Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Philopold lê uit waarom JaHWeH mens moes word

183 Philopold sê: "Nou dan. Ek sal in U Naam, wat vir my die mees heilige is, probeer om sélf `n uitleg te gee.

[2] Ek vind, dat as selfs die eenvoudigste mens al `n bepaalde rede moet hê vir welke simpele handeling ookal, omdat hy andersins geen hand sou uitgesteek het nie, `n mens des te meer mag veronderstel dat God `n baie grondige rede moes gehad het om Homself as die ewige alleen ware en suiwer, almagtige Gees in die beperkte vorm van die liggaam op te sluit, en so, as Skepper van alle dinge, `n medeskepsel te word van Sy skepsels, wat ons mense is.

[3] Soos wat maar alleen die liefde reeds by ons mense die magtige stimulant is vir alle moontlike handelings, so was ook juis die liefde by God beslis die enigste, vernaamste beweegrede wat Hom deur `n innerlike drang daartoe gebring het om dit te doen, waardeur U, o Heer, nou as heilige resultaat in ons midde is, en ons leer om U wil vry in ons te herken, dit tot ons eie besit te maak, en vervolgens selfstandig so te handel wat vir U, o Heer, welgevallig is.

[4] In my hart sien ek dit baie natuurlik en werklik menslik as volg: Eeue gelede het U U idees omvorm tot vaste vorms. Eers was die vorms star en styf, soos alles wat nou nog vir ons sintuie heeltemal lewensloos skyn te wees. Uit hierdie groot en skyndooie vorms ontwikkel U van tydperk tot tydperk altyd minder harde, en meer lewensvorms wat van homself bewus is met meer of minder bewegingsvryheid en aktiwiteit. Dit alles is en was slegs `n voorbereiding en voorproef vir die heeltemal vrye lewe van die daaropvolgende heeltemal vrye mens wat uit alle ontwikkelings ontstaan het, aan wie U, o Heer, die hoof- en basisvorm van U eie fundamentele Wese gegee het.

[5] Die mens was nou daar, herken homself en sy goddelike vryheid, beleef baie vreugde aan sy bestaan, aan sy mooi vorm, en kon die dinge wat hom omring onderskei en tel.

[6] Maar baie gou het hy begin om in homself te soek na sy eie oorsprong en na die van die dinge wat hom ten dienste gestaan het. En toe U, o Heer, dit sien, het U goddelike hart vreugde ondervind, en U het vir hom die geleentheid gegee om U meer en meer te voel en aan U te dink.

[7] Deur innerlike, stille en geheime openbaring in die hart van die nou vrye mens, wat in alles U ewebeeld was, bring U ewige Gees hom eerstens sover dat hy kan besef, dat hy, met alles wat hom omring, die werk moes gewees het van `n almagtige en baie wyse en goeie Wese. Deur die toenemende en duideliker wordende insig moes die nuwe, heerlike mens nie alleen die grootste hoogagting en eerbied vir die altyd lewendiger gevoelde Skepper van alle dinge kry nie, maar moes sy hart ook van `n brandende verlange vervul word om Hom slegs eenmaal te sien en te spreek om daardeur tot die oortuiging te kom dat sy vermoede van die bestaan van so `n hoogste wese wat hierdie groot eerbied en liefde opwek, geen ydele fantasie was nie!

[8] Die groot verlange het gegroei en gegroei en die heilige verlange na U, o Heer, het altyd feller gebrand in U gees in die harte van die eerste mensepaar wat nog heeltemal onbedorwe was.

[9] Hierdie mense het wel van mekaar gehou, maar hulle het mekaar nie herken nie, en daarom verenig hulle hul liefde tot U, o Heer, en wek in beide die altyd groter en vaster vertroue dat daar `n groot, heilige en almagtige Skepper moes gewees het wat die mens as heerser oor die hele aarde en oor alle dinge geplaas het, omdat alle ander skepsels van die aarde hulleself voor Sy Wil gebuig het.

[10] Toe hulle verlange om U in `n sekere sin persoonlik te leer ken, `n hoogtepunt bereik het, was U ook in U goddelike hart getref en U het die innerlike gesig van die mens geopen, skep vir Uself tydelik `n eteriese mensevorm, en vertoon U so aan die mens wat na U gesmag het.

[11] Toe eers sien die mens die oorgrote, heilige waarheid en die volle werklikheid van sy vermoedens en hy was baie verheug in U, maar hy het ook `n teregte vrees vir U gehad omdat U hom, netsoos alle dinge, geskape het.

[12] Die mens was toe goed en suiwer soos `n son, niks het sy sinne vertroebel nie, en dit wat `n mens nou hartstog noem, kon sy heilige hart hom nog nie indink nie.

[13] Maar U, o Heer, het baie goed geweet dat die menslike vorm die lewe slegs deur die asem van U wil het, en nou in staat was om aan sy eie, innerlike ontwikkeling te gaan werk om die vrye selfstandigheid te verwerf.

[14] U het hom onderrig gegee, en het hom altwee die weë getoon, - die ene, wat na die godgelyke, vrye selfstandigheid voer, en die ander wat na die geoordeelde, en dus volledig onselfstandige, bestaan voer.

