Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die vrye wil van `n engel

244 Murel sê: "Dit sou altyd heerlik, goed en mooi gewees, as jy maar iets daaroor geweet het! Wat sou jy daarvan dink as ons goeie, hemelse vriend ons iets kan vertel oor die morester? Want as ons leraars word van die lewende werk van God, kan ons nooit teveel van alle moontlike dinge weet nie! Want ons sal te doen kry met allerlei soorte mense, wat alles vir ons sal vra. As ons nie in staat sal wees om voldoende duidelikheid aan hulle te gee nie, sal hulle by ons weggaan en ons bespot en verag, maar as ons hulle alles voldoende sal kan uitlê, sal hulle daarna ook na ander dinge luister en ons evangelie aanneem! Philopold, wat sal jy iemand antwoord wat jou sou gevra het wat die morester nou presies was?"

[2] Phlopold sê: "Vriend! Dan sou ek hom daarop wys dat hy dit self en deur eie waarneming te wete kan kom, as hy sy lewe sal inrig volgens die hemelse verlossingsleer. Doen hy dit egter nie, dan help al my uitleg hom ook nie, omdat hy homself nie van dit alles sou kon oortuig nie. Niemand is trouens met die blinde geloof gediend nie. Vandag glo hy dit, maar more kom hy iemand teë wat hom meer oortuig en dan glo hy dat, slegs op sy woord, natuurlik met weinig nut vir sy lewe, soos toe hy die dag tevore vir óns geglo het.

[3] Die mens moet daarom so ver gebring word dat hy die wese van die naby dinge en ook van die ver dinge in homself kan sien, homself daarvan bewus maak en dit dan in die lewende lig van so `n innerlike bewussyn bekyk. As hy dit so ver gebring het, wat werklik nie onmoontlik is nie, het hy geen onderrig van ons meer daaroor nodig nie!

[4] Na my mening doen ons genoeg as ons die mens die enigste ware en duidelike lewensweg laat sien. Al die ander sal dan wel vanself kom, soos ook ons hemelse vriend dit so mooi aangetoon het dat `n mens in `n sekere sin slegs die regte vrug in `n akker hoef te lê, waarop dit dan uit homself voortbring en tot wasdom kom. Maar vir onsself en vir óns bemoediging kan die hemelse bode ons net so goed die oë open vir die sien van die morester, soos wat hy destyds deur die gal van `n vis die ou Tobias se oë geopen het, want hy blyk my dieselfde Rafael te wees wat eers die jong Tobias begelei het*!" (*sien Boek van Herinnering)

[5] Mathael sê: "Jy sou op die beste gelyk kan hê! Die name is dieselfde en die wysheid ewe-eens, en in die geval is ons hemelse vriend `n egte oogarts en kan hy ons die morester beter van naderby belig as hy wil en mag! Want by hom hang alles baie sterk af van die wil van die Heer. Self het hy geen eie wil soos wat ons volkome ons eie en vrye wil het nie."

[6] Rafael merk toe op: "Jy het baie mooi gepraat, maar uit die aard van die saak is my wil ook nie so gebonde soos wat jy dink nie! Ek is ook `n houer en nie net `n suiwer uitstraling van die goddelike wil nie. Ek voel baie goed wat ek wil en daarna wat die Heer wil.

[7] Ek neem die wil van die Heer egter makliker, duideliker en vinniger waar as julle mense, en dan maak ek my wil met die snelheid van `n gedagte heeltemal ondergeskik aan die wil van die Heer, en daardeur kan ek dan ewegoed gesien word as `n suiwer uitstraling van die goddelike wil. Ondanks dit, het ek tog heeltemal `n vrye wil en ek sou net soos `n mens téén die wil van die Heer kon handel. Dit is egter tog nie moontlik nie, omdat ek die Wysheid in so `n groot mate besit dat ek self lig is uit die goddelike oerlig, te veel die ewige, onveranderlike regverdigheid van die goddelike wil soos die allerhoogste lewensgoed van alle mense, engele en wêrelde erken, en daarom uit eie oortuiging slegs die duidelik herkende, goddelike wil tot uitvoering sal bring, en dan myne altyd volkome ondergeskik sal maak aan die goddelike Wil van die Heer.

[8] As julle dus wil dat ek vir julle die morester moet onthul, wat die heidene 'Venus' noem, kan ek dit volgens my eie wil wel doen, as die wil van die Heer nie daarteen is nie. Sou dit egter die geval wees, dan sal ek julle verseker geen uitleg gee nie. Wat ek vir julle sê, is dus afkomstig vanuit my kennis en wysheid, wat egter natuurlik niks anders kan doen as die goddelike nie, omdat die goddelike wil altyd maar net deur my gloei, wat my laat handel en praat. As julle dus die morester na aard en werklikheid wou ken, sal ek julle wel die plesier aandoen en haar deur julle laat sien." – Al drie sê: "Doen dit, lieflike, hemelse vriend!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205