Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Gesprek tussen Julius en die fariseërs oor Jesus

6 Die jong fariseër sê, tesame met al die ander: "Geloofd sy God in die hoogte dat Hy die Mens hierdie mag gegee het, wat slegs tot verlossing van die swakke sterfling kan dien! Daar staan in die profete geskryf dat God eendag `n Messias aan die volk Israel sal stuur. Nou wat is daarmee verkeerd as ons Hóm as sodanig sou aanneem? `n Messias kan volgens die profesieë weliswaar nie uit Galilea gebore en afkomstig wees nie, maar dit is ook `n profetiese uitspraak wat mens eintlik, geestelik gesien, tog nie volledig kan verstaan nie! Ons het dit nooit goed verstaan waarom daar geen profeet of geen ander groot man uit Galilea sou kon opstaan nie, omdat die Galileërs tog niks daaraan kan doen dat hulle Galileërs is nie. Maar dit staan nou eenmaal geskrywe! Wie dit wil glo, die glo dit; wie dit egter nie wil glo nie, die laat dit so - en ons het wel almal eers aan laasgenoemde behoort, sodat ons nou ook glad nie in verwarring gebring kan word om hierdie Verlosser uit Nasaret as `n Messias in die volle sin van die woord aan te neem nie.

[2] Maar dit is dan in `n sekere sin tog iets buitengewoon wonderlik en daarby `n groot vraag, hoe hierdie Mens aan sulke uitsonderlike, goddelik-lykende eienskappe gekom het! Want, wat ons te wete gekom het deur ons ondersoek na Hom en Sy afkoms, is dat hy die Seun van `n timmerman is, wat ongeveer altyd tot op Sy dertigste jaar tuis gebly het en het saam met Sy vader en moontlik met Sy ander broers hier en daar timmerwerk verrig het. Verder het niemand ooit iets buitengewoon aan hom ontdek nie. `n Mens het hom ook nooit sien lees, skryf of reken nie. Ook in Sy omgang met mense het Hy baie min gepraat en was allermins `n geestelike mens gewees!

[3] Ja, mense in Nasaret vertel ons dat selfs Sy vader en moeder hom dikwels berispe het omdat Hy ten eerste nie maklik in die sinagoge te kry was nie en ten tweede dat Hy Hom nooit die Skrif wou laat voorlees nie en dat Hy weinig of niks vir die sabbat omgegee het nie. Hy het blykbaar die meeste van die natuur gehou en om die dinge van hierdie aarde stilswyend te aanskou.

[4] So was visvang dan ook Sy geliefkoosde aktiwiteit en Hy het altyd met sukses gehengel; dit is dan waarom die vissers Hom ook altyd graag by hulle wou gehad het.

[5] Kortom, alles wat ons ooit oor hom te wete gekom het, dui met sekerheid aan dat hy ten eerste nêrens `n skool besoek het nie en ten tweede dat Hy by almal bekend gestaan het as `n mens wat slegs `n baie geringe graad van ontwikkeling getoon het.

[6] Maar skielik blyk dit dat Hy ontwaak het en so wys geword het dat `n mens met sekerheid kan sê dat die wêreld nog nooit `n wyser mens gedra het nie!

[7] Nou, ons het dít en natuurlik nog baie meer waarhede oor Hom te wete gekom en nou het ons Hom hier gevind en vasgestel dat Hy `n baie besondere Man is. Daarom kan ons seker nie kwalik geneem word nie as ons vra: Hoe kom Hy aan sulke ongehoorde eienskappe, wat geen mens vóór Hom ooit besit het nie en sekerlik niemand hierná weer sal besit nie?"

[8] Julius sê: "Wie ken dan ook die doel en die krag van God se Gees en die mate waarin Sy Haarself effektief sal verbind met die gees van `n mens?! Is dit nie moontlik dat die Almagtige Gees van God Haar met Haar hele Mag verbind het met `n mense-gees en op dié wyse dinge doen wat `n gewone mens natuurlik nooit kan doen nie, omdat hy geen God is nie?!

[9] Maar as God Self deur die onnoemlik versterkte gees van `n daarvoor uitgelese mens praat, handel en werksaam is, moet daar vir ons swakke sterflinge natuurlik wel buitengewone wonders aan die dag kom. Woord en daad is één - ons kan nóg die een nóg die ander naboots, want ons is met ons liggaam en ons beperkte gees slegs mense. Hý is egter met Sy liggaam `n mens soos ons, maar met Sy gees `n God van die hoogste orde en Hy heers oor die hele oneindigheid!

