|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 60
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die geklets van Suetal
60 Suetal sê: "Vriend, jy praat soos geen mens wat van hierdie wêreld is nie! Jy moet `n hoër wese uit die hemele van God wees! Miskien is jy dalk self die groot Verlosser uit Nasaret?"
[2] Rafael sê: "O, volstrek nie! Ek is ewig onwaardig om ook maar Sy skoenrieme los te maak! Na die gees kom ek wel van bo, maar in hierdie eweneens aardse liggaam is ek maar net dit en die een wat julle in my leer ken het!"
[3] Suetal sê: "Maar, omdat ons nou net soos die ander gaste al klaar is met die maaltyd, sou ek tog wel die hemelse Heer wou leer ken om Hom my groot verering te betoon!"
[4] Rafael sê: "Daartoe is ek nog nie gemagtig nie. Op die regte oomblik sal jy en jou broers Hom wel herken! Maar kyk, daar is nou nog baie onrein dinge in julle harte! Dit moet julle insien en as sodanig verafsku en uit julle verwyder deur in die vervolg en vanaf die oomblik dat julle die onsuiwere ontdek, dit nooit meer, by watter geleentheid dan ookal, te wil toepas nie. Dan is julle gereed om die groot Heer heeltemal te leer ken!
[5] Maar let nou almal baie goed op! Die vriend, wat vroeër met julle gepraat het, gaan nou, te oordeel aan Sy gesig, praat, want ek het gemerk dat Cyrenius, die opperstadhouder wat langs hom sit, Hom oor iets gevra het - en as die grotes praat, moet die kleintjies swyg en luister, as dit vir hulle toegestaan is! Daarom sal ons nou swyg en ons hoë bure laat praat!"
[6] Suetal vra nog `n keer aan Rafael: "Kan jy, beste jong vriend, my dan nie vertel wie die goeie vriend eintlik is wat nou gaan praat nie?"
[7] Rafael sê: "Nee, nie nou nie, want nou moet ons swyg en luister! - want as Hy waaroor dan ookal gaan praat, is dit altyd van die hoogste belang om na Hom te luister! Sê daarom van nou af totdat Hy klaar gepraat het, niks meer hardop aan hierdie tafel nie!"
[8] Daarmee stel Suetal en ook alle ander hulle tevrede en hulle wag vol ongeduld vir die begin van My woorde. Maar Ek kon nie vroeër begin het as wat Cyrenius klaar was met sy inderdaad baie belangrike vraag oor huwelik, egbreuk, egskeiding en geslagsgemeenskap met ongehude maagde nie.
[9] Na `n paar minute se swyende gewag, vra Suetal: "Nou, wanneer gaan hy nou begin?"
[10] Rafael sê: "Jou blinde en dowe mens, sien jy dan nie dat Cyrenius nog nie met sy vraag klaar is nie!? Of kan jy dalk al begin praat en `n vraag beantwoord as die vraag nog nie volledig gestel is nie?! Wees geduldig, die antwoord sal nie op hom laat wag nie!"
[11] Met hierdie opmerking is Suetal voorlopig weer tevrede. Maar Cyrenius wei baie met sy vraag uit en Ek kom daardeur nog nie by die antwoord uit nie. Cyrenius praat ter wille van Jarah wat langs hom sit, nie so hard nie, sodat ons bure natuurlik nie veel van sy vraag verstaan het nie en hulle daardeur erg begin verveel het omdat hulle nou van geen enkele kant af meer `n woord hoor nie. By die Romeine geld naamlik as `n vername leefreël dat almal moet swyg as één hooggeplaaste ook maar aanstaltes maak om te begin praat.
