Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Skabbi en die Messias

206 "Ja wel, ja wel!" sê Ek en vra hom dan: "Wel, beste vriend, omdat jy volgens die mening van die mense, in elke opsig baie intelligent blyk te wees en baie dinge baie korrek en skerp beoordeel, sê My nou eers volgens eer en gewete, wat jy jou dan van die Messias, wat jy nou in My sien, voorstel! Watter doel sal die huidige optrede van die Messias dan nou eintlik hê?!

[2] Skabbi sê: "Ja, verhewe Vriend, dit is `n besonder netelige vraag, dit wil sê nie volgens my vroeëre, heeltemal verkeerde, uit versigtigheid voortkomende mening dat U deur onverstaanbare wonders en sluwe vrae my in `n moontlike vyandigheid teenoor die Romeine wou ontlok nie, maar suiwer ten opsigte van die mistieke persoonlikheid van die Messias self, oor wie juis Jesaja baie merkwaardige dinge getuig, waaruit geen mens iets wys kan word nie. Want die een keer is die Messias `n Koningseun, dan weer `n Sterke en Magtige Held, dan weer `n Seun van God, dan weer `n Seun van `n maagd! Eén keer sê Jesaja (Jes.25: 6-9):

[3] 'JaHWeH Sebaot sal op hierdie berg vir alle volke `n ryk maaltyd berei, `n maaltyd bestaande uit suiwer wyn, vet, murg en wyn sonder besinksel. En Hy sal op hierdie berg wegdoen met die omhulsel waarmee alle volkere omhul is en met die bedekking wat die heidene se sig belet. Hy sal die dood verswelg en JaHWeH sal die trane van alle gesigte afwas en met die smaad van Sy volk in alle lande wegdoen, want JaHWeH het so gesê. In die tyd sal die mens sê: 'Sien, dit is ons God waarop ons wag, Hy sal ons help! Dit is JaHWeH op wie ons wag om ons te verheug in Sy verlossing!'

[4] Kyk, verhewe Majesteit en Heer, dit is die veelbetekenende woorde van die profeet. Maar wat moet jy nou daarvan uitmaak? Watter en waar is die berg, waarop JaHWeH ons `n baie vreemde uitstaande vet maaltyd sal berei bestaande uit suiwer wyn, vet, murg en nogmaals uit wyn sonder afsaksel? Wie dit smaaklik sal vind, moet egter `n baie gesonde maag hê!

[5] `n Natuurlike betekenis kan hierdie maaltyd nie hê nie, maar slegs `n geestelike. Maar wie kan dit uitvind? Wat is die berg en wat is die vreemde vet maaltyd? Ek vind dat die mensdom eintlik daarmee vir die gek gehou word! Op dieselfde berg sal die Heer, volgens wat ek aanneem, dus die Messias, die omhulsel wat die volke omhul, verwyder en die bedekking van die gesigte van die heidene wegneem. Dit sou nog te verstane gewees het, maar die berg, die berg, waar is dit dan en wat is hy?

[6] Dat Hy die dood kan en sal verslind en ook die smaad van Sy volk in alle lande, dus ook in ons Persië, sal ophef, is ten minste nou vir my duidelik, omdat ek gesien het hoe U die dooies in die lewe teruggeroep het.

[7] Maar vervolgens laat Jesaja die gelukkige volk op die berg uitroep: 'Dit is onse God, onse JaHWeH!' Is dit die God van Abraham, Isak en Jakob? So ja, dan is U dus dieselfde Een wat op Sinaï aan Moses die wette gegee het en dit daar gedonder het : 'Ek alleen is JaHWeH jou God, buiten My sal jy geen ander God glo of dien nie!'

[8] As Jesaja in ooreenstemming was met die wet van Moses, dan kon hy onmoontlik met die Messias nog `n God laat opduik het. Maar omdat Jesaja Hom so vele kere eenduidig as God laat verskyn het, moet U egter dieselfde God wees wat al op Sinaï met Moses gepraat het!

[9] Wat kan U my nou na aanleiding van die uitspraak van die profeet sê, as ek nou voor U neerkniel en U hardop begin te aanbid as die God van Abraham, Isak en Jakob?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205