike kwade gevolge, of vanweë die bietjie hoogmoed wat hy het om by die ander mense as wys aangesien te word, dit word geen deel van die lewe nie maar van die dood, omdat dit geen bousteen van die lewe in sig het nie, maar `n bousteen van die dood!
[4] Ek sê vir jou: Elke só `n wyse voorskrif het nie die lewe nie, maar die dood ten gevolge as mens dit nie uit liefde navolg nie. En die mees wyse raad lyk soos `n saadjie wat, in plaas van op die goeie aarde, op `n rots val waar dit verdor en vervolgens onmoontlik vrug kan oplewer.
[5] Ek sê dit vir julle, omdat ek dit só sien: Alles in die mens is dood, behalwe die liefde! Laat julle liefde daarom volledig oor julle hele wese heers en voel die liefde in elke vesel van jou wese, dan besit jy in jouself die oorwinning oor die dood en wat dood in julle was, het deur julle toegevoegde liefde oorgegaan in die onvernietigbare lewe. Want die liefde, wat haarself voel en haar deur hierdie gevoel ook herken, is die lewe self, en wat in haar oorgaan, gaan ook in die lewe oor!
[6] Al sou julle my raad hoe presies navolg, dan sou julle weinig daaraan hê as julle dit maar net ter wille van die waarheid wat daarin aanwesig is, sou doen en omdat julle vir kwade gevolge vrees as julle geen rekening daarmee gehou het nie. Dit alles sal op hierdie manier niks vir julle siele oplewer nie. Dit is egter heelwat anders as liefde en waarheid hulle verbind en dan saamwerk. Dan skep die liefde, uit en in die lig van die waarheid, altyd `n nuwe en meer volkome lewe in en uit haarself, totdat dit volkome gelyk is aan dié van God!
[7] Die liefde of die gees van God in die mense is wel in beginsel `n ewebeeld van God, maar dit moet eers weer na die volledige, daadwerklike gelykheid aan God toe groei op die manier wat ek julle nou-net vertel het. - Verstaan julle dit?"
[8] Suetal antwoord nou met `n opgewekte gesig: "By God, die Almagtige! Jy is waarlik een van die grootste profete, want so waaragtig, so verstandig en so wys het nog geen profeet tot sy volk gespreek nie! In jou pinkie het jy meer volmaakte lewe as wat ons almal saam in ons hele liggaam het, of beter gesê, in al ons siele saam. Ja, ja, so is dit, broers! Deur Mathael praat waarlik `n goddelike gees en ons kan God nooit genoeg dank dat Hy ons so wonderbaarlik, mag mens wel sê, bymekaar gebring het nie! O, as jóu wysheid al so aansienlik groter is as die van ons, hoe groot moet die van die aan ons nog onbekende Verlosser uit Nasaret, dan wel wees?!"
[9] Mathael sê: "Wat skitter so helder in `n doudruppel wat aan `n grassprietjie hang?
[10] Kyk, dit is die beeld van die son wat in die deursigtige druppel so wonderbaarlik helder glans! Maar die beeld van die son glans nie net nie, dit werk ook! In die middel van die druppel konsentreer die lig van die beeld van die son, die druppel kry in sy sentrum `n groot lewenswarmte, los homself uiteindelik heeltemal in hierdie lewenswarmte op in die lewenselement en gee aan die plantjie wat met die dood worstel op hierdie manier lewe. Daarom is die beeld in die druppel egter nog lank nie die son self nie, maar slegs `n afbeelding daarvan, voorsien van `n deeltjie met dieselfde krag en uitwerking as die van die werklike, groot son!
[11] Kyk, so `n verskil bestaan daar ook tussen my en die Verlosser uit Nasaret! Hy is die Lewenson self en in my, as doudruppel, heers nou wonderbaarlik helder `n klein afbeelding van die ewige werklike, groot Son waaruit tallose miriades van sulke druppeltjies, soos ons, hul heilige lewensvoedsel opsuig. - Verstaan jy dit?"
[12] Suetal sê: "O God, dit is `n heilige, verhewe taal! Vriend, jy is al meer as `n druppel, jy is `n hele see! O, so ver sal ons almal dit nooit bring nie, dit is te aangrypend groot, gewyd en verhewe! Maar onder sulke omstandighede en te veel goddelike verhoudinge, gaan ons as nog veels te groot sondaars dit nie waag om langer hier te bly nie, want hierdie plek begin steeds meer en meer heilig te word!"
[13] Toe begin die ander elf ook baie nederig te praat en wil hulleself ook heeltemal verder terugtrek, maar Julius laat dit nie toe nie.
[14] Maar Suetal sê: "Meneer, toe Moses destyds op die berg na die brandende braambos toe gegaan het om te sien wat daarmee aangaan, spreek `n helder stem vanuit die vlam: 'Moses, trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan is heilig!' Volgens wat daar nou so baie duidelik gesê is, is die Een nou hier wat Moses op die berg aangetref het. Daarom is ook dié plek heilig en ons sondaars is nie werd om dit te betree nie!"
|
|
|
|
|