Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die verantwoordelikheid van die mens

156 Dan gaan almal blymoedig na Cyrenius toe en vra hom wat hulle in die opsig moet doen.

[2] En Cyrenius sê: "Dit sal meer gepas wees as u in geheel nog ietwat afwag en in plaas daarvan in u harte baie nader na Hom toe gaan. Dan sal Hy wel Self na u toe kom en Self aan u sê wie Hy is en wat u moet doen! Voorlopig kan ek u in elk geval sê dat u op `n goeie spoor is! Want dat die groot Elohimmens Homself beslis hier sou ophou, kon u reeds uit ons aanwesigheid uitgemaak het! Vir iets onbelangrik sou ons nie byna drie dae lank hier gebly het nie!

[3] Hy is dus hier, daarvan kan u nou heeltemal van seker wees. Nader Hom egter eers in u hart, en neem ook `n ernstige besluit om al u ou gewoontes en sondes grondig af te lê, dan sal Hy weldra na u toe kom, en u die goddelike opdrag gee wat u in die toekoms sal moet doen!

[4] Hy is inderdaad die Een waarvan u self dink dat Hy dit is! Kyk na Hom en dink: Hy is JaHWeH Self as mens onder die mense! HY IS, wat hemel en aarde geskape het, en alles wat daarin en daarop is!

[5] Ek sê vir u: Hy is die ewige grondslag van alles wat is en alles wat lewe! In die ondeurgrondelike mag van Sy Wil bestaan die hele oneindigheid. Al die mag van die engele is slegs `n suggie uit Sy mond, en al die lig is van Hom afkomstig!

[6] Kortom, dink u in, dat Hy waaragtig die Een is wat vir Moses die wette op Sinai gegee het vir die volk Israel, maar die volk het Hom vergeet, en het weer in al die sonde teruggeval! Nou kom Hy om Sy volk weer op te rig, en vry te maak van alle sielsiektes.

[7] Hy dra `n mooi rooskleurige gewaad om te toon hoe baie Hy nog altyd Sy volk liefhet. Maar met die wye blou mantel gee Hy aan dat Hy ook tot ons, die heidene, gekom het, om ook vir ons tot Sy kinders om te vorm! Die mantel omvat die hele wêreld, en daartoe behoort ook al die heidene.

[8] Dink dan nou maar net na oor alles wat ek vir u gesê het, en dan sal dit weldra vir u duidelik word dat ek u geen onwaarheid vertel het nie!"

[9] Stahar en al sy kollegas bedank Cyrenius hartlik vir die onverwagte duidelikheid van sy kant af en trek hulle eerbiedig terug.

[10] Toe hulle so op hul gemak weer die oewer van die see bereik het, sê Stahar aan sy metgeselle: "Dit is tog merkwaardig, na hierdie bykans algehele duidelikheid van Cyrenius oor die Messias, voel ek goed wonderlik, enorm behaaglik! `n Sekere gevoel van versorgdheid kom daar oor my, asof ons almal op hierdie wêreld nou nie die geringste meer ontbreek nie! Tewens oorval tog `n baie eienaardige skroom en vrees vir JaHWeH van die ewigheid my, want ons kan nou na alles wat ons gesien en gehoor het, nie meer verberg dat Hy waaragtig is nie, wat Cyrenius van Hom gesê het! `n Gesprek met Hom sal nou `n baie afsonderlike gewaarwording vir ons wees! Ons anders baie vlot tonge sal ons sekerlik die diens weier!"

[11] Dan sê `n werklik moedige man uit die groep van vyftig: "Ja, ja, jy het werklik baie korrek en waar gepraat, maar ek dink tog die volgende: Ons kan tog niks daaraan doen dat ons mense is nie, want ons het ons beslis nie self op die wêreld gesit nie! Ook is ons nie aanspreeklik vir al ons lewensomstandighede, waardeur ons diegene geword het, wat ons was nie. Ons ouers, ons opvoeding en die daardeur ontwaakte behoefte van welke soort dan ook, het daarmee saamgewerk.

[12] As ons kinders sou wees van arme dorpelinge, sou ons seker dit geword het wat ons ouers was, maar God het ons kinders van baie aansienlike en ryk ouers laat word. Hulle het ons in die tempel laat opvoed en ons daarna heeltemal aan die tempel gewy. Daarvoor kan ons tog onmoontlik aanspreeklik wees! Dat ons dit geword het wat ons was, het tog seker ook met die medewete van die wil van die Almagtige gebeur!

[13] Dat ons onsself toe baie veroorloof het wat nie volgens die wette heeltemal in orde was nie, was natuurlik ons eie werk gewees. Maar daarby het ek tog nog altyd gedink: As jou ouers `n visser van jou gemaak het, wat nou kommervol in sy lewensonderhoud moet voorsien, sou daar tog nie baie gebeur het wat `n mens homself, deurdat hy goed versorg is, toegelaat het nie, omdat `n goedgevoede vlees en bloed hom altyd aandryf! Daarom is ons tekortkomings teen die wet, vir `n deel `n gevolg van die omstandighede waarin ons deur geboorte en opvoeding tereg gekom het.

[14] As die groot Messias nou na ons toe sou kom, sou ek in sekere sin heeltemal sonder angs en spesiale skroom met Hom kon praat, want ek kan nie minder wees as wat ek is nie, en Hy ook seker nie méér as wat Hy van ewigheid tot ewigheid is nie!

