Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 225

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Vervulling van die belofte van Jesaja

225 Na hierdie veelbetekenende woorde loop Murel op My af en snik en huil van vreugde. By My gekom, roep hy na Stahar en Floran: "Kom julle ook hierheen en open julle mistroostige kykende oë! In die voorhof van die tempel was julle weliswaar vroeër soos ek en toe het julle my daarheen saamgeneem waar julle reeds was, maar hier is meer as julle voorhof, hier is die egte Allerheiligste!"

[2] Ek sê: "Laat dit wat hier is, neem die beker en drink! Want jy het nou baie gepraat en daardeur het jy `n taamlike droë keel gekry. Bevogtig daarom jou bors met die wyn van die Waarheid en Liefde sodat jy sterk kan word en `n gedugte werktuig om die nag en haar gevolge te bestry!

[3] Kyk, hier het die nag wel verander in die helderste dag, maar om ons heen rus die diepste nag oor die siele van die mense en daar sal baie en helder lig nodig wees om die duisternis van die nag te verjaag; en jy moet `n helder fakkel vir My wees!"

[4] Dan neem Murel met `n opgewekte hart die vol beker en drink haar tot op die laatste druppel leeg. Vol verbasing oor die buitengewone kwaliteit van die wyn sê hy geesdriftig: "O, die heerlikste wyn wat ooit deur my gedrink is! Dit is nie gepers uit druiwe van hierdie aarde nie en het nooit in `n sak gegis nie, maar dit is deur die Heer van die Glansrykheid van alle hemele uit die hemele hierheen gebring! O Heer, goeie, heilige Vader, hoe glansryk moet dit in die hemele wees! O vertel my tog, hoe het ons dit dan verdien dat U Self ons so `n onverstaanbare groot barmhartigheid en liefde waardig geag het?!"

[5] Ek sê: "Dit kom deur die magtige aantrekkingskrag tussen die Vader en Sy kinders, wat ook lyk soos die band tussen `n bruidegom en sy bruid!

[6] In My ewige Gees is Ek van ewigheid af reeds julle Vader, maar in die liggaam is ek tog soos `n bruidegom en julle almal is soos My liewe bruid - omdat julle My woord en My leer aangeneem het, en opreg in julle hart glo dat Ek die Beloofde is, en gekom het om alle mense te verlos van die ou sonde, wat `n uitwas van die hel is, en om vir hulle die weg oop te maak na die ewige lewe en na die ware kindskap van God.

[7] Waarlik Ek sê aan julle: "Wie in My glo en My woord daadwerklik hou, is in My `n hemelse bruid en Ek is in hom `n ware bruidegom van die ewige lewe. Wie in My is en Ek in hom, sal geen dood meer sien, voel of smaak nie!

[8] Wie in My glo en My liefhet en daardeur My eenvoudige gebod van die suiwer liefde hou, dit is hy wat My ook in die volle lig van sy hart herken as die Vader! En Ek sal altyd Self na hom toe kom en My aan hom openbaar, en hy sal verder deur My onderrig en gelei word en Ek sal sy wil die krag verleen om in geval van egte nood alle elemente aan hom te laat gehoorsaam!

[9] In die eintlike wêreld sal die wat Myne is geen skitterende triomf vier nie, want nie alle mense van hierdie aarde is My kinders nie, daar is ook kinders van die vors van die leuen, nag en duisternis. Hulle hou nie van My lig nie en sal diegene nie liefhê wat My lig na hulle toe sal bring nie. Maar daaraan moet hulle wat Myne is, hulle nie steur nie, want vir hulle wag die triomf in My ryk!

[10] Ek sê aan julle, dat julle terwille van My Naam altyd van die eintlike wêreld vervolging en veragting sal verduur. Maar daarna, eers in My ryk, sal dit net andersom daaruit sien, daarvan kan julle verseker wees, en die mag van julle wil sal julle vyande ook nog met groot skande bedek en julle sal in die geheim ter wille van My Naam juig! Want julle weet wie Ek is en wat Ek alleen vir julle kan gee. Die wêreld, die groot vyand van die lig en van My liefde, weet dit nie en sal dit ook nie te wete kom nie!