[15] Eén gebod was die noodlottige wegwyser en tewens die bedoelde, dubbele weg.

[16] Omdat die gebod egter vir die nuwe mens dit sou wees wat dit moes wees, moes U die mens `n verleider saamgee om hom te prikkel om die gebod nie te hou nie, sodat die mens dan uit eie onwrikbare wil die gebod sou hou en getrou in ag sou neem.

[17] Dit het ook `n tyd lank gebeur. Maar U het Self gesien dat die mens deur die strenge navolging van die een gebod uiteindelik tog nie die hoë graad van selfstandigheid sou kon bereik wat U hom toegedig het nie.

[18] Om dit te bereik, moes die mens eers nog dieper en verder van U geskei word. Hy moes faal en val, en dan eers in die totale afgesonderdheid van U, baie moeisaam en onder allerlei verleidings en moeilikhede weer heeltemal opnuut tot homself kom, en met `n neerslagtige en berouvolle hart na U op soek gaan.

[19] Toe die mens wat so geval het, homself op die moeitevolle wyse uit sy diepste diepte weer tot U opgerig het, het U hom weer tegemoet gekom, het U Uself opnuut in `n baie meer uitgesproke vorm vertoon, en ook in `n meer uitgebreide openbaring wat die mense onderrig, en het hulle die groot belofte gegee van dit waarmee U nou voor ónse oë ten volle en grondig begin het. U het vir die mens `n volmaakte medemens geword sodat hy in alle toekomstige ewighede heeltemal selfstandig teenoor U sal kan staan en sodat U Self daardeur die groter en beslis geluksaliger genot sou hê om nie langer as `n oneindige en daardeur nooit sigbare en voelbare God, Heer en Vader teenoor U kinders te staan nie, maar as `n sigbare, liewe Vader wat die kinders kan liefhê en wat al die goeie kinders persoonlik in Sy wonderhemel kan binnelei.

[20] Watter saligheid sou dit dan ook vir `n oneindige God gewees het as Hy sy liewe kinders wel sou kon sien, maar as hulle Hom maar net as `n oneindige ligsee te siene sou gekry het?! Tans het U vir die mense wél die hoogste saligheid berei en as waaragtige, enige en liefdevolle Vader van U kinders, ook U Self!

[21] Want watter vreugde sou U Self aan die beste en suiwerste van harte van al U kinders kon belewe as U verseker geweet het dat hulle U in ewigheid nooit sou kon sien of hoor praat nie?!

[22] Dus, terwille van Uself en die mense het U, o Heer, dit alles gedoen, sodat die reine geluksalig in U sou word, en U deur hulle ook die hoogste voorreg en die hoogste saligheid sou kon geniet!

[23] En as alle engele nou uit die hemele afdaal en vir my `n ander hoofmotief sou aangee vir U huidige, volledige en selfs formeel stoflike menswording, dan sal ek my menswees vir ewig opgee en sal ek wil ophou om te bestaan, of ek sal vir ewig `n dier wil wees!

[24] As U, o Heer, nie die liefde in U sou gehad het nie, dan sou U nooit van die ewigheid af ook maar één van U glansryke idees in die sigbare bestaan `n vorm gegee het nie. Maar omdat U Self in U goddelike hart `n groot welgevalle gehad het aan U wonderbaarlike, glansryke en groot idees, en daarvan gehou het nog voordat U eindelose wysheid en mag dit in die uiterlik sigbare, en deur U krag in stand gehoue wêreld gevorm het, dwing U liefde U, omdat sy ook altyd gloeiender en aktiewer word, om aan U idees `n bestaan buite U Self, en daarom ook `n daaropvolgende lewe, te gee.

[25] Die lewe is egter tog niks anders as U hoogste, magtigste en suiwerste goddelike Liefde nie!

[26] Die lewe van alle skepsels is vervul met hierdie liefde van U, ja, hulle hele wese is maar net U liefde, en alle vorms is ook maar net U liefde! Alles wat ons hoor, sien, waarneem, ondervind, voel en proe is slegs U liefde! Sonder hierdie liefde sou `n son nooit `n aarde verlig het en haar vlakte bevrugtend verwarm het nie!

[27] Maar as slegs U Liefde alleen dit alles met U heerlike oer-idees gedoen het, sou Sy dan daarna niks vir Haarself doen om juis in alle wesens wat deur Haar ontstaan het, dit volledig te bereik wat Haar in die oerbegin in Haarself gedwing het om die gevormde idees `n vry, selfstandige lewe te verskaf nie?!

[28] Ek is nou van mening dat ek die volle waarheid gepraat het, wat duidelik aangee dat U, ewige God, deur `n innerlike dwang ook noodsaaklik in die tydelike `n mens moes word soos ons!

[29] En ek glo ook hiermee, vir sover dit vir die menslike wysheid moontlik is, dat Ek in die algemene U gestelde vraag heeltemal beantwoord het! - Ek vra U, o Heer, om aan my U oordeel daaroor nou duidelik mee te deel."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205