Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die soeke van die Heer

133 Mathael, Ouran, Ebahl en die vier metgeselle van Mathael kyk almal blitsvinnig om en sien My met die ou Markus die heuwel opkom en gaan My vinnig tegemoet.

[2] By My aangekom, groet hulle My weliswaar baie hartlik, en dank hulle My dat Ek weer daar is, maar omdat hulle nie vir Jarah en Helena by My sien nie, bekruip `n angstige gevoel hulle. Ebahl, baie besorgd oor sy Jarah, vra My angstig of die twee My nie in die bos gevind het nie, want volgens die woorde van Rafael het hulle My in die oggend tegemoet gegaan. Omdat hulle nou nie by My is nie, kan hulle nog in die bos aan soek wees vir My. Daarom versoek hy My om Rafael agter hulle aan te stuur om hulle weer veilig na die geselskap te bring!

[3] Ek sê: "Waarom is julle besorg oor diegene wat My soek? Dink julle dan dat Ek net iemand van gevare kan beskerm as Ek persoonlik by hom is? Wie het dan vir My gesê, Ouran, toe jy in groot gevaar was, dat Ek aan jou moes dink en jou red? Dink jy dat Ek dalk nie weet waar die twee nou op hul soektog is nie? Laat hulle maar gaan, hulle sal wel terugkom!

[4] Hulle het My ook in hul harte gevind, iets wat vir niemand moeilik is nie. Maar wie My uiterlik gaan soek, hoewel hy weet dat Ek slegs innerlik gesoek moet word, het hierdie les nodig. In die geval gee Ek hierdie natuurlik slegs as voorbeeld om aan te toon dat een wat suiwer uiterlik soek en My tegemoetgaan, nie beteken dat `n mens nader aan My kom nie, maar wel dat `n mens My altyd meer kwytraak! Dit kan julle nou op die more van die sabbat wel eers baie goed ter harte neem! - Origens het die twee tog op My spoor gekom, en sal nou gou hier wees."

[5] Ebahl sê: "Wel, as dit so is, dan is alles weer in orde! As Rafael hulle nie met sy opmerkings so vinnig tot `n besluit gebring het nie, sou hulle sekerlik hier gebly het! Die brawe seun sien alles vlak by, ook al is dit so ver weg en dit is baie misleidend! Hy sal nooit iemand vinnig afraai nie al sou dit ook iets kwaad blyk te wees, want op die manier wil hy dan iemand deur bittere ervarings op die goeie weg bring. Dit is die rede waarom hy die twee nie afgeraai het om U tegemoet te gaan nie, maar hulle selfs nog meer aangespoor het, en daarom het hulle nou êrens vermoeid gaan sit, en het geen idee van wat hulle moet doen nie! Maar dit is Jarah se eie skuld, want sy ken Rafael se manier van doen en weet hoe sy daarop moet reageer. Hy het haar weer daarin laat loop en dit is baie gesond, maar hy kan hom wel verheug oor wat hom te wagte gaan wees! As sy terugkom sal hy weer behoorlik die leviete gelees word, en hy sal hom weer verbaas oor Jarah se welsprekendheid!"

[6] Toe kom Rafael, wat die slapendes intussen gewek het, net aangeloop en Ebahl sê vir hom: "Nou is jy alweer die oorsaak van `n ietwat mislukte onderneming van sowel Jarah as Helena! Ek moet eerlik aan jou erken dat die manier waarop jy met die mense wat aan jou toevertrou is, omgaan, en waarop jy hulle lei, my gladnie geval nie! As een van jou leerlinge iets wil doen wat nie heeltemal goed is nie, moet jy hom met raad en daad daarvan afhou. Dit is nie reg om hom die verkeerde daad te laat uitvoer en om hom in `n sekere sin nog aan te raai nie, en hom deur die bose gevolge wat hy daarvan ondervind, as `n toekomstige sonde te bewaar nie! Dit kan miskien vir geeste van jou soort baie goed en doelmatig wees, maar na my mening gaan dit nie by mense af nie!"

[7] Rafael sê: "Jy is beslis `n eerlike en regskape Judeër, maar wat die geheime weë van die Heer betref, is jy so dom soos `n esel! Dink jy dan dat ek dit wat ek doen, uit myself doen?! Ek is `n Vinger van die Heer en doen wat die Gees van die Heer aan my opdra! As jy ook maar `n bietjie meer begrip gehad het, dan sou jy dit wel ingesien het, maar omdat ek weet hoe ver jou begrip in geestelike sake gaan, neem ek jou tekortkoming daarom nie kwalik nie. Dat die twee nie verdwaal het nie, kan jy sien aan die feit dat hulle nou gesond en behoue oor die berg van Markus se hut hiernatoe kom, begelei deur `n dogter van Markus wat ons kom sê dat die oggendete vir ons gereedstaan!"

[8] Ebahl sê: "Ja, maar hoe het die twee dan daaronder gekom, sonder dat ons hulle gesien het?"

[9] Rafael antwoord: "Sê die Heer nie dat hulle op Sy spoor gekom het nie?"

[10] Ebahl sê: "Nou, nou, ek sê niks meer nie. Hulle is nou weer daar en dus is dit, wat my aanbetref, in elk geval weer heeltemal in orde!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205