[12] Daar verloop nou nogmaals enige minute en Ek praat nog steeds nie. Toe sê Suetal vir Rafael: "Vriendjie, altwee menere praat baie saggies met mekaar! Van hierdie miskien baie wyse gesprek sal ons nie veel wyser word nie en daarom kan ons gerus maar onder mekaar oor iets begin praat. Miskien stel ons bure dit selfs baie op prys! Want as sulke menere saggies met mekaar praat, gee hulle aan die kleine mensies wat hulle omring, te verstane dat hulle nie gehoor wil word nie! Ons doen daarom glad nie goed as ons nou ons monde hou en daarmee maar al te duidelik onvriendelik jeens hulle is, laat ons daarom ook oor iets begin praat!"
[13] Sê Rafael: "Wel, wel, wat `n slim kêrel is jy tog nie! - Kyk eers daar, daar kom nog `n tweede porsie lekker vis met brood en `n aantal bekers heerlike wyn na hierdie tafel, omdat julle almal vanweë my groot eetlus ietwat te kort gekom het!"
[14] Suetal sê: "Prys God daarvoor, want ék, in elk geval, gewaar nog `n paar leë plekke in my maag! Die vis wat ek sopas geëet het, was nie een van die grootste nie en brood was daar eintlik ook nie so oorvloedig op ons tafel nie en daarom kan so `n aanvulling alleen maar baie geleë wees."
[15] Nou was Markus al met die gewenste aanvulling by die tafel en sê: "Ons verontskuldiging, beste vriende! Hierdie tafel was netnou ietwat minder voorsien as die ander, daarom het ek uit my groot voorraad nog `n klein aanvulling laat gereedmaak. JaHWeH God seën hierdie vir julle almal!"
[16] Toe val almal flink weg, behalwe die engel, en eet haastig die lekker voorbereide visse, spaar daarby nie die brood nie en weet ook met die wyn goeie raad. Dit duur nie lank nie of die tafel is weer heeltemal leeg.
[17] Nadat hulle die tafel so sonder hulp van die engel geledig het, sê Suetal: " Alle lof aan JaHWeH God, die enige goeie Vader van engele en mense! Nou is ek eindelik weer eers so versadig soos wat ek in geen half jaar was nie! Nou is dit nie moeilik om te swyg en met alle geduld te wag op die beloofde woorde van die wyse Griek nie, wat waarskynlik so `n geheime raadsman is van die hoë stadhouer van Sirië, onderskeidelik opperstadhouer van die hele Asië. Maar die woorde wat ons jong vriend voorspel het, laat redelik lank op hulle wag!
[18] Die opperstadhouer is nog steeds nie klaar met sy baie uitvoerige vraag nie en die ander kan hom nie voor dit `n antwoord gee alvorens die opperstadhouer met sy vraag, wat beslis baie belangrik moet wees, klaar is nie! Dit sal nog wel `n redelike tydjie so gaan! Ook die dertig jong fariseërtjies en levietjies spits al flink hul ore! Maar daar is nog steeds niks te hore nie!
[19] Die jong meisie beval my werklik gladnie sleg nie, maar sy skyn tot oor haar ore verlief te wees op die Griek! Sy neem geen oomblik haar oog van Hom af weg nie en skyn in Sy oë van alles te lees. Vir die jong seun van die stadhouder skyn sy geen oë te hê nie, hoewel hy so ryk gekleed langs haar sit en hom, so lyk dit, ietwat begin te verveel! Oho, nou kom daar nog vier heel liewe meisies uit die huis uit! Dit sal waarskynlik die dogters van die gasheer wees! Wat gaan hulle nou doen?!"
[20] Rafael sê: "Ek dink, vriend, dat jy `n kletskous is en gladnie kan stilbly nie! Sien jy dan nie dat die meisies die leë skottelgoed kom wegneem om dit vir die aand skoon te was nie?! Het jy so `n beperkte gees dat jy dit nie dadelik verstaan nie? Werklik, jy word nog lank geen Mathael nie!
[21] Probeer nou nog eers of jy kan stilbly en in stilte alleen maar kan dink, want `n sekere uiterlike rus is noodsaaklik vir die opwekking van die gees! Sonder rus kan hierdie uiters belangrike lewenshandeling nooit plaasvind nie!"
|
|
|
|
|