Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael oor die weg na die ware lewe

31 Cyrenius sê: "Goed dan, laat maar hoor, hoewel ek streng sal oordeel!

[2] Sê my dan, wyse Mathael, as dit in die algemeen so is met die lewe soos wat jy voorheen met sulke skerp argumente uiteengesit het, wat moet al die miljoene dan te wagte wees wat niks weet van dit alles nie en die talle miljoene wat in die toekoms ná ons êrens op die groot aarde gebore sal word en ook niks daarvan sal verneem nie; hoe is dit met al hierdie mense se ewige lewe?"

[3] Mathael sê: "Baie goed! Hulle het ook almal `n leer gehad wat voldoende was om die fantasie van die siel aktief te hou. Mettertyd wortel die siel in so `n fantasie in en leef vervolgens daarin soos in `n droom en in die droom kan sy duisende jare lewe.

[4] Maar dit is nog lank geen werklike ewige lewe nie. Sulke siele moet uiteindelik, as hulle tot `n egte ewige lewe wil kom, in die sogenaamde geesteswêreld `n baie groter stryd lewer en groter beproewinge deurstaan as die stryd waarvan ek voorheen slegs sydelings van gewag gemaak het.

[5] Wie egter híer op hierdie weg gaan, weliswaar met die nodige inspanning en met die ware wyse lewenserns, bereik binne enkele jare in alle waarheid, duidelikheid en met volle sekerheid die ewige lewe, wat hy elders deur die slaperige instelling van die siel slegs na etlike honderde, of selfs na talle duisende jare sal kan bereik, as dit goed gaan. Maar as daar ook maar iets foutgaan, kan `n hier of elders heeltemal bedorwe siel ook eons na eons `n baie miserabele droomlewe geniet, waarin sy behalwe haarself en haar baie miserabele fantasiebeelde niks waar of reëel, of iets buiten haarself te sien kry nie. Ondanks dit doen sy tog bittere ervarings op, wat haar leer dat sy omring is deur loutere vyande waarteen sy haar nie kan verweer nie, omdat sy dit net so min kan sien as wat `n stokblinde op hierdie wêreld kan sien waarvandaan die vyand kom of waar ander gevare op hom wag!

[6] Maar `n stokblinde mens is ondanks al sy blindheid tog nie heeltemal sonder lig nie, want die fantasie van sy siel vorm vir hom tog altyd `n bron van lig en die blinde sien dinge wat, deurdat dit enigsins verlig is, daar soos natuurlike dinge uitsien, maar dit is nie blywend nie, en die lig daarvan ook nie. Soms is dit helder, dan weer baie wasig en dikwels verdwyn dit ook heeltemal, sodat so `n blinde dan werklik gedurende enige tyd heeltemal sonder lig en werklikheid is.

[7] Wel, byna net so gaan dit met `n siel as sy volledig afgesonderd is. Sy het dán lig en dán weer duisternis. Nóg lig nóg duisternis sien die siel egter as `n realiteit, maar slegs as `n tydelike afskaduwing van dit wat die siel, sonder om dit te weet of te wil, opneem uit die sfeer rondom haar, so ongeveer soos waarop `n doudruppel wat aan die gras hang die beeld van die son in hom opneem. Die druppel is nou wel verlig, maar sy bewussyn gaan nie so ver dat hy met insig sou kon waarneem waarvandaan die lig sy liggaam binnegedring het nie.

[8] Wat ek jou hier namens my vier broers sê, het te make met ons ervaring, wat gepaard gegaan het met baie lyding, en wat al die skynbare lewe skei van die werklike, die egte vrye, selfstandige lewe.

[9] Jy het hier `n passiewe en onvrye, of `n aktiewe en daarom heeltemal vrye, goddelike lewe voor jou. Dit hang nou van jou wil af of jy die een of die ander wil. So staan die sake nou eenmaal en geen God kan ander, geldige lewensomstandighede vir jou opstel nie.

[10] Ek wil dit nog vir jou sê: My siel, waarvan die innerlike waarneming steeds helderder word, is nou self in staat om die Verlosser te sien en te Hom te herken wat haar net kort gelede deur die mag van Sy vrye, goddelike lewe vrygemaak het van `n aantal onsigbare vyande van die hoëre, vrye lewe. Kyk, in Hom is méér as in die hele sigbare, geskape heelal.

[11] Maar Hy, die ewig op Homself bewuste middelpunt van al die bestaan en al die lewe, wil nou Sy lewe en daardeur die lewe van alle mense, deur Sy lewe nog meer bevestig. Dit sal Hy egter slegs bereik deur `n ongelooflike selfverloëning. Hy sal Sy huidige lewe gee om daardeur die ewige glansrykheid van al die lewe vir Homself, en sodoende ook vir alle mense binne te gaan. Dán eers sal alle skepsele as`t ware `n ander gesig en `n ander innerlike orde kry. Maar tog sal die reël bly geld: ‘Elkeen neem die las van die uiterlike ellende op sy eie skouers en volg My na!’ - Verstaan jy dit nou?"

[12] Cyrenius sê nog ietwat mismoedig: "Ja, ek verstaan jou goed en kan nie daaromheen kom nie, en ek gee toe dat jy die waarheid gepraat het, maar desondanks is dit moeilik om sulke lewensvoorwaardes aan te hoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205