|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 151
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die owerste fantaseer
151 "Kyk, lieflike jonge wat in die toorkuns bedrewe is! Ongeveer drie jaar gelede kom daar `n aantal mense uit die Môreland na die stad. Volgens hulle het hulle uit Agter-Indië gekom, waar sulke hoë berge is dat hul spitse byna die maan aanraak as sy verbykom. Wel hulle het so gesê. Om baie opsien te baar, oordryf hierdie vreemdes alles en dus ook die hoogte van hul berge!
[2] Maar daaroor sal ons nie kibbel nie, want dit maak niks saak of hul berge in werklikheid `n paar el laer was nie! Maar hierdie Agter-Indiërs wat baie merkwaardig gelyk het, het my toestemming gevra om hul egte wonders teen `n redelike prys vir die volk te demonstreer.
[3] Met behulp van `n tolk sê ek toe aan hulle: Ek moet myself eers, soos mens sê, onder vier oë oortuig waaruit u wonderdade bestaan, om te bepaal of dit gerade is om dit aan die blinde volk te vertoon, anders kan ek u - hoewel ek self `n groot vriend is van alles wat buitengewoon is - geen toestemming verleen vir die openbare vertoning van welke onskuldige wonders ookal nie!
[4] Die wondermanne was baie tevrede met my besluit, veral omdat ek hulle vir die voorstelling, wat hulle alleen vir my en `n paar geleerde kollegas sou gee, `n goeie honorarium beloof het.
[5] Hulle gaan toe na hul herberg in die stad, en kom na `n uur met allerlei towery benodighede terug, soos wat ek nog nooit vroeër gesien het nie. Dit was stawe, stene, vreemde metale, en groot en klein apart gevormde vate, waarvan nie één vir my `n bekende vorm gehad het nie.
[6] Ek het aan hulle leier gevra waarvoor hy dit alles nodig gehad het en hy sê: Eintlik vir niks nie nie, maar hy moes iets van die huis by hom hê, omdat hy anders nie met alle sekerheid `n gevraagde wonder tot stand kon bring nie. Daarop het hy my gevra wat ek van hom wou sien of weet.
[7] Ek sê: 'Goed, soos ek gesê het, sal u met u towerye nie ver kom nie!” Ek het hom gevra of hy my kon sê waaraan ek op daardie oomblik gedink het. Ek dink toe aan Rome en aan die naam van die keiser. Hy lê toe beide hande op sy bors en sê toe wat ek dink. Jy kan jou wel voorstel dat ek my toe nie baie minder verbaas het as nou vir jou nie!
[8] Toe sit Ek `n kruik water voor hom neer en sê: 'Verander die water vir my in wyn!” Hy gaan daarheen, maak met sy hande gebare bo die kruik met water en sê toe: 'Proe, meneer, hoe hierdie wyn vir u smaak!” Ek proe dadelik die water en sien, dit was helder wyn! Daaroor het ek my eintlik nog meer verwonder.
[9] Daarna neem hy `n erdehouer wat heeltemal leeg was, gooi die res van die wyn daarin, terwyl hy voorgee dat dit bedoel was vir die spoedige, verre terugreis. Maar toe ek dadelik daarna die erdehouer bekyk, wat origens baie skoon daar uitgesien het, blyk die houer nie eers nat te gewees het nie, laat staan dat daar iets in was. Dit het egter wel sterk na wyn geruik, en die towenaar vertel dat hy die wyn, om vermorsing te voorkom, liewer in `n droë, geestelike vorm sou saamneem.
[10] Ek het hom gevra of hy dadelik weer van hierdie wyngeur, of ooit later, `n vloeibare, drinkbare wyn kon maak; waarop hy my en my drie kollegas gevra het of ons nog daarvan wou drink. Ons antwoord bevestigend en hy neem die sigbaar leë houer, wat duidelik kleiner was as my waterkruik, en gooi toe soveel wyn in my kruik in dat die wyn begin het om oor te loop!
[11] Ja, jonge, lieflike vriend, toe rys ons hare ten berge, want dit reik tog te ver uit bo ons wysheidshorison! Ek wis nie wat ek nou daarvan moes sê nie! Ons drink toe behoorlik van die baie goeie wyn, en - weer `n nuwe wonder! - die kruik word nie aantoonbaar leër nie!
[12] Toe ons onsself, al taamlik geesdriftig van die wyn, buitengewoon daaroor verwonder het, sê die towenaar: “Maar, menere, wyn sonder brood gaan tog eintlik nie af nie! Hier het ek `n paar stene. Wat sou u hiervan sê as ek dit in brood verander?” Ek sê: “Doen dit!” Toe stryk hy met sy hande oor die stene en sê: “Neem `n mes en sny die brood!” Ek doen dit toe en kyk, dit was brood, goeie smaaklike brood!
[13] Daarop sê ek: “Maar vriend, as u dit kan doen, sou ek graag wou weet waarom u vir u buitengewone kuns betaal wil word?” Antwoord die towenaar: 'Slegs as merkwaardigheid en om op plekke waar `n mens geen wonders kan en mag doen nie, `n middel te hê om jouself liggaamlik te versorg.”
[14] Die antwoord het my tevrede gestel en ek beloon die towenaar met twee pond silwer, wat hy dankbaar aangeneem het. Ek kon hom egter, omdat hy te uitsonderlik was, geen toestemming gee om ook sy kuns in die openbaar voor die blinde volk te vertoon nie, want die volk sou hom dadelik `n goddelike verering bewys het, veral die Grieke en die baie Romeine.
[15] Hy vertel my dat hy nog goed baie ander wonders kon doen, wat nog baie merkwaardiger was as die wat reeds vertoon was! Maar ek het werklik geen lus gehad om nog meer te vra en te aanskou nie. Dit wat ek reeds gesien het, het my kop al te veel verhit en ek was bly toe hierdie Agter-Indiërs weer vir goed uit die stad verdwyn het, want hulle sou die volk behoorlik oproerig gemaak het.
[16] Ten slotte het ek die towenaar gevra of hy my vir geld en goeie woorde een van sy kunste sou uitlê. Weliswaar het hy nie sonder meer nee gesê nie, maar hy het soveel geld daarvoor gevra, dat ek op slag hoendervleis gekry het, en ek het die towenaar toe nog baie makliker laat gaan.
[17] Kyk, buitengewoon liewe jonge! Die towenaar uit Agter-Indië was seker net so min `n engel van JaHWeH as ek, en het tog wonderlike dinge gedoen. Waarom sou jy met jou werklik, sê maar, hemels mooi liggaam `n engel wees, omdat ook jy vir my growwe menseverstand buitengewone dinge kon gedoen het?!
[18] Daarom moet jy my tog meer suiwer geestelike bewyse gee van jou goddelike engelskap, want andersins sal ek jou nie kan aansien vir `n engel van God nie, al doen jy nog honderdvoudig groter wonders as wat so pas opgeteken is! En ek vind dat geen werklike nugter verstandsmens in staat is om iets teen hierdie baie verstandige eis van my in te bring nie!"
|
|
|
|
|