Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Moet geestelik opnuut gebore word

171 Jarah sê: "Ek verstaan dit so ongeveer goed, maar nog lank nie deur en deur nie! Die geestelik opnuut gebore word, hoewel ek ook al daarvan gehoor het, wil nog altyd nie vir my duidelik word nie! Hoe moet dit nou eintlik opgeneem word?"

[2] Ek sê: "Dit is eintlik nóg vir jou, nóg vir iemand anders nou al heeltemal te verstane, want as Ek aardse dinge met julle bespreek, verstaan julle My alreeds nie heeltemal nie, - hoe sou julle My dan kan verstaan as Ek suiwer hemelse dinge met julle sou behandel?!

[3] Ja, Ek sê vir julle: As Ek nou begin om op suiwer hemelse wyse met julle om te gaan, dan sou julle julleself almal begin te vererg en sal sê: 'Kyk nou hoe onsinnig gedra die Mens Hom! Hy sê dinge wat nog kant nog wal raak! Hoe kan jy Hom nou glo?!”

[4] Daarom sal julle die geestelike nuwe- of wedergeboorte eers dan heeltemal verstaan, wanneer Ek as die Mensenseun en Seun van die mense, netsoos Elia, voor julle oë van hierdie aarde weggevoer sal word!

[5]  Eers daarna sal Ek My Gees vol Waarheid en Krag uit die hemele oor al My eie uitstort, waardeur dan eers die volledige wedergeboorte van die gees in die gees volmaak moontlik is, en ook eers dan en daardeur, sal julle die wedergeboorte van julle gees kan verstaan en besef.

[6] Maar voor dit kan niemand volledig in die gees nuutgebore word nie, en dit is al so sedert Adam en het selfs ook vir Moses en al die profete gegeld.

[7] Maar deur My daad, wat Ek nou aan jou en al die ander aangekondig het, sal almal, wat vanaf Adam in die wêreld gebore was, en tydens hul liggaamlike lewe wel goed gedoen het, ofskoon hulle dit nie altyd doen nie, deel hê aan die totale wedergeboorte van die gees.

[8] Want daar is vele wat baie graag iets goeds wil doen, en dit wil uitvoer, maar wat nie die middele en die liggaamlike krag en vaardigheid daartoe het nie, wat egter tog net so nodig is as wat die oë is om te kan sien. Wel, in sulke gevalle geld die goeie wil by My net soveel as die daad self.

[9] Gestel jy sien iemand wat in die water wil val! Jy sou die ongelukkige baie graag wou help, - maar jy weet dat jy nie kan swem nie. As jy die drenkeling sou agternaspring, sal julle beide verdrink. As jy egter goed sou kon swem, sou jy seker sonder meer die ongelukkige kon agternaspring en hom red. Maar omdat jy glad nie kan swem nie, spring jy hom ondanks dat jy hom baie graag wil red, tog nie na nie, maar jy gaan soek vinnig iemand wat die ongelukkige nog sou kan en wou red!

[10] Kyk, dogtertjie, in so `n geval weeg die goeie wil net so swaar as die uitgevoerde werk self, en dit geld eweneens vir duisende en nogmaals duisende gevalle, waarby Ek slegs die goeie wil alreeds as die uitgevoerde werk beskou.

[11] Ek sal jou nog `n voorbeeld gee! Stel jou voor dat jy `n arme, wat na jou toe kom, sou help. Hoewel jy self geen sent besit nie, wil jy die arme tog met alles wat maar moontlik was, help! Omdat jy self geen geld het nie, gaan jy na mense toe met geld, en vra hulle met al jou oorredingskrag om hulp vir jou arme, maar die hardheid van hart van die ryke maak dat jy niks kry nie, en dat jy die arme met trane in jou oë sonder ondersteuning moet laat verder gaan, en dat jy hom moet toevertrou aan JaHWeH God.

[12] Kyk, jou wil sal dan al tel as die uitgevoerde daad!

[13] En vóór ons was daar baie sulke mense. Hulle is nou ook daar, en hierna sal daar nog meer kom. Hulle sal almal die wedergeboorte van hul gees in hul siel deelagtig word!

[14] As jy nou dus net soos al die ander nog nie presies kan verstaan waaruit die eintlike wedergeboorte van die gees bestaan nie, dan het Ek jou nou die rede daarvan so duidelik moontlik uitgelê. As die tyd egter binnekort sal kom waarin jy geestelik wedergebore sal word, sal jy ook dan eers goed kan insien wat dit is, en waarom jy dit nou nog altyd nie kon verstaan nie! - Verstaan jy nou die rede waarom jy My nog altyd nie heeltemal kon verstaan nie?"

[15] Jarah sê: "Ja Heer, U my enige liefde! Nou verstaan ek dit goed! Maar `n mens móet U goed verstaan, want U stel alles net so suiwer in die lig, soos die son wat op die middag van `n wolkelose dag die aarde beskyn!"

[16] Na hierdie woorde bedank sy My vir hierdie uitleg en belowe My ook dat sy nie ooit weer gou vir menslike dom gedrag sou lag nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205