|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 203
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die nut van werk en die bose gevolge van niksdoen
203 Ek sê: "Dit nou wel nie, maar dit is tog ook waar dat die aardse kooplui maar al te goed alle geestelike dinge baie lighartig uit die weg ruim, wat ook by julle die geval was. - Het Ek gelyk of nie?"
[2] Skabbi sê: "Ja, verhewene, met God se krag vervulde vriend, dit is wel waar dat die wêreldhandel en die skatte van hierdie aarde hulle oorwin en juis beheer en iemand baie tot nadenke en baie sorge gee. Maar `n mens doen, deur die rykdom goed te gebruik, gou allerlei nuttige ervaringe op en by baie mense wek `n mens die sluimerende gees op tot die doen van allerlei voordelige sake, besorg hulle `n nuttige besigheid en verwyder hulle op die manier van niksdoen, wat gewoonlik die vader van alle ondeugde en sonde is.
[3] Kyk maar eers na die priesterstand by byna alle volke! Solank hierdie mense moes werk en net soos elkeen hulle brood in die sweet van hulle aanskyn moes verdien, staan die waarheid ook by hulle op die eerste plek en hulle ontdek en bereken baie waaroor ons nou nog rede tot verbasing het. Hulle bring ewewig in die menslike denke en rig skole op vir die regte vorming van die menslike gees en die selfkennis. In die tyd vind sulke priesters die weë na God en lei die medemense in alle gees en opregte goeie wil tot dieselfde insig.
[4] Maar toe die mense later die groot weldaad van die pragtige en verhewe inspanning van die ou en egte priesters altyd meer erken en hulle buitengewone nut insien, neem hulle alle swaar werksaamhede van die priesters oor, wat hulle bo alles geag en liefgehad het, voer die tiendegawes in en bepaal dat die priesters slegs vir die menslike gees moet sorg en werk. Die priesterstand het toe egter gou niks om hulle mee besig te hou nie, begin om te fantaseer en word eersugtig, sluit die egte waarheid in duistere katakombes op en begin mettertyd die liggelowige mensdom met allerlei sprokies en fabels af te skeep. So word die niksdoen van die priesters die wesenlike oorsaak van die verval, selfs van die baie verhewe en goddelike leer van die groot en ware priester Moses.
[5] Mens hoef slegs Moses en die profete te lees en die huidige manier van doen van die opvolgers van Moses en Aäron te Jerusalem daarmee te vergelyk, dan sal `n mens vinnig en moeiteloos ontdek dat hulle nie in Moses nie en nog minder in `n God glo nie. Want as hulle in Moses en die God wat deur hom verkondig is, sou glo, sou hulle nie die skandelikste beliegers en bedrieërs van die volk gewees het wat hulle liggaamlik en geestelik knegte gemaak het nie! Dit is egter alles `n noodsaaklike gevolg van die lasterlike niksdoen! En daarom dink ek dat die regte rykdom in die hande van wyse, welmenende en aktiewe mense, méér `n tempel van God is vir die behoeftige mense as die tempel van Salomo te Jerusalem!
[6] Ons handelaars het natuurlik nie soveel tyd om ons met allerlei mistieke fantaseërs van die bevoorregte niksdoeners besig te hou nie en daarvan uit te soek hoeveel waarheid dit bevat nie. Maar ons leer die volk om niksdoen te vermy en ons omvorm hulle tot ware, nuttige mense! Op die wyse dink ek dat ons die geringe fout, waar u my op gewys het en die erns bestaan dat ons wel oor baie geestelike sake ligvaardig heen was- en weggestap het, dubbel en dwars goed te maak! Want van my kant dink ek maar: Deur die goeie in dade om te sit is beter as om die mooiste woorde daaroor te skryf - en dit self nie doen nie.
[7] Wat het ons egter daaraan om so diepsinnig na te dink en alles uiteen te rafel? `n Sterfling sal tog nooit agter die ware Wysheid van God kom nie, hy sal selfs nie die buitenste sluier daarvan oplig nie!
[8] Maar as dit vir die mense nodig sou wees, sal God se barmhartigheid wel weer `n Moses êrens opwek, dus `n egte Messias, net soos U nou `n egte een skyn te wees. Die sal ons dan beslis in die ware Wysheid van God onderrig en ons sal dit as `n ware hemelse gawe koester en tot elke prys graag en baie dankbaar aanvaar en ook ons doen en late daarvolgens rig. Want ons handelaars is altyd groot vriende van alles wat vir die mensdom nuttige sake is en ons groot, aardse rykdom gebruik ons maar net om die mensdom, wat van nature altyd tot traagheid en niksdoen geneig is, op nuttige wyses vir hulself en vir ander, op allerlei goeie manier te laat besig wees.
[9] Verhewe, met God se Gees vervulde vriend, sê vir ons of ons uitkyk op die lewe goed, bruikbaar en dus die regte een is, en of U ons deur U wysheid nog `n beter een kan gee!"
|
|
|
|
|