Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Misplaaste vertroue

200 Ek gaan nou weer na die Perse toe en sê, terwyl Ek My hoofsaaklik tot Skabbi rig: "Wel, wat het julle intussen afgespreek? Beskou jy My nog as `n sluwe jakkals, wat maar net daarop uit is om julle almal vanweë die Messias van die Judeërs, wat deur die Romeine gevrees word, ter beregting in die onverbiddelike hande van die huidige wêreldheerser oor te lewer? Lyk Ek dan werklik soos `n veragtelike verraaier?"

[2] Skabbi antwoord `n bietjie verleë: "Goeie, verhewe Vriend! Meestal is ons gesig wel `n spieël van die siel, - maar nie altyd nie! Ek het `n mens geken wie se uiterlike net so volkome gelyk het soos `n saggeaarde en trouhartige engel soos dit vir `n gesonde oog gelyk het en tog was dit slegs `n natuurlike masker, maar die mens was in sy hart `n baarlike* Satan in ‘optima forma’! (ten volle) Hy was vanweë sy mooi en sierlike gestalte selfs `n gunsteling aan die hof en ook in alle moontlike kunste en wetenskappe was sy verstand so helder soos die mooiste voorjaarsmôre, maar sy hart was swarter en duisterder as die fiktiewe Styx (`n rivier in Hades) van die heidene! Wee elkeen wat hom ooit vriendskaplik benader het! Dit was alles verlore! Die vroue het hom soos besetenes agternageloop, ofskoon elke vrou wat hom benader net so seker `n slagoffer geword het as `n reëndruppel wat nie meer deur die wolk vasgehou kan word nie, en op die aarde val! Maar hy was altyd die onskuldigste, vriendelikste en suiwerste mens! Oral word alles maar net veroorsaak deur onvoorsiene omstandighede. Dit was merkwaardig dat die ongelukkige omstandighede hom nooit getref het nie. Hy kom oral heelhuids daarvan af, slegs diegene wat in sy omgewing gekom het, was altyd hard deur die bose toeval besoek! O, vir sy koning was hy die getrouste dienaar, maar vir elke ondergeskikte was hy `n wonderlike lieflike duiwel! (* sonder vermomming)

[3] In die stad van die koning het `n ryk Griek, wat hom egter tot ons geloof bekeer het, met `n jong, wondermooie en lieftallige vrou wat haar man so trou en toegeneë was, soos my regterhand my liggaam is en ook die wil van my hart. Dit het egter nie so lank geduur nie of die sjarmante duiwel van `n man hoor van die mooi vrou en aanstons was sy kom en gaan so aangepas, dat die vrou hom wel moes teëkom. Die toeval wou dit hê dat die Griek op `n gegewe oomblik in `n afskuwelike klagteprosedure verstrik geraak het met `n gebore en getoë Pers, vanweë `n geweierde terugbetaling van `n baie aansienlike en regmatige skuld wat die Pers by ons Griek gemaak het. Die Pers het sy landgenote as skeidsregters gehad, en hulle het dieselfde aard as hy gehad en daarom kon ons Griek geen reg op die trouelose Pers uitoefen nie en sy woord kon nie standhou teen die Pers nie. Toe sê die vrou, wat wel geweet het dat die skone howeling sy oë al hoe gretiger op haar laat rus: 'Wat dink jy hiervan, as ons die mooi howeling so ver sou kan kry om ons goeie reg by die koning aanhangig te maak?' Die Griek sê: 'Ja, ek weet dat hy jou wel met baie begerige oë aankyk en één woord van jou of van my sou baie kan doen, ook al sou daar alleen maar `n totale sinlose hoop getuienis teenoor ons staan, maar `n mens hoor oor hierdie mooi howeling beslis niks goeds nie! Ja, `n mens sou eerder sy vyand as sy vriend wou wees! Wie so vriendelik met hom omgaan, word sonder meer baie ongelukkig! Daarom skyn dit my met verlies van ons vordering ons die minste van die twee in hierdie bose te wees en ons sal beter daaraan toe wees om die eerste en kleinere aan Majesteit God as offer te bring.'

[4] Daarmee was die mooi, jong vrou heeltemal eens. Maar kort daarna kom ons howeling self na die huis van ons Griek om iets daar te koop, want ons Griek was `n juwelier en het edelstene in goud en silwer geset. Hy het hom baie vriendelik en sjarmant gedra en boesem die Griek vertroue in, hoewel die vrou nou baie goed merk dat sy onwillekeurig bang was vir hierdie aandag van hierdie tewens ook baie ryk en uiters vrygewige man. Want sy het nog nooit gesien dat iemand dadelik die eerste gevraagde prys vir `n juweel betaal het sonder om iets daaroor af te kibbel nie. Daaragter moes iets anders gesteek het!