[10] Omdat egter - dit wil sê volgens ons Romeins- teosofiese begrippe - die erkende suiwer goddelike, hoe en waar Hy Hom ook maar bevind, vereer en aanbid moet word, is dit ook híer duidelik wat ons moet doen. Ons moet hierdie Mens, deur Wie die totale, Almagtige Gees van God sigbaar en tasbaar werksaam is, heel anders behandel as wat ons onderling aan mekaar gewoond is; dit sal vir julle tog sekerlik volkome duidelik wees!?

[11] En daaruit kan julle dan wel uitmaak waarom ons, hooggeplaaste Romeine, Hom uit die diepste van ons harte die hoogste moontlike verering, liefde en agting bewys en Hom volkome erken en roem as Majesteit van die hele wêreld. - Sê eers vir my of dit nie vir julle noodsaaklik en volkome verstaanbaar is nie!"

[12] Die jong fariseër sê: "O ja, ongetwyfeld; want in baie opsigte beval u teosofie ons baie goed en is dit hier in hierdie omstandighede ook volkome in plek. Maar dit is natuurlik wel so dat dit volgens die oorspronklike leer van Moses sekerlik nie goed en in die haak sou wees om aan te neem nie. Daar staan naamlik baie streng en nadruklik: 'Ek alleen is JaHWeH en jy sal geen vreemde gode naas My hê nie!"

[13] Julius sê: "Baie waar, maar `n mens moet Moses ook nie woordeliks nie, maar veeleer met die regte begrip in homself opneem. Dan sal `n mens baie gou en sonder veel moeite ontdek dat ek eintlik gladnie in teenspraak met die streng leer van Moses is nie, as ek nou die volgende grondreël sou opstel: Die mens moet elke uitspraak - vooropgestel dat dit van dieselfde goddelike Gees afkomstig is as dié wat met Moses gepraat het –ook altyd as sodanig erken en buitengewoon vereer. Daarom bewys die Egiptenare, Grieke en ons Romeine, hoewel tans in `n soort blinde bygeloof wat te ver gegaan het, aan alle mense en skepsels waarby `n besondere, ongewone krag en werking ontdek word, goddelike verering.

[14] Wel, nou dink ons: Vir die reine is alles rein! As die ietwat bygelowige mensdom deur hulle verering van die goddelike in die vorm van allerlei maaksels maar net nie sleg sal word nie en dan die vertoornde gode te wil sus met gruwelike mense-offers nie, kan ons hulle vrome bygeloof sekerlik nie as `n growwe, geestelike gebrek toereken nie. Jammerlik genoeg word hulle byna altyd deur die honger en die altyd groeiende heers- en hebsug van die priesters daartoe verlei. Want na my mening is dit uiteindelik altyd nog beter as die mens in iets glo waar daar tog `n goeie rede voor bestaan, as wat hy in glad niks glo nie en homself op dié manier verlaag tot `n dier, wat ook geen geloof of bygeloof kan hê nie.

[15] `n Mens, wat heeltemal geen geloof wil en kan aanneem nie, kan ook nooit enige egte verstandelike ontwikkeling bereik nie. Want wie `n huis wil bou, moet eers sorg vir die nodige boumateriaal. Hoe kan iemand maar selfs `n eenvoudige vissershut bou sonder enige materiaal? Ook al is die ruwe materiaal aanvanklik ongeordend, dan kan orde tog gou geskep word sodra daar materiaal is; maar as daar glad geen materiaal is nie, dan is daar ook niks om te orden nie.

[16] Daarom sê ek altyd dat bygeloof vir die mens meer nuttiger is as glad geen geloof nie; want uiteindelik is strooi ook beter as heeltemal niks nie! Van strooi kan jy nog iets maak; maar van niks kan nooit iets anders as niks gemaak word nie. Vir hierdie rede duld die Romeine ook die dikwels baie groot bygeloof van julle volk, omdat ons nog altyd `n bepaalde nut vir die mensdom daarin sien.

[17] Maar die eintlike tempeldienaars is vir ons `n gruwel, omdat ons verseker weet dat hulle heeltemal in niks glo nie en daarom vir die volk in plaas van die waarheid, die mees sinnelose sake as goddelik aanprys. Hulle lê selfs die ondraaglikste strawwe op aan die mense wat deur hul natuurlike intelligensie, ondanks alle morele dwang, tog nie kan glo dat skoonheid afstootlik is, die son swart in pleks van wit lig gee, en dat in die rivier Kidron bloed vloei nie! Dit vind ek uitermatig skandelik en sleg, maar die een of ander persoonlike menslike bygeloof absoluut nie!

[18] Ja, as `n mens in staat is en `n goeie geleentheid het om die blinde mens op die regte wyse voorligting te gee, dan is dit sekerlik van onskatbare waarde, maar solank `n mens dit nie kan doen nie, moet `n mens die volk sy vrome opvatting laat behou! Want as `n mens die volk niks beter kan gee nie, moet `n mens hulle minstens dit wat hulle het, laat behou!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205