Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

`n Verstandsmens soek die liefde

80 Suetal sê: "Verstaan ja, maar ek sou jou byna liewer níé wou verstaan het nie! Hoe kan ek my dan tot liefde dwing, as ek deur my aard byna gladnie daartoe in staat is nie? Ek voel maar net `n verstandelike instemming met verskynsels en dade, maar liefde in my hart ken ek nie! Sê my dan tog hoe dit in `n mens voel - of waaraan hy herken dat daar liefde in sy hart ontwaak het? Daar moet tog gewis die een of ander teken van herkenning in die lewe van die mens wees, anders het hy niks aan die hele liefde nie. Hy kan haar miskien volledig besit, maar sal nie weet dat so `n lewenseienskap 'liefde' heet nie. Wat help, of gee vir hom dan die liefde!?"

[2] Rafael sê: "Herinner jy jou dan nie meer die tyd van vroeër nie, toe jy nog kind was nie? Wat het jy toe vir jou ouers gevoel, wat baie van jou gehou het en jou as hul liefling oorstelp het met allerlei weldade?"

[3] Suetal sê: "Dit is wel lank gelede, maar ek kan my nou nog menige voorvalle herinner waarby ek so ontroer was dat ek trane in my oë gekry het. Kan so `n kinderlike gevoel miskien liefde wees?"

[4] Rafael sê: "Ja, ja, dit is liefde. Wie dit nie het nie, mis uiteindelik alles wat tot die lewe behoort, en so `n mens is dan slegs `n werktuig van sy harsings wat deur die natuur verlig is en weet nouliks iets van die wese van sy eie siel af!

[5] Die kinderliefde moet daarom weer in die harte van elkeen soos jy wakker word, omdat dit anders onmoontlik is om `n suiwer verstandsmens binne te voer in die innerlike lewensryk in.

[6] Wat het jy daaraan as jy alles met die verstand kan begryp en tog nie in staat is om jou eie lewe te verstaan nie en nie kan sien hoe dit is nie, hoe dit hom vorm en ontwikkel nie?!

[7] Wat het `n tuinier daaraan om in anderman se tuin die weelderige groei van allerlei edele plante te bewonder, maar daarby sy eie tuin braak laat lê en slegs die onkruid daarin na willekeur laat woeker?! `n Mens moet vir die beddings in sy eie tuin sorg, dit van onkruid vry maak, met die regte mis bemes en met die sade van edel plante besaai, sodat `n mens dan op die regte tyd ook die regte vreugde sal kan belewe aan die weelderige, edele gewasse van sy eie tuin! - Maar nou hou ons op daarmee, want die groot Heer gaan iets nuuts onderneem, en jy moet met jou hart en hoof daarby wees!"

[8] Ribar sê: "Maar, hemeling, sê ons eers of ons nie eers na die Heer toe moet gaan om Hom te dank vir al die goeie dinge wat ons hier beslis maar net deur Sy groot goedheid en barmhartigheid liggaamlik en geestelik kon ontvang het!"

[9] Rafael sê: "Vir Hóm geld slegs die hart, as sy in orde is, is alles in orde. As Hy julle ryp sal bevind, sal Hy julle wel roep en julle die nodige aanwysings gee oor wat julle in die toekoms sal moet doen.

[10] Maar nou kom dit daarop neer om jou in jou hart en in jou hele wese bereid te hou, want as Hy iets doen, is dit nie slegs bedoel vir ons hier op hierdie plek nie, ook nie vir hierdie land of vir hierdie uitgestrekte aarde nie, maar dit geld tegelykertyd vir die hele oneindigheid en ewigheid! Daarom gaan dit daaroor om alles tot op die diepste grond te begryp! Verstaan dit goed en neem dit goed ter harte! Want elke woord uit die mond wat deur die Ewige Gees van God in beweging gebring word, en elke daad wat daarop volg, het altyd `n oneindige draagwydte! - Maar nou moet ek julle geselskap weer vir `n rukkie verlaat en my voeg na die wil van die groot Heer."

[11] Toe verlaat die engel die geselskap van die twaalf en begeef hom weer na sy Josoë, wat nou heelwat met hom te bespreek het, want die talle gesprekke wat om hom heen plaasgevind het, het Josoë ietwat in verwarring gebring en Rafael moes help om sy leerling alles te laat verstaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205