[15] Sê eers openlik: Kan `n boom iets daaraan doen as hy deur die storm geweldig heen en weer geskud word?! Of is dit die skuld van die see, wanneer moedswillige windvlae haar gladde spieël omwoel, en maak dat die een golf die ander, soos `n roofdier sy prooi, verslind?! Of kan die swakke riet dit help, dat hy deur die golwe na alle kante toe omgebuig word?!

[16] Ons is geen oerkrag nie, en is afhanklik van allerlei verborge kragte wat op ons inwerk. Wat het jy aan `n goeie en ernstige wil om nooit te val nie, as die brug waaroor jy moet gaan, sonder dat jy dit weet, bouvallig geword het, en die oomblik instort wanneer jy baie onskuldig daaroor loop?! Wat is die lewe, wat se steunpunte het dit waarop ons met sekerheid kan bou?! Wie ken die fondamente van die denke en die wil?! Deur die dierlik blinde byslaap, wat bykans nooit iets met ernstige nadenke te make het nie, word die lewe by diere en mense op één en dieselfde wyse gevorm! Nog die dier, nog die mens het ook maar `n sprankie bewussyn van dit wat maak dat deur die sinlik dooie byslaap, `n lewende organisme gevorm word. Net die stoflik tegniese deel is al so kunstig saamgestel, dat `n groot geleerde baie jare sou moet studeer om al die afsonderlike bestanddele en hul oorsaaklike verbindings ook maar oppervlakkig te leer ontdek en te ken! Maar dan eers het hy die masjien voor hom, waar is dan nog die prinsiep van die lewe self, hoe werk dit saam met die masjien, en hoe bedien dit hom en sy tallose onderdele?

[17] Ons weet wel dat ons nou bestaan en dat ons lewe en dink en wil. Ook word ons van die mees verskillende gevoelens en drifte in ons gewaar, maar hoe ontstaan dit in ons, wie roep dit op en waar gaan dit heen, as ons dit versadig het met dit waartoe hulle ons gedwing het?

[18] Kyk, dit is goed gegronde oordenkings, waardeur minstens `n vier vyfde deel van ons bestaan volgens elke gesonde verstand teenoor elke god homself verontskuldig, en daarom vrees ek ook geen gees en geen god nie! Iets slegs het ek nooit gedoen nie, behalwe dat ek so nou en dan sommer soos `n mens plesier had aan `n los meisie, en dit lê tog ook weer in my aard! Waarom moet die liggaam van `n mooi, jong meisie my dan so geweldig bekoor? Het ek self so `n oorheersende begeerte in my wese gelê? Daarvan weet ek niks nie! Wie maak dan dat my gevoel vir liefde so moeilik te bevredig is? Wie het in my die honger en die dors geskape? Waarom moet ek dan eet en drink? Kyk, dit word alles in ons veroorsaak deur hoë kragte wat ons nie kan bedwing nie! Tot op `n sekere hoogte kan ons onsself self wel verloën, bokant hierdie hoogte hou dit egter op! Maar as dit nou so is, watter verstand, reiner as myne, en welke wysheid kan dan in staat wees om my, vanweë my toestand en my doen en late, voor `n streng gerig te daag? Seker nie van `n mens wat net so helder dink soos ek nie, - en nog baie minder van `n allerhoogste en stralende God! Waarom sou ek dan so `n kinderagtige angs hê vir `n god?"

[19] Stahar sê: "Maar daar staan tog geskryf dat die mens God moet vrees, omdat God almagtig en die mens erg onmagtig is, en hom nooit kan versit teen God nie.

[20] Die spreker sê: "Heeltemal korrek! Hy moet God vrees! Dit is egter maar net `n boodskap vir die morele mens, - maar nie vir die hele mens in al sy lewensfunksies nie! Maar selfs hierdie vrees is eintlik maar net `n vrees uit liefde, wat in sekere opsigte vir die vrye wil van die mens dien as lewensleidraad, soos die kinders hul ouers uit liefde vrees. Maar vra eers vir `n god `n verbod op die asemhaal, of die spys-vertering, of die polsslag, of die veroudering, of die groei van die hare, van die naels, of die ruik, en die proe, en die ondergaan van lus en pyn! Welke god met enige wysheid sou dit doen?! Waar het ons dan `n maatstaf om presies af te meet, waar die mens binne sy morele perke, los van alle noodsaaklike lewensfunksies, `n konkreet vasgestelde standpunt het, en inneem ten opsigte van die dink, wil en handel!

[21] Wie ken die drade waarmee die natuurlike lewe saamhang met die op homself heeltemal vrye, suiwer geestelike lewe, en wie weet in hoeverre die natuurlike lewe hom, onbelemmerd deur hierdie drade, as `n selfstandige heeltemal kan beweeg?! Ja, `n mens sien wel dat elke mens in `n bepaalde opsig vry is - hy kan gaan waarheen hy wil, hy kan staan of sit, hy kan na wense met sy oë na alle kante toe kyk - maar daaraan is daar tog vooraf `n noodsaak, uitgaande van die begrensde natuurlike lewe!

[22] Dit is daarom egter die vraag, waar die eintlik vrye, morele standpunt van die mens tussen die noodsaaklike, natuurlike lewe, en die vrye, geestelike aard van die mens geplaas is! Solank dit nie duidelik omskryf is nie, kan van sonde of deugde nie gepraat word nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205