[11] Maar julle weet dit en daarmee gaan hier op hierdie plek in vervulling wat die profeet Jesaja voospel het: 'JaHWeH Sebaoth sal vir alle volke op hierdie berg `n ryk maaltyd berei, `n maaltyd bestaande uit suiwer wyn, vet, murg en wyn sonder besinksel. En Hy sal op hierdie berg met die omhulsel wegdoen waarmee alle volke omhul is en die bedekking wat die heidene se sig belet het. Hy sal die dood vir ewig verdelg en JaHWeH sal die trane van alle gesigte afwas en die smaad van Sy volk in alle lande uitwis, want JaHWeH het dit gesê. In die tyd en op die berg sal die volkere uitroep: 'Sien, dit is ons God waarop ons gewag het en Hy alleen sal ons almal help! Ja, waarlik, daar is JaHWeH waarop ons gewag het om ons te verheug en ons in Sy verlossing te verbly! Die Hand van JaHWeH rus op hierdie berg!'

[12] Moab sal stukkend geslaan word, soos strooi stukkend geslaan word en dan afval! Hy sal Sy hande uitstrek te midde van hulle, soos `n swemmer dit uitstrek om te swem en hy sal hulle praal verneder met die arms van Sy hande*. Hy sal die hoë vesting van hulle mure buig, verneder en in die stof ter aarde werp!'(Jesaja 25: 6-12) (*sien Hoofstuk 180:5)

[13] Kyk, wat Jesaja, toe hy na Galiléa gekom het, op hierdie plek en op hierdie berg aan die see voorspel het, gaan nou hier voor julle oë geheel en al in vervulling! Tel alle volkere wat hier verteenwoordig is, en by almal word die dik omhulsel van die oë weggeneem en elkeen kry suiwer wyn sonder besinksel en wie hierdie drink en die gees daarvan opneem in sy siel, het die ewige lewe in hom opgeneem, en dit gebeur met almal wat hier is en My woord geniet as die suiwerste wyn uit die hemele. En diegene van julle wat hierdie hierna te drinke sal kry en dit net soos julle met volle teue sal verslind, so sal die dood ook deur My verslind word, en julle sal die dood daarna nie meer voel en smaak nie!

[14] Ja, hierdie wysheid is regtig `n ryk maaltyd wat Ek hier deur julle vir die volkere van die aarde berei het, - ja, met die murg van die hoogste Wysheid en van die ewige Waarheid word julle hier gevoed en versadig.

[15] Trek daarom nou op. Dit sal julle nooit meer ontbreek aan die regte en groot voorraad nie. Trek die hele wêreld in, na die verlate broeders en susters en na al die weduwees en wese en droog die trane van hulle gesigte af en gee hulle ryklik van hierdie suiwer wyn te drinke, wat Ek julle almal hier in oorvloed te drinke gegee het!

[16] Maar die tyd waarop julle dit moet doen, sal aan julle almal deur My gees, wat in julle is, ingegee word. As julle dan waaragtig en getrou in My Naam sal handel, sal My Gees, My Ek, altyd en ewig by julle en in julle wees.

[17] Julle sal van nou af aan nie hoef te dink wat julle êrens in My Naam sal sê nie, want op die regte oomblik sal dit julle in die hart en in die mond gelê word.

[18] Die gees van hierdie wyn, wat Ek julle te drinke gegee het, sal nooit wegvlug uit julle siele nie, want sy heet 'Ewige Waarheid'. Daarom sal daar in julle ook geen onwaarheid kan woon nie, want in hierdie wyn lê die Ewige Waarheid. Die onwaarheid is die dood, die verderf en `n ewige oordeel. Die Waarheid self is egter die lewe en dit is Ek Self in julle, en Ek Is die ewige Waarheid, die Lig, die Weg en die lewe Self!

[19] Wie My dus in sy hart het, het alles, want buite My is daar in ewigheid nêrens waarheid en lewe nie! - Sê My nou, veral jy, Murel, of dit alles verstaanbaar en duidelik is vir jou!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205