Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Oor die enigste weg na die lewensdoel van die mense

15 Cyrenius sê: "Ja, nou is alles vir my weer heeltemal duidelik; so is dit nou eenmaal. Soos wat daar vir elke grashalm één wet is waaronder en waarvolgens hy hom kan ontwikkel, so is daar ook maar één psigies-morele wet wat by die wese van die mens aangepas is, waaronder die mens uit homself sy volle, ongebonde vrye selfstandigheid kan verkry. Oftewel, daar is dus altyd maar één onveranderlike, altyd gelyke weg, waaroor `n mens sy ware en ewige bestemming kan bereik. Langs elke ander van die tallose vryheidsweë waaroor die mense moreel ook gewilliglik kan gaan, is die groot, alleen ware en deur God vasgestelde doel onmoontlik te bereik!

[2] Daarby sien ek ook sonhelder, o Heer, dat die pad wat U ons gewys het, die enigste goeie en ware een is. Ook besef ek dat elke mens, hoog of laag, onverstoorbaar op die regte weg kan gaan as hy dit maar net ernstig wil; maar ek sien ook goed in dat geen mens ooit uit homself hierdie weg wat so waaragtig is en so volkome aan alle lewensomstandighede beantwoord, sou kon vind nie. So iets moet regstreeks deur God se Gees geopenbaar word aan die mense wat dit verstaan!

[3] Maar hoewel die pad nou baie duidelik omskrywe is, sal dit na my mening tog selde in geheel bewandel word, want daartoe het die te veel op die materiële gerigte, wêreldse gewoontes op hierdie enige ware en goeie weg `n versperring aangebring wat dit verhinder. En talle wat hierdie weg betree, sal daarteen vasloop en halfpad omdraai, veral as hulle nie al gou `n wonderbaarlike uitwerking by hulleself gewaar vir die moeite wat hulle doen nie. Dit gebeur naamlik nie so vinnig soos wat `n mens hom in die begin voorgestel het nie, veral sekerlik as `n mens voorheen al sterk bande met die buitewêreld gehad het.

[4] Ek hoop om deur U besondere barmhartigheid wel die heilige, groot doel te bereik, maar ek is maar één, en in die groot Romeinse staat tel daar nou talle miljoene. Hoe en wanneer sal hulle egter almal, wat tog mense net soos ons is, op hierdie weg kom?!"

[5] Die jong fariseër voeg daaraan toe: "Hoogste gebieder! Dit dag ek so-ewe ook! Ons kan nou wel die weg van al dié verlossing gerus en verheug betree, maar hoe sal dit wees met die talle miljoene wat nie die geleentheid gehad het om uit dié bron te put nie en wat nie elke vraag met die groot Heer van die lewe self kon bespreek nie?"

[6] Ek sê: "Ook daarvoor is gesorg! Want na My bly die hemelpoort altyd oop staan en dit wat ons nou hier bespreek, sal oor meer as `n duisend jaar ook woordeliks gehoor en opgeskrywe word, asof dit voor die oë plaasvind van diegene wat byna tweeduisend jaar na ons die aarde sal betree. En elkeen wat in die toekoms êrens oor iets sal twyfel, sal baie duidelik uit die hemele ingelig kan word. Want hierna sal elkeen selfs deur God onderrig moet word en diegene wat nie van God lering kry nie, sal nie in die vreugdevolle ryk van die waarheid ingaan nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205