[5] Die Griek, wat daardeur in `n baie goeie bui was, sê: 'Ag, hierdie man moet maar net vanweë sy skoonheid en beskeidenheid en sy voorreg by die hof baie benyers hê, wat hom beskryf as `n afskuwelike wese en wat hom by die hof verdag wil maak; hy praat egter so kalm en wys soos `n profeet! Waarlik, agter hierdie mens kan niks boos skuil nie!' Dit duur nie lank voordat ons howeling weer by ons Griek uitkom en `n groot in goud gesette diamant koop vir sy tulband wat die koning hom gegee het. Die prys van die diamant bedra honderd pond goud, wat die howeling ook dadelik aan voldoen, want hy het altyd `n groot gevolg by hom gehad wat die nodige skatte vir hom moes dra. Maar die Griek sê aan hom: 'Skone, wyse en baie verhewe vriend, help my slegs aan my geld wat ek nog te vorder het van N.N.* - en dan is hierdie kosbare aankope betaal! U woord vermag alles by die groot koning; ek sal u dankbaar wees!' (* n.n.= nomen nescio= die naam ken ek nie.)

[6] Toe sê die howeling: 'More sal u saak bereg word, maar aanvaar desnieteenstaande hierdie goud vir u juweel! Maar omdat ek u heeltemal gratis `n groot diens bewys het, vra ek van u slegs `n geringe teenprestasie. Oor sewe dae organiseer ek op die verjaardag van die groot koning `n groot fees in die groot paradys tuin en ek nooi u uit na die fees, waarby u dan saam met u vrou in feesklere moet verskyn. Ek sal u daar aan die groot koning voorstel en u met u vrou na die koning se tafel bring, waar u en u vrou dan baie gunste kan vra!'

[7] Vir die Griek kom dit baie geleë, omdat hy altyd graag `n hofjuwelier wou word. Maar die vrou sê: 'Ons kan dit nou nie meer verander nie, maar daar sal niks goeds van kom nie, nie vir jou nie en nog minder vir my! Hierdie mens het bose bedoelings met my en dit kan gebeur dat jy aan my sy geoffer sal word! Die beste sal wees om alles in te pak en op die vleuels van die wind pad te gee, vóór die ongelukigsbarende sewende dag sal aanbreek!'

[8] Maar die Griek sê: 'Liewe vrou, versigtigheid is goed, maar om `n groot wantroue te koester teen mense wat iemand nog nooit daadwerklik rede daartoe gegee het nie en van wie `n mens ook niks anders weet as wat bose tonge oor hom versin het en valslik uitgebroei het nie – iets wat `n man van eer baie gou oorkom - is net so onverstandig as `n immorele ligsinnigheid!' Die sagsinnige vrou neem genoeë met hierdie baie verstandige teregwysing. Die volgende dag moes die skuldige Pers die Griek alles betaal.

[9] Die rampsalige, sewende dag breek aan soos `n onoorkombare noodlot en die mense gaan feestelik gekleed na die paradys van die koning. Daar was oral vlamme en lig. Van alle kante straal die goud en edelgesteentes meer as die helderste sterre aan die nagtelike hemel, en musiek en gesang klink deur die lane van die groot tuin wat met digte loof omhein was. Beide hoef egter nie lank te gewag het voordat hulle deur ons howeling ontdek word nie en dadelik in die groot tuintempel aan die koning voorgestel word en vriendelik deur hom ontvang is. In die midde van die groot suiltempel was `n groot aantal onbeskryflike mooi tafels en sykussings opgestel en op die tafels staan groot goue bakke vol van die heerlikste geregte, en in groot kristalbekers skitter kostelike wyn en nog `n aantal ander kruiedranke. Ons Griek moes aan die tafel langs die groot koningstafel sy plek inneem, maar sy mooi vrou word aan die koningstafel geplaas. Die mense eet en drink `n tyd lank baie gemoedelik. Maar ons Griek begin baie gou baie siek te voel, want hy het `n drankie wat met gif vermeng was, ingekry en hy moes na sy huis gebring word. Die vrou word egter na die vertrekke van die koning gebring en moes daar onder bedreiging van die dood alles met haar laat doen, net so lank as wat hulle genoeg van haar gehad het. Hoewel die Griek nie van die gif gesterf het nie, is hy nog tot op hierdie oomblik verlam, en hoe toegetakel sy vrou daar uitgesien het toe sy na sewe dae tuiskom, kan elkeen homself wel voorstel!

[11] Dit was die resultaat van `n te vinnige vertroue in `n mens, wat uiterlik aan elkeen alle vertroue ingeboesem het, terwyl sy hart deur `n hele horde van die ergste duiwels bewoon was. Die twee egter, wat dit nie so lank gelede beleef het nie, sit vanweë hulle swakte daar eenkant en kan dit wat ek nou vertel het met hulle eie woorde bevestig! Vriend, as `n mens sulke dinge meegemaak het, weet `n mens werklik wel waarteen `n mens versigtig moet wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205