Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Philopold se terugblik op die vorige lewe

222 Murel sê: "Luister, vriend Philopold, daar het jy my nou dinge uit die doeke gejaag wat niemand ooit vroeër vermoed het nie! Dit is tog wel `n opeenstapeling van wonders. Sê my nou eers in volle erns of jy dit tog nie gefantaseer het nie! Want dit klink so vreemd en buitengewoon soos van die eerste fabels van die heidense geloof.

[2] Dit kan trouens ook waar wees; wat ek nie kan beoordeel nie, omdat my kennis van die sterre werklik my swakste punt is! Wie sou hom egter ook maar kan verbeel dat die sterre, wat klein ligpuntjies aan die hemel is, wêrelde sou wees en dan ook nog groter as ons aarde, waarvan nog geen mens ooit die einde gesien het nie?!

[3] Ek vra jou, besweer dit in my; want jy het in my `n magtige verlange gewek om nou in hierdie baie gedenkwaardige saak verder ingewy te word! In Moses is daar werklik geen spoor daarvan te vinde nie, selfs nie die geringste aanduiding nie, want in sy skeppingsgeskiedenis staan daar geen enkel woord daaroor geskryf nie. Geen mens kan tog alles verstaan wat hy eintlik met sy Genesis wou gesê het nie!"

[4] Philopold sê: "Vriend! Wie Moses goed verstaan, sal dit ook daarin vind. Maar daar is natuurlik meer daarvoor nodig as net die woordelikse teks om hom in die geheue in te prent! Wie maar ooit God bo alles sal liefhê, sal van die Gees van God die regte verklaring kry en sal dan ook weet dat die Genesis van Moses nie soseer die feitelike skepping van die wêrelde weergee nie, maar veeleer en eintlik bó alles die geestelike opvoeding en vorming van die hele mens en sy vrye wil, in- en oorgaande in die goddelike orde. Wie dit sal verstaan en insien, sal dan ook weldra die ander insien omdat dit langs die weg van die onmiskenbare analogie daarin te vinde is, wat ek jou self baie konkreet en duidelik sou kon aantoon. Maar daarvoor sou die tyd nou te kort wees.

[5] Maar ek het iets anders, wat my deur die wondervolle barmhartigheid van die Heer, wat Hom hier in ons midde in alle waarheid selfs liggaamlik so bevind soos alle profete Hom nougeset aangekondig het, as `n onweerlegbare bewys van bo wat in ons hand gespeel word.

[6] Toe die Heer ons vanuit Kis in Kana besoek, was daar soos nou ook `n hemelse gees, bekleed met `n eteriese liggaam, by ons aanwesig. Hierdie engel neem op bevel van die Heer die blinddoek oor die oë van my siel weg en op daardie selfde oomblik kom die volle bewussyn van my bestaan op `n gevraagde vraag oor die ander wêreld in my herinnering terug.

[7] Ek herken dadelik die heerlike, groot wêreld waarop ek was vóórdat ek hierdie bestaan gehad het op hierdie aarde waar ek liggaamlik geleef en gewerk het, ja, ek sien selfs my liggaamlik lewende en werkende ouers en geliefde broers en susters, en die engel besorg my selfs hier op hierdie aarde sekere dinge wat daar aan my behoort het, wat ek dadelik as onteenseglik werklik herken het as my eie.

[8] Toe so `n reusagtige geestelike lig voor my ontsteek word, sien ek ook, wat ek alles aan JaHWeH God, en nou selfs die liefdevolle Vader, alreeds skuldig is!

[9] Eers vanaf daardie oomblik verstaan ek die onskatbare waarde van my lewe, asook van die lewe van elke mens, en ek kan JaHWeH God en al my medemense nie genoeg loof, liefhê en prys nie!

[10] Vóór die wonderdaad het ek egter as mens net so vyandig teenoor die lewe gestaan soos jy, maar ek is by voorbaat daarvan oortuig dat jy binnekort net so sal wees en dink soos wat ek nou dink en is. Vir die waarheid van wat ek jou nou vertel het, kan bykans almal aan hierdie tafel volledig daarvoor instaan, as jy dit sou vra.

[11] Die grootste, geloofwaardigste getuie onder hulle is egter die Heer Self, wat jou na my toe gestuur het om van my te hoor of `n mens, soos wat jy dink, JaHWeH God geen dank en geen lof en geen liefde verskuldig sou wees nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205