Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Ons aarde is die skool vir die kinders van God

221 "Etlike weke gelede het die onskatbare voorreg my egter te beurt geval om hierdie goddelike Heer te ontmoet, en eensklaps het alle duistere wolke verdwyn, en God se lewensson straal in my siel! In die heilige lig herken ek eers my wese en die wese van God. Nou sien ek ook eers, wat ek aan God, die enige heilige Vader, Hy wat die ewige die suiwerste liefde is, skuldig is.

[2] Ek herken myself heeltemal en besef dat ek om 'kind van God' te word, veral met die goddelike Gees `n baie spesiale kontrak gesluit het, voordat ek mens geword het op hierdie aarde, wat in die hele oneindigheid die enigste bestemming is om ons soos kinders van God te dra ten behoewe van die opvoeding en tug volgens die ewige orde van die Liefde van God.

[3] Kyk na bo, alle ontelbare sterre is wêrelde, baie groter en mooier as hierdie aarde en op elkeen van die wêrelde sal jy mense vind wat uiterlik heeltemal soos ons lyk, en oral tref jy baie wysheid by hulle aan en ook ontbreek die liefde hulle nie volledig nie. Hulle kom egter, so ongeveer soos die aardse diere, reeds volmaak in wêreld in en hoef nie van die begin af alles te leer wat hulle moet en wil weet nie. Die taal is byna oral dieselfde en hulle kennis het baie bepaalde grense, maar orals gaan die kennis tot by die hoogste goddelike gees, welke kennis egter tog meer `n vermoede is as `n wete.

[4] Kort en goed, op al die tallose hemelliggame tref jy mense aan wat bykans gelyk is aan die meer ontwikkelde heidene van hierdie aarde, alleen met die verskil dat die mense op hierdie hemelliggame eintlik niks nuuts bedink nie. Wat daar is, is daar so volmaak as moontlik, terwyl die heidene op ons aarde tog altyd iets nuuts kan uitvind, sodat die weg na `n eindelose, altyd verdergaande vervolmaking nie êrens daardeur vir hulle versper word nie.

[5] Op die groot wêrelde bevind hom hier en daar egter ook wyses, wat af en toe in `n sekere sin saamkom met hoë geeste om hulle deur hulle te laat onderrig in die diepere kennis van God. Soms gebeur dit dan dat daar één, wie se gees meer ontwikkel is, die verlange kry om óók `n kind van God te word!

[6] Want op alle wêrelde weet die wyses, wat aan hulle geopenbaar word deur die hoë geeste, dat in die uitgestrekte skeppingsruimte `n wêreld is waarop die mense kinders van God kan word, en dat `n siel, wanneer sy op haar wêreld afstand gedoen het van haar liggaam, op die gelukkige wêreld opnuut weer `n liggaam kan kry, wat dan egter wel heeltemal grof vleeslik is. Vanaf die oomblik dat iemand dit ernstig wil, word hom haarfyn uitgelê wat hy op hierdie wêreld sal moet maak.

[7] Die siel sal elke herinnering aan die vroeëre aangename toestand, sodanig ontneem word dat sy op die nuwe wêreld, uit `n vrou ter wêreld gekom het in `n onvolmaakte liggaam, haarself byna in die heeltemal bewustelose, laagste dierlike toestand bevind en haar selfs van die nuwe bestaan nie die minste kan voorstel nie. Eers geleidelik aan, so ongeveer na `n jaar, begin sy `n heeltemal nuwe bewussyn te ontwikkel uit die beelde, verskynsels en waarneming wat die sintuie waarneem. Haar geheue is die verste herinnering aan wat beleef word, en is dan die enigste wegwysers en hulpmiddele op die nuwe lewensweg op hierdie aarde. Daar kom geen hoë geeste, deur God gestuur, om die kind `n hoë en diepere kennis te leer nie, maar die ouers met hulle opgedoende ervarings moet hulle bes doen om die kind op `n beter weg te bring. Die kind moet dan baie leer, moet self sy weg bepaal, moet soek en vra, moet angs, honger, dors, allerlei pyn en ontberings verdra, moet hom deur en deur laat deemoedig en aan die einde van so `n lewe kom daar dan meestal `n pynlike en swaar siekte om die vleeslike mens die lewe te ontneem.

[8] As die mens al die vereistes en voorgeskrewe lewensvoorwaardes vervul het en as hy God bo alles liefgehad en sy naaste - selfs as sy ergste vyand hom vervolg het – hom nog meer as homself liefgehad het, dan het hy in homself in die hart van sy siel gelegde vonk van die goddelike gees lewe gegee en tot groei aangesit.

[9] Dan eers groei God in die mens, deurdring die siel, maak haar aan Hom gelykwaardig en maak en help so die natuurmens uit die diepste slyk van die verganklikheid tot `n kind van God, wat hom in die volmaakte toestand verheug in al die volmaakthede wat in God Self aanwesig is.

[10] Kyk, vriend Murel, wat ek jou nou so algemeen en so kortliks moontlik vertel het, dit word presies so aan `n mens op `n sterrewêreld uitgelê en as hy dit dan volkome ernstig verlang, verloor hy in `n oogwink sy fyn stoflike liggaam en word onbewus, maar baie vinnig, na hierdie aarde gebring om mens te word en daar staan so `n mens dan nou voor jou, net soos ek en jy nou self.

[11] Is dit vir jou nou duidelik dat ons vroeër, voordat ons op hierdie aarde sou gekom het, vrywillig met JaHWeH God `n kontrak gesluit het?

[12] Maar God hou onveranderlik Sy woord uit Sy ewige orde, niks kan Sy bedoeling verander nie. Of ons dit ook altyd gedoen het volgens die wet, wat Hy Self vir alle mense deur Moses en deur die aartsvaders van hierdie aarde gegee het en tewens in elke mensehart geskryf het, dit is `n ander vraag!

[13] Ons sal ons van nou af aan beslis daarby moet hou, daaraan twyfel ek nie. Maar dit lê nie deur óns inspanning nie, maar slegs deur die ontferming van God. - Sê my nou, of jy met hierdie geringe wysheid tevrede is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205