|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 25
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Mathael se opvatting oor die natuur
25 Enersyds heers daar op aarde wel `n bepaalde orde en harmonie, waardeur `n mens baie gou tot die oortuiging kan kom dat daar `n baie wyse God moet wees, wat alles eers so geskape het soos wat dit nou nog steeds te siene en te verstane is. Andersyds sien `n mens egter weer by alles `n dikwels grenslose wanorde en `n willekeur wat hoegenaamd nie oorsien kan word nie, sodat `n mens dan vir jouself moet sê: Ja, dit kan tog nie van ons liewe Heer afkomstig wees nie!
[2] Neem nou die wisselvalligheid van die weer! In watter opsig kan jy `n bepaalde orde of gelykmatigheid daarin ontdek? Kyk eers na die verskillende soorte bome soos wat dit onderling deurmekaar staan in `n bos, of eweso die gras op die veld; kyk eers verder en sien die groot verskille in grootte van die berge, mere, strome, riviere, stroompies en fonteine! Daar is tog absoluut geen gelykmatigheid en geen orde daarin te ontdek nie, ten minste nie volgens ons begrip nie. Die see skep haar ongelyke oewers heeltemal afhangende van die toevallige, meer of minder kragtige golfslag en ook die meer, die strome, riviere, beke en fonteine doen dit. Net die mens kan hom hier en daar binne die perke hou, maar die baie wyse God doen nooit iets daaraan nie.
[3] Dit is ook slegs die mens wat enigsins geordende tuine aanlê en wingerde en landerye verbou. En slegs hy ken die edel vrugte, sonder dit van die onedele af, versorg dit en benut dit so veel as moontlik. Maar waar is daar op aarde `n op enigerlei wyse geordende tuin wat God self aangelê het met `n stroom wat deur Hom aan bande gelê is? Die aardlae lê ook so chaoties deurmekaar dat `n mens nooit iets anders as die blinde mag van die dierbare toeval daarin sal kan ontdek nie. Daar is dus bitter weinig van die een of ander heersende, goddelike wysheid te vinde en `n mens kan maar doen wat `n mens maar wil en ook dink wat `n mens maar kan en tog kom daar nooit iets na vore sodat ons uiteindelik sou kon sê: 'Kyk, daar sien jy tog weer duidelik `n goddelike orde!'
[4] Ja, elke ding vertoon op sigself wel deeglik baie belangrike spore van `n oergoddelike mag en `n baie ordelike wysheid, maar kyk `n mens dan na die wanorde van die geskape dinge wat deur toeval bepaal is, dan kry ek die indruk: Óf God het genoeg gekry van die ordening en bekommer Hom weinig of niks meer oor die eenmaal geskape dinge nie, soos wat dit by sommige dinge duidelik en opvallend die geval blyk te wees, óf Hy bestaan gladnie. In daardie laaste geval vorm die ewighede in die eindelose ruimte hulleself uit ontstane dinge wat toevallig uit hulleself op die duur - volgens die natuurwet wat toevallig deur hulle ontstaan het - tot dinge met `n sekere gewig, word stadig maar seker groter en word in die loop van die tye wêrelde, sonne en mane. Die wêrelde ontwikkel na gelang van hul grootte en gewig onvermydelik weer self nuwe wette, wat dan vanself weer die basis vorm vir nuwe vorme.
[5] Hoe veelsoortiger die dinge op `n altyd meer ontwikkelende hemelliggaam word, des te uiteenlopender, hoewel kleiner, moet die daaropvolgende dinge wees. Uiteindelik veroorsaak die baie groot aantal dinge op die wêrelde en die ontsettende uitbreiding van die wêrelde self, wette en aktiwiteite waaruit die eerste spore van `n bewuste lewe begin ontstaan. As daar egter eenmaal één lewensvonk ontstaan het volgens die onvermydelike verloop van die dinge wat hierbo beskryf is, dan moet daar `n tweede daarop volg en op die lange duur miljarde, wat met mekaar opnuut nuwe wette laat ontstaan wat aanleiding gee vir die ontwikkeling van `n meer volkome lewe. En so sou die lewe dan deur die in sigself gevonde lewenswette tot `n baie hoë lewensvermoë ontwikkel het, sodat die mees intelligente lewenskrag nou eers, wat haarself en haar hele omgewing goed ken, met terugwerkende krag die voorafgaande stomme natuur kan orden en aan haarself onderwerp!
