|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 103
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Uitleg van die vierde tot en met die sesde teken
103 "Nou is die vierde teken aan die beurt! Ons sien weer `n dier, naamlik `n heel moedige 'Stier'. Ná die versorging van die skape, rig die ou herdersvolke hul aandag veral op die beeste. In hierdie periode begin die koeie merendeels dragtig te word en die mense skei die sterkes af van die swakkes, en die vernaamste sorg is gerig op goeie teelprestasies.
[2] Die stier, wat by die Egiptenare hoog in aansien staan, ja hulle selfs skryfles gee deur sy aangebore eienskap om met sy neusgate verskillende figure in die los sand te blaas, word in `n baie dappere houding, byna op die agterpote staande, uitgebeeld. Wat was dan vanselfsprekender as dat die mense die sterrebeeld waarin die son in hierdie periode kom, en wat daarby ook nog ongeveer die buite-omtrek van `n bul vertoon, 'Stier' noem!?
[3] Selfs die Romeinse 'Taurus' stam daarvan af en het in die loop van tyd as `n afkorting ontstaan van die oeroue Ta our sat of Ti a our sat, wat ongeveer beteken: Die tyd van die stier, (sit) = om op die agterpote te staan.
[4] By die Romeine noem die mense later hierdie tyd ook Aprilis, wat egter in die ou Egiptiese taal weer niks anders beteken as: A (die stier) uperi (open) lis of lisu (die uitsig), ook wel 'Stier open die deurgang!' - naamlik na die ope weide. Dat mettertyd die ou stier van die Egiptenare ook `n god word, hoef nouliks nog nader uitgelê te word. - Dit is dan die natuurgetroue en waaragtige verhaal oor die ontstaan van die vierde teken van die diereriem, en nou sal ons eers kyk hoe dan die vyfde teken met die naam en die figuur van die 'Tweeling', Castor en Pollux ontstaan het!
[5] Daarmee sal ons nie soveel moeite hê nie as ons bedink dat die oue herdersvolk van Egipte na die sorg vir die beeste die vernaamste deel van die jaarlikse sorg en moeite agter die rug gehad het. Na hierdie periode kom die hoofde van die gemeentes bymekaar en kies één of twee bevoegde en, indien moontlik, baie nadenkende beoordelaars wat tewens tydens hierdie periode regspreek. Hulle moes rondgaan en nagaan of almal genoeg moeite gedoen het om `n goeie en geseënde resultaat te behaal. Hierdie ondersoekers gee die mense die naam van die funksie wat hulle uitoefen. 'Kai i e stor?' word daar aan die mense gevra, wat vertaal beteken: 'Wat het hy gedoen?' Vervolgens eis die mense ernstig, deur gebiedend te sê: 'Po luxe men!' - ook wel 'Polusce men!' - 'Lê dit eers vir my uit, lig dit eers toe!'
[6] Daaruit het die latere 'Tweeling' ontstaan. Oorspronklik was die tweeling slegs twee sinne, naamlik `n vraag en vervolgens `n bevel. As twee sulke amptenare die gemeente moes deurlig/deursoek, moes die een vra en die ander eis/aanmaan/dagvaar, natuurlik nie slegs met woorde nie, maar ook met dade.
[7] Omdat tydens hierdie beoordelings- en kontroletyd die son juis in die bekende dubbelstergebied te staan kom, noem die mense dit ook 'Tweelinge'; in die Romeins was dit Gemini of ook wel Castor en Pollux. Later maak die menslike fantasie daar eweneens gode van. –
[8] Daarmee is die vyfde beeld uit die diereriem netsoos die vroeëre beelde na waarheid beskryf. Maar nou kom ons by die sesde teken en ons sien skielik die 'Kreef'! Hoe kom dít dan in die groot diereriem tereg? Ek sê vir julle, net so eenvoudig en natuurlik as die vroeëre!
