|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 185
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die verhewe glans
185 Dit het Ek hardop gesê, sodat die gaste van die ander tafels dit ook kon hoor en ons Stahar, die owerste van Caesarea Philippi rig hom baie ernstig van sy plek af op, kom na My toe en sê: "Heer! Ek het alles gehoor wat daar hier aan hierdie verhewe tafel gepraat en beoordeel word, baie wonderbaarliks, verhewe, baie, wyse dinge, baie waaragtig en in elke opsig onweerlegbare dinge. Oral straal U suiwer goddelikheid soos `n son in die middel van die dag na buite, en alle engele van die hemel sou niks anders kan sê nie.
[2] Maar tog mis ek altyd iets en dit is die - sekere goddelik-verhewe glans, wat mens ook vandag nog in die tempel, en veral in die Allerheiligste baie duidelik kan waarneem sodra `n mens maar net `n voet daarin sit!
[3] Die bepaalde, heilige misterieuse rus, die heilige offergeur – wat hier heeltemal afwesig is - het op die mense altyd `n baie aangrypende uitwerking gehad en beslis tot hul voordeel! Hoe lê daar nie `n ontsettende kloof tussen God en mens nie!
[4] Hoe klein voel die mens hom nie daar teenoor die verskriklike, ewige, goddelike majesteit nie. Ja, hoe versink hy in die niet, en sien nie eers in dat niks die groot, goddelike alles-in-alles, en sy absolute nietigheid, wat vir die deemoediging van die mensehart, wat haar baie graag opblaas, baie heilsaam is nie!
[5] Kort en kragtig, na my beskeie mening moes die mens, veral in die teenwoordigheid van sy God, sy Skepper, hom tog nie so aangenaam en selfs so op sy gemak voel, asof hy tuis by `n lensieskottel sit en dit baie behaaglik sit en op peusel nie!
[6] Hierdie verhewe glans mis ek hier! Ons sit soos egte vriende en selfs broers by- en deurmekaar, en wie iets sê, praat weliswaar ontsettend waar en wys, maar ook heeltemal sonder die sekere, oeroue, werklik profetiese glans. Wanneer hy uitgepraat is, is hy klaar, - maar dit is vir ons, jammer genoeg, ook met alle spesiale, hoogste agting, wat die mens altyd aan God verskuldig is!
[7] Ons word in U teenwoordigheid so behaaglik gemoedelik, en selfs die sabbat, wat andersins met al sy eerbiedige rus die menslike hart so heerlik gestem het, maak op ons gemoed nou nie baie méér indruk as enige ander, goeie gewone werkdag nie. Bowendien gaan daar nou nog iets baie besonders gebeur ook, sodat ons gemoed beslis in `n so alledaagse stemming sal kom dat `n mens dit hom nie meer alledaags sal kan voorstel nie, en dit nog wel op die sabbat van die nuwemaan!
[8] Sou dit deur U almag dan nie so gereël kan word dat tenminste die twee uur wat nog oor is van die vereiste sabbatsrus, nie al te veel veralgemeen word nie, en alle goddelike glans sou verloor nie!"
[9] Ek sê: "`n Ou boom laat hom moeilik buig, en het u nooit gehoor dat die mense sê: “`n hond keer altyd na sy braaksel terug, en die varke keer ook altyd terug na die poele, waarin hulle hul verontreinig het!”?
[10] Wat wil u tog nou met u niksseggende en volmaak goddelose, verhewe geurende tempelglans?! Aan wie het dit ooit die oë van die siel geopen, en aan wie die lewensweg gewys?!
[11] Het Ek die mense geskape vir die glans, of maar net vir die alles saligmakende liefde?!
[12] Tiranne en onderdrukkers, wat hul medemense met geweld onderdruk, trag altyd om hulle wel met u glans te omhul, en strooi daarnaas vir almal wat nog sien, sand in die oë, en wurg die armes en swakkes maar net om u verhewe verskrikkingsglans te laat toeneem, - en dit noem u goed en selfs nog baie nuttig vir die menslike siel ook?! O, oue, blinde dwaas!
[13] Hoe sou u van My hou as Ek soos `n alles verterende vuur te midde van u sou wees?! Sou dit ooit u liefde en u vertroue tot My verhoog?! Of is u in staat om iemand lief te hê wat u onophoudelik soos die magtigste, met toorngloeiende oë, dreig om u te wurg as u maar die minste misstap begaan?!
[14] Weet u en u duistere tempel dan beter as Ek waarom God die mense geskape het, en hoe die verhouding tussen God en die mense moet wees?!
[15] Wat is dan u 'glans'? Wel, dit is die oorspronklike, ergste en giftigste walm uit die alleronderste hel waarmee die satan met sy troue dienaars wat soos hy lyk, omgeef dat hulle teenoor die hele wêreld in `n verskriklike hoë aansien sal staan, om daardeur met geringe moeite baie goeie mensesiele in die ryk van die satan in te bring!
