Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Hinderpale vir die vervulling van die beloftes

243 Rafael sê: "Aan my kom nog dank nog eer toe, maar alles aan die Heer!

[2] Dit is egter goed dat julle dit met die regte lewenserns verstaan het! Die middel sal julle altyd vir elkeen kan uitreik wat kom en sê: 'Vriend, ek het wel alles tot nou toe gedoen, en glo wat jy my geleer het, maar van die beloofde uitwerking het daar tot op hede nog geen enkele ding gebeur nie! Wat moet ek dan nog meer doen? Ek het die goeie, ou leer van my vadere verlaat waarin ek heel dikwels alle troos, die beste raad en die nodige hulp in allerlei nood gevind het, en hierdie nuwe leer laat my saam met my buurman in die koue staan. Geen versoek word ook maar verhoor nie en geen duistere twyfel word verlig nie! Waar is die glansryke God van jou, namens wie jy vir ons alle voorregte en ander wonderbaarlike dinge beloof het?!'

[3] Julle sal hom dan eenvoudig so kan antwoord: 'Vriend, dit lê nie by die leer nie, maar by jou onbegrip! Jy het die leer wel met jou verstand opgeneem en ook probeer jy jouself streng daarby te hou en toe wag jy op die goedgunstige vervulling van die belofte. Jy doen egter maar net goed volgens die leer vanweë die belofte, waaruit jy voordeel verwag, en nie terwille van die goeie nie! Jy was slegs met jou verstand besig, maar nog nooit met jou hart nie! Sy het hard en koud gebly net soos vóór die ontvang van die suiwer goddelike leer. Daarom ontvang jy nóg deur die daad, nóg deur die dooie en blinde geloof die vervulling van die beloftes wat aan jou belowe was!

[4] Skud jou hart nou wakker! Doen alles wat jy doen vanuit die ware lewensgrond! Het God bo alles lief terwille van Homself en so ook jou naaste!

[5] Doen uit lewensoortuiging die goeie terwille van die goeie en laat jou geloof of wat jy doen geen aanleiding wees om te vra of die vervulling van die belofte nou wel sal kom of nie! Want die vervulling is `n gevolg van dit wat jy lewend in jou hart glo en voel, en uit vurige liefdesdrang doen. Maar soos wat jy tot op hede geglo en gedoen het, lyk jy soos `n mens wat in sy droom geploeg en gesaai het en daarna in wakende toestand wou oes, maar geen akker en geen vrug gevind het nie.

[6] Die wete, geloof en handeling van die menseverstand is `n ydele droom en besit geen waarde vir die lewe nie. Die mens moet alles in sy hart opneem; daarin bevind die lewe hom. Wat hy in sy hart saai, sal opgroei en die beloofde vrugte dra.

[7] Wie nie weet om sy lewe só te reël of te reguleer nie, en ook in geloof en denke selfsugtig is, sal nooit die vervulling van die beloftes sien nie, want hierdie is die vrug van die dade van die hart!'

[8] As julle diegene wat julle van die belofte sal vra hoekom die vervulling nie gekom het soos belowe nie, en hom so sal antwoord, sal hy julle wel met rus laat en homself gaan inspan om in sy hart waaragtig tot dade te kom.

[9] As hy sover gekom het, sal dit vir homself wel sigbaar word dat die belofte van die leer van God nie ydel en inhoudloos is nie. Gaan hy egter aan om alleen maar sy verstand te raadpleeg en daarvolgens te handel, dan sal hy dit aan homself te danke hê as hy gedurende sy hele aardse lewe geen vervulling van die gedane beloftes sal bereik nie - en ook in die hiernamaals heelwat moeiliker! - Sê eers of julle dit alles werklik vanuit die lewensgrond verstaan!"

[10] Philopold sê dan uiteindelik ook weer: "O, hemelse vriend! Wie sal dit nou nie kan verstaan nie! Wie soos jy, alleen nog in sy hart leef, dink en voel, verstaan alle lewensaangeleenthede van die hart baie goed en duidelik. Wie egter slegs in sy harsings leef, dink en voel, vind die lewensaangeleenthede sonder meer tog al belaglik en sonder betekenis. - Hierdie saak is nou baie verstaanbaar en duidelik afgehandel en ek merk dit het in die ooste begin te skemer en die morester staan al behoorlik hoog. Daarom vind ek dat ons nou oor iets anders moet begin praat!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205