Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 230

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die Heer sorg

230 Murel sê: "Beste vriende, sonder om julle ook maar in die minste te na te kom of te sê dat julle wens nie op die goddelike orde gebaseer is nie, wil ek tog in alle eenvoud daarop wys dat ons onsself nou bedruk maak oor `n kleinigheid, terwyl die Heer beslis al lankal in alles voorsien het!

[2] Mettertyd sal daar ewegoed wolke voor ons geestelike son kom, soos wat daar wel dikwels duistere wolke op `n klaar verligte dag voor ons natuurlike son kom en dit sodanig verduister dat `n mens geen idee het op welke plek aan die hemel die moeder van die dag staan nie, en dit bowendien so donker word dat `n mens op die middag `n lig moet aansteek om iets te kan sien. Maar die wolke bring daarna `n vrugbare reën en op die volgende, sonnige dag lê en gloei die geurvolle akkers van hemelse seën.

[3] Daarom glo ek dan ook dat die hoogste Liefde en Wysheid van die Heer ook meermale in die midde op die helder middaguur van ons geestelike aarde van die menslike kennis en wysheid, donker en duister wolke voor die heilige aangesig van die son van ons gees sal laat kom, om die mense des te meer te laat dors na die lig. Deur die verlies van die lig sal ons eers erken hoe groot en onskatbaar die waarde van die egte lewenslig is. Die mense sal dan weldra angstig begin te vra: 'Waar is die lewenslig?' Hulle sal sug en ween, en die trane sal soos reën lyk uit die geestelike wolke, sal in die vore van die benoude hart val en sal hier en daar die verkromde wortels van die heilige woord in die siel weer tot lewe bring. Dan lewe en groei ons saam met die wortels op, en met opnuut versterkte blik sien ons daarna weer vinnig en moeiteloos die lewenson in ons verligte harte en dan verheug ons onsself uitermate oor die nuwe lig, wat ons tydens allerlei twiste en onvrede `n tydlank moes ontbeer.

[5] Ek sê julle: Die Heer weet baie goed wat daar nog alles sal kom oor ons natuurlike en geestelike wêreld en waarom!

[6] Daarom lyk dit vir my dat ons beraadslaging heeltemal nutteloos is. Ons sal van Hom, as Hy ons geskik ag vir Sy doel, verseker woord- en daadkrag kry; maar om vir Hom uit te stippel wat Hy alles vir ons moet gee en wat Hy moet doen, dit kan ons met ons onnosele insig nooit doen nie!

[7] Sou ons nie weet wie Hy was nie, dan kon ons wel met Hom omgegaan het asof Hy `n mens was soos ons, maar omdat ons nou maar al te goed weet wie Hy is, gaan dat nie meer af nie! Want daardeur sou ons laat blyk het dat ons óf nog erg onnosel is, óf onsself uiteindelik baie wyser ag! - Dink goed daaroor na en sê vir my of ek in die aard van die saak ook nie gelyk het nie!"

[8] Mathael sê: "Dit is heeltemal geen vraag meer of jy alleen gelyk het of nie! My mening gaan eintlik alleen maar daaroor dat ek self wil vasstel wat daar in elke geval nog nodig sou wees om die mensdom die lewenslig te verskaf. Maar ek het tewens vasgestel dat julle beide en in besonder vriend Murel, baie verstandiger geoordeel het as ek. Origens dink ek dit het ons al drie nie ontbreek aan goeie wil nie, en die Heer Self sal wel die beste doen! - Maar nou, vriende, oor iets anders!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205