[9] Weet jy, in hierdie periode val die langste dag, daarna word die dae weer korter. Die oues vergelyk hierdie teruglopende daglengte met die gang van `n kreef. Ook dou dit in hierdie sesde periode van dertig dae in hierdie land snags baie swaar, veral in die nabyheid van die rivier. Dit maak dat die krewe in hierdie tyd snags uit hul moeraspoele klim, en die nabygeleë bedoude grasweiding `n besoek bring, wat hulle baie verkwik en voed. Die ou inwoners van die land langs die Nyl kry dit natuurlik gou in die gate en doen in die begin heel baie moeite om die ongenooide gaste van die vet weiding te verjaag. Vir die eerste bewoners van die land was dit sekerlik geen maklike taak nie, omdat daar in hul tyd ontelbaar baie van hierdie groot moerasinsekte was. Eers gaan die mense dit met vuur te lyf, hulle versamel dit op hope en verbrand dit, wat egter op hierdie groot aantal diere weinig uitwerking gehad het. By die verbranding versprei hom egter altyd `n heel aangename en uitnodigende geur, waardeur die oues al op die idee kom dat die diere miskien eetbaar sou wees. Maar geeneen van hulle wou die eerste wees met die eet van sulke gebraaisel nie.
[10] Later kook die mense dit in groot potte, wat `n voortreflike bouillon/aftreksel oplewer, maar tog wou niemand hom daaraan waag nie. Die mense voer dit aan die varke, wat die oues ook reeds aangehou het. Dié vreet goed daaraan en word baie vet, wat vir die ou Egiptenare baie welkom was, want die vet, die huid en die derms van hierdie diere word intensief deur hulle gebruik. Die vleis eet hulle egter nie, dit gebruik hulle weer opnuut as voer vir die varke.
[11] Toe daar egter na verloop van tyd werksku mense begin te ontaard en te sondig teen ou en wyse voorskrifte, nog afkomstig van Henog, die leraar van God van vóór die sondvloed, bou die mense al gou groot gevangenisse waarin hulle die misdadigers opsluit. Hulle word gevoed met gekookte krewe en afwisselend gesoute of gebraaide varkvleis met daarbenewens slegs `n geringe hoeveelheid brood. Dit val egter op dat die misdadigers heel gesond bly met hierdie kos, en in `n slegte jaar probeer later die vrye mense ook die verskriklik gewaande gevangenekos, en vind dat dit beter smaak as hul reeds van oudsher gebruiklike huiskos. Hierdie ontdekking maak toe gou dat die eers so ontsettend groot aantal groot en vet Nylkrewe sterk verminder, omdat die mense te veel daarop jagmaak.
[12] Later eet ook die Grieke en die Romeine hierdie moerasinsek, wat hulle heel goed geval. Slegs die Judeërs eet dit tot op hede nog nie, hoewel Moses hulle dit nie verbied het nie.
[13] Uit dit alles blyk nou wel baie duidelik dat die ou Egiptenare as teken aan die hemel vir hierdie sesde periode sekerlik geen beter sinnebeeld kon kies as die dier wat hul gedurende hierdie tyd so baie te doen gegee het nie. Ook by hierdie beeld spreek dit vanself dat die mense dit in die loop van tyd `n soort goddelike verering gaan betoon. Grieke en Romeine dra later hierdie tydperiode op aan die godin Juno en vernoem dit ook na haar.
[14] Die vraag is nou hoe die mense dan aan hierdie godin gekom het, en hoe sy aan haar goddelike persoonlikheid kom. Die menings van die geleerdes daaroor loop uiteen, hoewel dit wel enige waarheid bevat. Maar die oorsprong lê tog in dit wat, net soos by die persoonlikhede van Castor en Pollux, in die loop van tyd versin word.
[15] In die tyd van die krewe word dit al te warm vir liggaamlike arbeid, en daarom gebruik die mense hierdie tyd vir die doen van geestelike ondersoek in groot skaduryke tempels, waarvan die oerbewoners van hierdie land al `n aantal gebou gehad het.
