Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die gebed van die Heer

121 By baie, wat op die berg was, en gehoor het wat Ek sê, roep die vraag op en ook Helena en Ouran was ietwat verbaas en vra netsoos baie ander: "Vreemd! Nou gaan Hy weg om te bid, en Hom op more voor te berei! Wie kan Hy dan nog aanroep en tot wie kan Hy bid? Is Hy dan miskien, in weerwil van Sy ondeurgrondelike diepe wysheid, tog nie die hoogste, goddelike wese nie? Hom Self sal Hy tog nie aanbid nie!? En as Hy dit doen, dan sou jy jou tog wel sterk kan afvra: Waarom? Vreemd! Hy gaan bid om Hom op more voor te berei, asof Hy as hoogste God-wese al nie eeuelank tot in die fynste daarop voorbereid sou gewees het nie! Vreemd, vreemd! Hm, hm, hm, wat beteken dit nou skielik!? Eers het Hy tog gepraat soos maar net `n egte God kan praat! Dit hang slegs van die geringste vlug van Sy Wil af of die wêreld bestaan of nie, en nou gaan Hy Self bid, en sê aan ons dat ons moet slaap en rus of ook bid, en ons voorberei op die dag van more! Nou, as Hy Self `n goddelike wese gaan aanbid wat maar net Hy ken, wie moet ons dan aanbid? Hóm of die aan ons volkome onbekende goddelike wese wat Hy nou aanbid?! Nee, dit oortref tog alles wat jy maar in `n dwase droom sou kan versin!"

[2] Dan staan Mathael plotseling ietwat boos op en sê so hard dat talle hom kan hoor: "Wat oordeel julle nou hier as blindes oor kleure! O julle blindes, almal wat hier is, behalwe engel Rafael, en ook julle, Sy oudste leerlinge, julle is ook nog baie blind en daarom dom!

[3] Dra Hy nie hier op aarde, netsoos ons almal, vlees en bloed nie, waaruit Sy siel haarself, soos ook by ons, moet ontwikkel om in staat te wees om `n totale verbinding met die ewige, Oergoddelike gees aan te gaan nie?

[4] Slegs die Gees in Hom is God, alles anders is mens, soos by ons mense. As Hy bid, beteken dit met ander woorde: Hy laat Sy mens heeltemal deurdring deur Sy oer ewige, goddelike gees, waaruit ook alle ander geeste op gelyke wyse afkomstig is, soos die klein afbeelding van die son in `n doudruppel afkomstig is van die werklike son.

[5] Wat Sy gees aanbetref is Hy die werklike son; ons en alle geeste is egter slegs lewende afbeeldings van God, die ewige Oerson. - Verstaan julle nou goed wat dit beteken as Hy sê dat Hy bid?"

[6] Jarah en Helena verstaan dit die eerste, maar die ander kon hulle nog nie heeltemal oriënteer nie, omdat hulle nog altyd geen orde kon skep tussen siel en gees nie! Maar toe lig Mathael dit vir hulle presies uit en vervolgens verstaan talle dit. Almal prys die baie groot wysheid van die moedige Mathael, en Helena gryp Mathael se hand, druk hom aan haar bors en sê: "Ja, voortreflike en my deur God gegewe eggenoot, as jou wysheid altyd so bly toeneem, sou ek tog wel eers wou weet hoeveel ek uiteindelik van jou sal hou! As jy ons almal nou nie met jou wysheid te hulp gekom het nie, het ons uiteindelik almal aan die goddelikheid van die groot Heer begin twyfel, ondanks al die ongehoorde, wondervolle dade wat hy ons laat sien het. Maar nou is alles weer heeltemal in orde, en ons weet nou almal voldoende wie ons moet aanbid, en in die volste vertroue moet aanroep!"

[7] Cyrenius sê: "Beste vriend en nou broer Mathael, hoe baie ek my ook in jou verheug om te weet dat jy op die beste moontlike manier opgelei is, sou dit my tog nog meer verheug het as jy altyd in my omgewing gebly het! Want van ons almal is daar nie één wat alle dinge so grondig ken soos jy nie, uitgesonderd die engel, wat nou met Suetal in gesprek is! Hoe sal `n volk nie geseënd wees met `n regent soos jy nie, iets wat jy in wese eintlik al is! Maar ons sal mekaar tog nog meermale te siene kry, want ek kom na jou toe of jy kom na my!"

[8] Mathael gryp die hand van die ou en gryse Cyrenius en sê: "Edele Cyrenius, ons sal hand aan hand werk met net één gedagte: Om die volk in die Naam van JaHWeH so wys en geseënd as moontlik te maak! Ons sal wel hoofsaaklik ons aandag altyd rig op die geestelike welsyn van die volke wat deur God aan ons toevertrou is om te lei, maar ook in die liggaamlike opsig mag niemand hom kan bekla oor moontlike, kwellende sorge nie, veral nie as hy geestelik op die goeie spoor is nie.

[9] In die groot, Romeinse ryk sou hierdie manier van leiding van die volk wel met groot moeilikhede gepaard gaan, maar in `n klein land sal dit baie gemaklik uitgevoer kan word, en gelukkige, klein state word dan gewoonlik `n spieël waarin die grotes sien of hulle geen vuil op hul gesigte het en of hul hare mooi lê.

[10] Meestal is `n spieël slegs so groot as `n hand, en tog kan die mens, as hy dit wil, hom stukkie vir stukkie heeltemal van kop tot toon bekyk, en op die wyse kan `n klein land dan ook gemaklik die spieël wees van `n groot ryk. Maar as `n klein land `n groot ryk as voorbeeld sou wou neem, sou hy hom lelik vergis en al sy onderdane in die ongeluk stort! Daarom is ons liewer `n klein spieël, as `n reus wat hom daarin bekyk! - Het ek gelyk of nie, geëerde Cyrenius?"

[11] Cyrenius sê: "Ek sou diegene wel eers wou sien, wat jou ongelyk sou kan gee! Jy het altyd gelyk, want uit jou praat altyd die gewekte gees van God. -

[12] Maar kyk nou tog eers na die stad! Ek glo dat dit altyd feller gaan brand. Straks brand die hele, groot stad nog af? Ons Rafael sou daar wel kan help as hy dit sou wou!?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205