Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael word vise-koning

118 Ouran sê: "So `n heerlike en besonder mensliewende instelling het ek nog nooit meegemaak nie! Self is ek mens, en heerser oor talle honderdduisende mense, en mens sê in die wye omtrek dat my onderdane die gelukkigste aan die Pontus is. Tog moet ek die wet toepas soos Rome dit voorskryf. Rome gee my as regerende leenheer wel toestemming om enige versagting te betrag, maar ek vind altyddeur my sterk versagte wette tog nog altyd hard!

[2] Hoe weinig word daarmee aandag geskenk aan die aard van die mense, en daar word glad geen rekening mee gehou of `n mens na aard en karakter wel in staat is om `n wet te hou nie! Hoe dwaas sou dit wees om te beweer dat één skoen vir almal pas, en hoeveel dwaser lyk dan `n wet wat heeltemal geen rekening hou met die menslike aard en eienskappe nie!

[3] Maar elke mens kan, ongeag sy aanleg, hom maklik rig na die lewenswette wat U, o Majesteit en Heer, nou meegedeel het, en dié baie mensliewende wet ook heel maklik hou! As ek nou weer tuis sal kom, sal dit daar gou anders uitsien in my land!

[4] Mathael en sy vier metgeselle sal, hoewel hulle almal nou heeltemal Romeins geklee is, Griekse staatskleding van my kry, en help om my klein staat so goed moontlik in te rig, en Mathael benoem ek hier reeds tot eerste raadsman en, omdat ek geen seun het nie, tewens tot vise-koning. "

[5] Toe stap Cyrenius na vore en sê: "En ek, as Romeinse opperstadhouer oor die hele Asië en `n deel van Afrika, voorsien van alle volmagte uit die hand van keiser caesar Augustus, wat my broer was, en nou ook van sy seun, bevestig hierdie uitstekende keuse! Ouran, jy sou nêrens ter wêreld `n beter een kon vind nie! DIXI! (Ek het gesê ) - Cyrenius. "

[6] Toe sê Ek: "Ook Ek bevestig hom nou, want My geestelike salwing daarvoor kry hy al vroeër. Maar jy, Ouran, kan hom tuis ook nog met nardusolie salf voor die volk, en voor alle grotes van jou ryk, sodat hulle weet met wie hulle te doen het, en wat hulle hom skuldig is. Hy sal jou ryk beter beskerm teen die invalle van die Skiïte as `n groot leër met die mees uitgelese soldate. Ek sal hom daarvoor ook `n buitengewone mag gee sodra hy sy amp gaan uitoefen. Nou het hy dit nog nie nodig nie, en het hy voldoende aan sy wysheid!"

[7] Ouran sê: "Heer, het dit dan nog nie tyd geword nie, en sou dit nie moontlik wees om die so gevaarlike Skiïte tot beter insigte in U wese te bring nie? Dit is immers baie jammer dat hierdie origens so pragtige geslag mense in so `n onbeskaafde toestand bly. Mens sien onder hulle sulke heerlik gevormde mense soos waarskynlik nêrens anders op aarde nie, maar hul geestelike ontwikkeling staan nog op die nulpunt.

[8] Dit is dikwels verbasingwekkend om so `n majesteitlike mansgestalte, of `n meer as paradyslike mooi vrou te sien wat beide meestal geen taal ken nie, maar net soos varke slegs grommende geluide laat hoor, wat nóg hulleself, nóg iemand anders verstaan. Ek sou hierdie Skiïte onder my wou hê, nie uit veroweringsug nie, maar wel om mense van hulle te maak. Sou so iets, natuurlik sonder geweld, nie moontlik wees nie?"

[9] Ek sê: "Mathael se metgeselle sal jou daartoe goeie dienste verleen, en jou wens sal nog talle kere in vervulling gaan, maar álle Skiïte sal jy moeilik onder jou bestuur kan bring, want hul ryk is baie uitgestrek. Maar die wat rondom die Pontus (Swartsee) woon, mag jy hê en na jou goeddunke opvoed. "

[10] Ouran sê: "Heer, U sy daarvoor ewige dank uit naam van my en alle mense wat deur U leer geestelik gewek word! Waarlik, aan my inspanninge en aan my standvastige wil sal dit nooit ontbreek nie. Wil U daaraan slegs U genade verbind!"

[11] Cyrenius sê: "En ék sê vir jou, dat jy die Skiïte wat jou onderdane word, tot jou eie volk kan reken! As jy dit in die geheim aan Rome wil meedeel, sal jy daarvoor gedurende tien opeenvolgende jare die betaling van die leengelde vir jou hele, groot land kwytgeskeld word, en aan jou nakomelinge sal die algehele erfreg gegee word. Verder sal na beëindiging van die volle dertig jaar, jou land nie aan die hoogste bieër oorgedra word nie. Die bevestiging van alles wat ek jou nou gesê het, sal jy môre al op perkament vir altyd van my ontvang. Slegs `n vreemde, van buite komende vyand sou dit jou nog kan ontneem, maar wat Rome betref is dit vir altyd jou eiendom. "

[12] Ek sê aan Cyrenius: "Gee hom dit vandag nog skriftelik, want môre is die sabbat, en ons wil die geestelik swakkes geen ergernis besorg nie!"

[13] Cyrenius sê: "Heer! Hoe kan ek nou hier in die middel van die nag die gemaakte afspraak opskrywe? Maar môre wil ek dit wel voor sonsopgang doen, dit sal tog niemand steur nie!"

[14] Ek sê: "Kyk eers, Raphaël is al klaar daarmee. Hier, neem hierdie oorkonde en lees dit na of dit voldoen aan wat jy wil!"

[15] Cyrenius vat die oorkonde, loop na `n fakkel en lees dit, en vind dit woord vir woord in orde en sê dan: "As dit die eerste keer sou wees, dan sou ek my ontsettend verbaas, maar ek het al meer as één bewys van Raphaël en dus verbaas dit my ook gladnie meer nie. Vir hom is dit net so maklik as wat dit vir `n mens is om met sy blik eensklaps tot aan die verste verwyderde sterre deur te dring. Wel, nou dat die oorkonde klaar is, moet Ouran dit ook maar dadelik ontvang."

[16] Hierop oorhandig Cyrenius die oorkonde aan Ouran met die woorde: "Aanvaar hierdie ter beskerming van jou en jou opvolgers, en probeer om die mense te wen vir die ryk van God, vir die ryk van die Liefde, vir die ryk van die ewige Waarheid, wat in Jesus, die Heer uit Nasareth, so heerlik uit die hemele neergedaal het na ons sterwelinge! Ons is in Hom en ons lewe nou en ewig in Hom!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205