[16] `n Sleutelvraag vir die begin van alle geestelike ondersoek, het betrekking op die moontlikheid om die suiwer godheid ook êrens in die materie te kan vind.
[17] Soos wat alle vrae van die wyses baie kort was, maar `n baie uitgebreide antwoord oproep, was ook hierdie sleutelvraag erg kort. Dit lui : 'Je un o?' Dit beteken: 'As die goddelike hom verdeel het, kan dit dan deur dit bymekaar te bring, weer `n goddelike geheel word?'
[18] Julle dink nou: 'Hoe kan dié paar letters so `n hele sin voorstel?' Dit sal vir julle só wel duidelik word! - Die u word deur die ou Egiptenare voorgestel deur `n halfsirkelvormige lyn, wat van bo oop was en waarvan die einde gestrek was (U) en stel `n vat voor om al die goddelike wat van bo na die mense op aarde kom in op te neem. Dit spreek vanself dat die oues daarmee vernaamlik geestelike gawes van die lig vir die siel van die mense bedoel.
[19] Die N word deur `n soortgelyke, na benede gekeerde halwe sirkel voorgestel (O) en was die teken vir die dooie, heeltemal gees- en liglose materie. Die ronde dakke van talle huise en veral van die tempel kry daarom die vorm van die omgekeerde halwe boog om aan te gee dat op dié plek die goddelike hom met die materie verbind, daarin `n tydelike lewe skep, en hom op bepaalde oomblikke aan die mens openbaar. Daar kom dan ook die ou sleutelvraag uit voort: 'Je u n o ?', omdat die o staan vir die hele suiwer godheid.
[20] Die antwoord op hierdie ou sleutelvraag lui dat alle geskape materie sig tot God in `n verhouding soos `n vrou tot haar man en gebieder plaas. God verwek in en deur die materie altyd maar deur Sy miriades veelsoortige kinders. Hy bevrug die materie sonder ophou met Sy goddelike, geestelike invloed, en die materie baar vir Hom sonder ophou die tallose in haar verwekte kinders. - Dit was tog helaas wel `n heel verhewe gedagte wat die ou wyses op die genoemde hoofvraag as antwoord opgestel het!
[21] In die loop van tyd, veral tydens die latere heeltemal sinlik geworde nakomelinge, bly nouliks `n afskaduwing oor van die ou Egiptiese wysheid en die mense maak van die vraag ‘Je un o’ en van die vroulike van alle materie dadelik maar `n eie godin. Sonder enige begrip vir wat dan ook al, gee die mense die godin eers die naam ‘Jeu no’, later slegs maar Juno, en hu haar uit aan die net so min bestaande god Zeus.
[22] Op wyse en natuurlike gronde baseer die ou wyses hul mening dat die materie hard, onbuigsaam en nie meegeeflik is nie, en hulle dag om dit slegs met groot vlyt en baie moeite iets aan te kan ontruk. Hierdie ou, deur die ou geleerdes by die materie ontdekte onvolkomenhede, dig die latere nakomelinge toe aan die godin Juno. Dit was dan ook die rede waarom Zeus altyd moeilikheid met haar het. -Verstaan julle nou julle godin Juno?"
[23] Helena sê: "Ek versoek u, beste Mathael, gaan tog verder. Ek sou so goed ononderbroke, dae lank na u kon luister! U verhaal is weliswaar nie so vol beelde en so opgesmuk as by Homerus nie, maar dit is wys en waaragtig, en dit is meer werd en talle kere aantrekliker as al die betowerende, bloemryke taal van die groot minnesangers! Gaan dus asseblief ongestoord verder met u verhaal!"
[24] Mathael sê: "Jy wil my tog nie vlei nie! Want sien, die waarheid moet verstaanbaar, maar nooit vleiend wees nie! Maar ek weet dat jy nie vir my nie, maar slegs die waarheid vlei, wat nie van my nie, maar van God kom, en daarom kan ek verder gaan. "
|
|
|
|
|