[16] Maar daar staan geskryf dat alles wat vir die wêreld groot skyn, omdat dit omstraal word deur die bepaalde glans, vir God `n gruwel is!
[17] Het jy ooit gesien dat twee mense wat mekaar waaragtig liefhet, hulle ten opsigte van mekaar met `n sekere glans op `n voetstuk plaas en dat die een die ander nouliks `n vriendelike blik, en nog minder `n liefdevolle woord waardig keur?!
[18] Of het u ooit gesien dat `n werklik teer en hartstogtelik verliefde jonge bruid haar bruidegom tegemoet gaan met `n so groot moontlike glans van eiewaan, en die bruidegom haar met `n nog groter ene?! Dink u dat hulle `n egpaar sal word? Ja, deur die mag van die wet kan hulle dit wel vir hierdie wêreld word, maar vir die hemel in die ewigheid nie! Want sonder liefde is daar ook geen hemel nie!
[19] Ek sê vir u: Daar heers die vloek van die hel en geen lig, geen weg, geen waarheid, geen liefde en daarom ook geen vry lewe, maar slegs `n ewige oordeel, wat die innerlik in homself vervloek terneerdruk en swaar geboeid hou!
[20] Dit kom u hier eintlik minder goddelik en God-waardig voor omdat u hier niks van die hel en haar verdorwenheid proe nie!
[21] Kyk net hoe ver die blinde mensdom dit gebring het! Hulle is nou al so ver in hulle geloof, dat hulle dink om God met die hel `n passende en welgevallige diens te bewys! Verder kon hulle dit in hulle blindheid, domheid en boosheid nie gebring het nie!
[22] Maar as dit u in die hel so stigtelik en godgevallig voorkom, gaan dan weer na die hel en dien daar die God van u verhewe inbeelding en voel tuis in u glans!"
[23] Met hierdie woorde val Stahar op sy knieë neer en smeek My om vergifnis en sê: "Heer, vergewe my, domme, oue, blinde dwaas, ek dank U vir hierdie teregwysing. Nou eers is ek heeltemal genees!
[24] Kyk, ek is nou eenmaal so grootgemaak en aan die slaap gewieg, en die indrukke van die jeug is moeilik uit die hart te verwyder! Maar nou lyk dit of daar `n nuwe son in my opgegaan het, en ek sien nou die hele verdorwenheid en totale verkeerdheid van die tempeldiens in. Laat kom wat wil, ek sal onwrikbaar soos `n granietrots in die see bly staan in hierdie nuwe, volwaardige leer van God uit U heilige mond."
[25] Ek sê: "Staan op broer! Gaan heen en vertel ook aan u broers wat u gehoor het, want ook hulle steek nog tot oor hul ore in hul domme glans! Lê hulle uit wat glans is, en lê hulle dan ook uit wie Ek is ook sonder die glans en wat Ek nou presies wil!"
[26] Na hierdie woorde staan Stahar op, buig hom so diep moontlik voor My, gaan vinnig na sy broers en begin flink sy mening te verkondig, en gou word dit baie luidrugtig aan die tafel waaraan dit eers baie rustig gegaan het, en Stahar het behoorlik moeite met sy broers wat deur die wyn verhit is.
[27] Maar Floran, sy vernaamste woordvoerder, ondersteun hom en so word die konflik gou bygelê.
[28] Philopold sê toe aan Cyrenius: "Geëerde gebieder! Dit is tog werklik wel baie vreemd dat soveel mense nie die bos deur die bome kan sien nie!"
[29] Cyrenius sê: "Gewoonte is `n magtige bolwerk vir alle domheid. In Europa vind jy `n volk waar elke fout met stokslae en die gésel bestraf word. Vir elke so geringe vergryp kom `n mens in pynlike aanraking met die stok, die gésel, of `n gedugte roede. My broer Augustus Caesar wou die mense daarvan afbring. Hy het opvoeders aangestel, wat hulle ingestel het om dit teen te gaan, en hy het selfs manne en vroue na Rome laat bring, sodat hulle daar die seën van die menslikheid sou leer ken en sien: Die mense het `n ontsettende heimwee gekry na die land waar hulle seker eenmaal per maand blou en bloedig geslaan word!
[30] As `n liggaamlike hel al so alledaags vir `n mens geword het dat hy daarna terugverlang sodra hy dit mis by `n mensliewende, opgevoede volk, hoeveel te meer sal hy dan nie terugverlang na die geestelike hel, wat die mense soveel aardse voordele verskaf nie!
[31] Die uitlatings van Stahar verwonder My dan ook nie. Die mens voel hom fisiek vele jare beter onder sy glans, en wou nou nog `n paar woorde daaroor gepraat het om hom vir altyd daarvan te distansieer. Maar nou is dit dus goed so en sy glans rus in vrede!"
|
|
|
|
|