[6] As alles egter langs hierdie natuurlike weg ontstaan het, dan is daar dus maar net lewenskragte in alle soorte lewensvlakke, van die kleinste bladluis tot by daardie volmaakte lewe wat die meer volmaakte mens ‘die goddelike’ noem. Op hierdie wyse het daar waarskynlik sedert ondenkbare lang tye gelede `n goeie, maar daarteenoor ook `n slegte godheid ontwikkel. Sou beide godhede hulle ooit ontwikkel het, moet hulle as teenoorgestelde kragte ook sólank ongenaakbaar teenoor mekaar staan, totdat die, volgens ons morele begrippe, waarskynlike bose krag deur die sterker goeie krag as `n teenstelling wat binne haar orde val in haar opgeneem is. Uit hierdie saamgaan sal daar alles wat nou nog stom, sonder bewussyn en dood is, dan na `n ondenkbare lang wêreldse tyd oorgaan in `n volkome lewe met `n vrye wil en `n vrye insig!
[7] Dat alles in hierdie tyd dan nou nog in so `n wanordelike toestand te vinde is, asof dit `n onoorsigtelike stryd was, blyk deur die volgende te kom: Die goeie en hoogste lewenspotensiaal wat ons nou God noem, is met die slegte lewenskrag, wat ons satan noem, nog lank nie in die gewenste orde nie, maar nog in `n voortdurende onderdrukkingstryd, waaruit die hoogste lewenspotensiaal uiteindelik as oorwinnaar te voorskyn moet kom. Want die, volgens ons begrip, bose krag sou nie voortdurend teen die goeie stry as dit geen rede gehad het om dit aan haar kant te wou kry nie.
[8] Satan moet derhalwe tog `n sluimerende genot skep in die goeie, en daarom wil hy die hele goeie lewenskrag aan hom ondergeskik maak. Maar juis deur hierdie voortdurende pogings neem hy steeds meer van die goeie in hom op en maak daardeur, sonder dat hy dit wil, sy boosheid/besoedeling altyd minder boos/besoedel. Daardeur kom daar in sy lewenswese altyd meer orde, meer kennis en suiwer insig en hy sal ten laaste nie meer daarby kan verbykom om homself heeltemal oor te gee nie, omdat hy deur sy aard en deur sy neiging onmoontlik kan verhinder dat hy voortdurend gedeeltelik oorwin word.
[9] Ook nadat hy homself volledig gewonne gegee het, sal hy weliswaar nog altyd `n teenstelling met die goeie bly vorm, maar nou binne die orde, soos sout ook `n teenstelling van die suiwere, soete olie is. Maar as die olyfboom nie in die regte mate sout in die wortels, in die stam, in die takke, takkies en blare gehad het nie, dan sou sy vrug nooit `n soet olie gegee het nie!
[10] Ek verloor myself nou wel in uiteensettinge wat beslis nie deur jou op die wyse verstaan sal word waarop dit verdien om verstaan te word nie. Maar dit is nie so belangrik nie, want dit is ver van my af om dit vir jou as `n waarheidsleer voor te hou. Maar enkel en alleen as `n hipotese, waartoe `n siel deur baie en onverdraaglike lyding gebring word as sy daarby, ondanks alle smeekbedes tot God, heeltemal geen verligting in haar nood ontvang nie.
[11] Die helderheid van die siel, of die eintlike primitiewe, intelligente lewenskrag, neem deur swaar lyding en pyn van haar liggaam aanmerklik toe. Sy sien en hoor alles wat vir die oë en ore van die natuurmense dikwels nog baie ver weg is en jy hoef jou gladnie daaroor te verbaas dat ek jou nou-net vertel het oor meer hemelliggame nie, want my siel het hulle beter en duideliker gesien as wat jy ooit hierdie aarde gesien het en ook ooit in hierdie lewe van jou sal sien. Daarom kan ek tereg melding maak van alles wat my siel in die eindelose ruimte gesien het! Maar nou hou ek daaroor op en sê jy vir ons wat ons nou moet doen! Want hier kan ons tog onmoontlik nie bly nie!"
[12] Markus sê: "Wag nog eers tot die Verlosser, wat julle hier voor ons oë van julle verskriklike lyding genees het, dit sal sê!"
|
|
|
|
|