Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die mening van die owerste van die fariseërs oor Jesus

143 Cyrenius sê: "Dit is nie my bedoeling nie, maar ek wil u maar net - en daaraan is alles vir my geleë - grondig verbeter en egte mense van u maak! U kan u innerlik wel uitstekend agter weldeurdagte, slim woorde verberg, en hier nog makliker, omdat die omstandighede in `n sekere sin tot u voordeel strek, en geeneen van ons kan met sekerheid beweer wat u, as die brand byvoorbeeld nie plaasgevind het nie, met die reeds versamelde offers sou gedoen het. Maar ek stel nou `n ander vraag, en vra u of u met `n suiwer en rustig gewete dit, wat u my hier vertel het, ook net so aan die alwetende profeet EliJaH of `n engel van God, wat u hart en niere kan deursoek, sou vertel het?

[2] Ek besweer u by my keiserlike erewoord, wat getrou en magtig is: Daar is hier in my geselskap `n aantal wyses - nie van myne nie, maar van u geloof, - vir wie die mees geheime gedagtes van die mens ewe helder en deursigtig is soos `n openlik begane daad! As hulle u op die proef sou stel, sou u hulle dan met net so `n onbeswaarde gewete te woord staan soos vir my? Want van my weet u dat dit my nie aan verstand en skerpsinnigheid nie, maar wel aan alwetendheid ontbreek?! Ek het hierdie mense grondig ondersoek, en het bevind dat met hulle beslis nie te skerts is nie! Ek sal ook vir u deur hulle laat ondersoek. As alles so is soos wat u my nou vertel het, kry u alles en nog baie meer as waarvoor u gevra het. As die genoemde wyses egter iets anders oor u getuig, sal die broer en oom van die heerser wat nou op die troon sit, wel baie goed weet wat hy moet doen!"

[3] Die owerste sê: "Waarmee kan u ons hiervan oortuig dat hierdie deur u genoemde wyses ons vriende en nie ons vyande is nie, en of hulle ten opsigte van ons geen misbruik van hulle wysheid sal maak nie? Want ons is nou eenmaal fariseërs en as sodanig gehaat in Galiléa, omdat ons onsself streng hou by die gebooie, en slegs Moses en die profete predik, terwyl al byna die hele Galiléa aanhangers is van die Egipties-Griekse filosofie. As u wyses daarom Galileërs is, sal hulle in hul wysheid geen goeie woord oor ons sê nie, en daarom wys ons vooraf al alle Galilese wyses, wat ons vyandig gesind is, van die hand!

[4] Bowendien staan daar ook geskryf dat `n profeet nooit uit Galiléa gekom het, en kan kom nie, omdat juis die Galileërs as ketters van die Judese geloof te ver van die ou, Mosaïese wysheid verwyderd is! Maar as die wyses uit Judéa is, sal ons hulle ook aanhoor!"

[5] Cyrenius sê: "Die wyses wat ek genoem het, het so `n plek in my geloof en in my hart, dat elke woord uit hulle mond vir my eintlik al uit die hemel kom, hoewel ek nie bepaald van mening is dat iets wat waar moet wees, juis daarom uit die hemel moet kom nie. Want elke waarheid bly op aarde net so goed waarheid soos op die vleuels van die lig uit alle hemele! Want een peer en nog `n peer moet in die hemel netsoos op aarde twee pere wees, - so nie, dan is die hemel `n leuen!

[6] Daarby het ek nóg `n vraag aan u! U het juis geprotesteer teen die Galilese wyses en dit het my die indruk gegee dat u miskien nog `n ander rede het as maar net die Griekse filosofie! Daar het tog in Nasaret `n man opgestaan het wat baie groot wonderbaarlike dinge doen, die mense `n nuwe geloof leer wat uit die hemel afkomstig moet wees, en die egtheid daarvan bevestig deur ongekende wonders! - Sê my of u al van hierdie Mens gehoor het, en wat u mening oor Hom is!"

[7] Mathael sê saggies: "Nou het u hom goed bygedam! Nou sal hy dadelik sy kleure wys!"

[8] Die owerste antwoord: "Het die bedrieëry van die kwaksalwer wat by ons baie berug is, vir wie die timmermansbyl te swaar geword het, en liewer deur lekker leeg te lê, vooruitkom as deur deeglike werk, ook al tot u ore deurgedring  Kyk, ons as wettige priesters wil nou van u kostes verhaal, wat uit elkeen van u woorde en aan u gesig maar al te duidelik merkbaar is. Maar so `n bedrieër, so `n volksverleier wat met behulp van ingestudeerde toorkunste uit die Môreland, kry van u in `n sekere sin vrye spel, Hy kan doen wat Hy wil en aan Sy woord sal u wel heelwat meer waarde heg as aan die van ons, waarvan die waarheid tog deur die verstand, die groot intelligensie, en wat hom binne die wettige orde van die menslike gevoel bevind, duidelik bevestig word! Ek ken die bedrieër wat u bedoel, en het hiermee dan ook alles gesê!"

[9] Cyrenius, duidelik baie opgewonde oor hierdie uitlating, sê: "Die mening wat u my nou oor `n man gegee het, kon nie erger tot u nadeel gestrek het nie! Maar die keer het u tenminste die waarheid gepraat, dat u my u innerlike laat sien het soos wat dit in werklikheid is. Ek ken u bedrieër maar al te goed, en weet hoe dit met Hom staan, maar ek ken u ook nou heeltemal, en weet hoe dit met u staan! Dat ek nie elkeen sonder meer as betroubaar aanvaar nie, sonder om hom deur en deur te leer ken nie, daarvan lewer ek u nou die bewys wat beslis nie te weerlê is nie!

[10] Hier voor u staan die huidige koning van Pontus. Gistermôre het hy nog as `n swaar gekettingde misdadiger voor my gestaan, en sou maklik tot die kruis verdoem geword het, maar ek het alles baie presies ondersoek, ontdek toe sy onskuld en maak hom, omdat hy baie wys is, dit wat hy nou is!

[11] Ek is strenger as elke ander regter, maar ek is baie regverdig ten opsigte van elkeen. As iemand tydens die noodsaaklike ondersoek leed aangedoen is, en sy onskuld later bewys word, sal ek soveel in my vermoë doen om die leed in vreugde en voorreg om te sit, waarvoor hierdie nuwe koning vir julle as bewys kan dien.

[12] Maar nog baie skerper as elke ander het ek nou juis die Násarener getoets en het bevind dat Hy so `n volmaakte mens is, soos wat daar nog nooit iemand voor Hom op aarde was, en daar ook nooit weer na hom sal wees nie. Hy is derhalwe ook heeltemal vervul en deurdrenk van die ware Gees van God, en handel en praat ook maar net uit eindelose, onmeetbare Krag en Almag. So het ek die Násarener leer ken, en die hoogste agting en liefde tot Hom het my vervul met `n gloed, hoewel Hy in die eintlike sin van die woord `n ortodokse Judeër is.

[13] O, ook ons Romeine weet om die Judese geloof te ag as dit is volgens Moses en alle profete sou wees: vol Gees, Krag, Liefde, Waarheid en Wysheid. Maar `n Judese geloof, soos wat u dit onderhou, is vir ons Romeine, wat die Gees en Waarheid liefhet, `n gruwelike verwoesting van die heilige plek soos u profeet Daniël dit voorspel het! Dit is dan my mening oor die Násarener wat so diep deur u verag word. - Wat kan u nou daarteen inbring?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205