Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die voorspellings oor die menswording van JaHWeH

167 Ek het dit nog net gesê, of Markus was al daar en sê dat die middagmaal gereed was, en of hy dit nou moes laat bedien, want dit was intussen al die negende uur van die dag (drie uur in die middag).

[2] En Ek sê: "Laat dit maar bedien, want die verwagte gaste is al hier en almal is aanwesig!"

[3] Toe roep Cornelius die ou Markus en sê: "En, ou wapenbroer, ken jy my nog? Weet jy nie meer dat jy in Illirië en Pannonië by my was nie? Ek was toe nog meer `n seun as `n krygsman, maar sedert daardie tyd het daar reeds 45 jaar verbygegaan en ek is al byna 60!"

[4] Markus sê: "O, geëerde gebieder, dit lê my nog vars in die geheue! Destyds moes daar behoorlik streng opgetree word om die twissieke en rusiesoekende mense redelik in toom te hou. Aan die Bo-Ister (Donau) in die omgewing van die gehuggie Vindobona (Wenen) het dit in die begin werklik nie so goed gegaan met ons nie, maar na `n paar jaar was die saak in orde, en ons het daar goeie, gesellige uurtjies beleef.

[5] Die sedes en gebruike van die Germane was vir ons Romeine wel ietwat ru. Toe ons egter vir hulle langsaam maar seker, `n ietwat vryer geestelike ontwikkeling bygebring het, was dit daar die beste uit te hou. Die wyn wat deur hulle gemaak word was wel waterig en suur, maar dit was wel drinkbaar as jy eenmaal daaraan gewoond was.

[6] Maar nie ver van die gehuggie Vindobona, stroomop van die Ister, waar ons `n takbokjag gehou het, en daar ook, glo ek, veertig stuks neergeslaan het, vind ons `n Germaanse siener en priester met `n lang baard, wat gedurende ons takbokjag op `n eik gesit en kyk het na ons geveg met die takbokke. Hierdie man het `n bietjie Romeins gepraat en sê toe aan albei van ons, toe ons `n takbok onder sy eik doodmaak:

[7] “Onthou dit goed, moedige seuns! In Asië, in die land agter die water, wag daar groot dinge op julle! Daar sal julle iets sien wat nog geen sterfling gesien het nie! Hier heers slegs die dood. Soos die magtige takbok gedood word deur die skerpte van julle lanse en swaarde, so vergaan alles hier in die land van die dood! Maar in Asië bloei die lewe, wie daar sal is, sal ewiglik geen dood sien nie!”

[8] Daarna hou hy toe op, en toe ons verder by hom aandring, het hy ons geen antwoord meer gegee nie en ons gaan verder, op soek na meer takbokke. - Maar kyk, die ou het toe tog werklik geprofeteer en ons belewe dit nou wat die ou Germaan aan ons voorspel het!"

[9] Cornelius sê: "Kyk nou net, die ou Germaan was al byna vergete gewees! Warempel, jy het gelyk! Daaroor moet ons eers nog verder met mekaar praat!"

[10] Die ou Markus plaas, bygestaan deur die bediendes van Cyrenius en Julius, die spyse op die tafels neer en Cornelius sê aan My: "Heer, hoe vind U die voorspelling van die Germaan wat hy my en die ou Markus, wat miskien tien jaar ouer kan wees as ek, so vele jare gelede in Europa gegee het?"

[11] Ek sê: "Alle volke wat êrens op die wye aarde woon, besit `n reeds aan die eerste mens gedane en gegewe profesie oor My, en oor My huidige neerdaling na die mense van hierdie aarde. Hulle priesters sien altyd kans om deur legendes en deur die innerlike drang in hul harte `n sekere weg te baan na `n geestelike aanskouing, en hulle het voorspellings in beelde gedoen, wat natuurlik baie duister was, en wat hulle self ook nie verstaan het nie.

[12] Slegs by herhaalde geestelike vervoering kom sommiges so nou en dan tot beter insigte, en verklaar dan hul vroeër ontvange gesigte ietwat nader.

[13] So was dit ook by die Germane. En die betrokke Germaan het hom juis in `n heldersiende ekstase op sy eik bevind, waarvan die uitwaseming, tesame met die angs vir julle lanse en spiese, hom gehelp het om in ekstase te kom, - en hy het aan julle `n voorspelling gemaak. Toe hy weer na die voorspelling ontwaak, het hy niks meer geweet van wat hy aan julle gesê het nie, en kon daarom geen antwoord op julle verdere vrae gee nie.

[14] Kyk, daaruit bestaan die wesenlike van sulke voorspellings! Glo My of nie, maar die heks van Endor was toentertyd óók in `n heldersiende ekstase toe Saul haar opgedra het om die gees van Samuel vir hom op te roep, hoewel sy origens slegs in kontak gestaan het met onnatuurlike, bose geeste, en daardeur slegs leuens, arglis en bedrog voorspel het.

[15] Geen mens is so dood en sleg dat hy nie op `n bepaalde moment `n korrekte voorspelling sou kon doen nie, maar dit staan dan nie nou meteens borg vir al sy gedane voorspellings nie, maar is alleen as sodanig waar.

[16] So het die orakel te Dodona, en die te Delphi wel `n baie wyse voorspelling gedoen. Maar op één waaragtige volg dan baie valse en leuenagtige.

[17] So kan ook nie ontken word dat bepaalde heldersiendes en profete selfs wonders gedoen het nie. Maar daarteenoor staan, dat ander deur die inblasing van die bose geeste, en deur hul wêreldse verstand wat daardeur geprikkelde word, baie nagemaakte wonders uitgedink het en hele volke jare lank daarmee om die bos gelei het. Daarby leef hulle goed en sorgeloos, tot daar dan deur ware sieners `n einde gemaak word aan hul lae praktyke.

[18] Maar dit gaan nie altyd so maklik nie. `n Eenmaal beetgenome volk laat hom nie sondermeer so maklik op die goeie spoor sit nie, en die volk se leuenagtige priesters nog baie minder, omdat hulle groot, wêreldse profyte daardeur op die spel op die spel geplaas sal word.

[19] Julle almal het nou die geleentheid om julle hiervan te oortuig hoe swaar dit selfs vir My moet gaan. Tog gebruik Ek `n taal wat `n siener vóór My nog nooit gebruik het nie, en Ek doen dade waarvan mens vóór My koms nog nooit gehoor het nie! Die hele hemel staan oop, engele daal af en dien My, en getuig van My. Desondanks is daar selfs leerlinge wat nog altyd by My was en alles gesien, gehoor en meegemaak het by wie die geloof nog altyd soos `n windvlaag is, en soos `n swakke rietstingel wat deur die wind, waar die ook vandaan mag kom, in elke rigting gedraai word! Nou, hoe moet dit dan met die ander, wêreldse mense daar uitsien!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205