Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael twyfel aan die belewenisse van Jarah

126 Jarah sê: "O, baie graag, - maar julle sal my miskien nouliks glo! U, beste Mathael, weet baie van die sterre, maar ek miskien nog meer. Dit is egter nie my verdienste nie, dit is slegs `n suiwer, buitengewone gawe van die Heer. Wag, ek sal u iets vra! As u `n bevredigende antwoord daarop kan gee, weet u net soveel soos ek, maar as u geen antwoord daarop het nie, dan sal ek so vry wees om u baie van wat ek weet te vertel. - Wat dink u wat die klein sterre aan die uitspansel is?"

[2] Mathael antwoord: "Liefste Jarah, die vraag is wel baie vreemd!Oor die son, die maan en nog ander planete sou ek jou miskien wel `n bevredigende antwoord kan gee, maar die oog van my siel het nog nooit tot aan die vaste sterre deurgedring nie. Ek vermoed dat dit ook verre wêrelde is, soos wat die Heer ook al vroeër daarop gewys het, maar hoe dit nou so presies daar uitsien en wat hul natuur en wese is, dit kan ek jou natuurlik nie vertel nie, en dit sou ek daarom graag van jou wil hoor, as jy my iets daaroor sou wou vertel!"

[3] Jarah sê: "Beste Mathael, as u nie kan glo dat ek `n paar van hierdie sterre in lewende lywe besoek het nie, help my relaas u weinig of niks! Maar as u dit kan glo, kan ek u wel iets daaroor vertel!"

[4] Mathael sê: "My allerliefste kind, daarmee stel jy die geloof wel baie hard op die proef, want fisies is daar geen moontlikheid denkbaar nie. In die gees, in `n soort geestelike vervoering is so iets wel moontlik, en ek is graag bereid om te glo wat jy my oor die ver verwyderde, vaste sterre sê en wil vertel. Maar as jy sê 'in lewende lywe' dan kan ek dit alreeds nie glo nie, en die verhaal, wat miskien op sigself heeltemal waar en korrek is, verloor baie van sy waarheidsgehalte as die inleidende sin `n pure onmoontlikheid inhou."

[5] Jarah sê: "Waarom moet dit dan onmoontlik wees dat ek met huid en haar en met my vlees en bloed op `n paar van hierdie sterre was? Is alle dinge dan nie by God moontlik nie?"

[6] Mathael sê: "O, sekerlik, by God is geen ding onmoontlik nie, maar God het `n bepaalde orde vasgestel, en hierdie orde is `n wet wat Hy Self uitermate gewetensvol hou, en ook moet hou omdat die hele skepping andersins nie in die volgende oomblik meer sou bestaan nie. Die Heer doen hier baie wonders, maar vir die oplettende toeskouer is almal altyd binne Sy ewige, heilige orde.

[7] Toe die mens vanaand `n langer dag verlang, het Hy nie die aarde of skynbaar die werklike son laat stilstaan nie - wat volgens Sy hoogste eie woorde teen Sy orde sou wees - want as Hy so iets sou doen, dan sou al die lewe op aarde as dood opgeskryf wees. Wat nie deur die verskriklik kragtige, sentrifugale krag vernietig sou word nie, sou `n nog sekerder dood gevind het in die golwe, wat al die vaste lande sou oorspoel.

[8] Kyk, met my huidige kennis van die aarde en haar luggebiede, weet ek dat op `n hoogte van slegs tien uur bo ons, geen lewende wese sou kan bestaan nie, net soos wat `n vis nie sonder water kan nie, hoewel `n vis tog nog langer buite die water aan die lewe sou kan bly as `n mens op tien uur hoogte bo die aardbodem. Maar dink jou nou eers die eindelose afstand van hierdie aarde tot een van die vaste sterre in!

[9] Die afstand van ons tot die son, wat my vrye siel presies kan afmeet, is al iets ontsettends. `n Afgeskiete pyl sou met `n snelheid wat nie afneem nie, meer as vyftig jaar moet vlieg voordat hy die son sal bereik. Maar volgens die gevoel van my siel, wat weliswaar nie volkome betroubaar is nie, is die naaste sigbare vaste ster al tien maal honderd duisend maal verder van ons verwyder as die son, en `n afgeskiete pyl sou dit dus oor tien honderd duisend maal vyftig jaar doen! As `n mens egter so vinnig sou gaan soos `n pas afgeskiete pyl, sou die weerstand van die lug hom oombliklik verskeur, maar wat sou daar dan egter met hom gebeur as hy in `n paar oomblikke die ontsettende afstand moes aflê?! Wat sou daar dan van sy vlees en bloed oorbly?!

[10] Kyk, die natuurwette is ook deur God gegee en kan slegs tesame met die natuur opgehef word. Maar solank daar `n natuur bestaan, so lank bly die onveranderlike natuurwet ook. Daar kan geen uitsonderings wees nie, want `n so klein uitsondering sou `n onberekenbare storing teweegbring in die hele aard van die dinge, wat almal as skakels van `n ketting aanmekaar vassit. As daar ook maar één skakel stukkend gaan is die ketting haar bindende werking kwyt! Dit is nou my redes waarom dit my voorhande nie so goed moontlik is om te glo dat jy werklik liggaamlik na `n paar vaste sterre gereis het nie.

[11] By God kan wel heel baie nog moontlik wees wat ek nou ondanks al my wysheid nog lank nie kan verstaan nie, maar jou bewering, liefste Jarah, verloor homself tog `n bietjie al te ver in die buitengewone. Dit kan ek nie as waar aanneem nie, alvorens jy dit nie vir my verstaanbaar uiteensit hoe dit moontlik kan wees en met die ewige goddelike orde in ooreenstemming kan wees nie.

[12] Jy moet egter nie daaroor boos word nie, want ek wys dit tog nog nie volledig af nie. Ek kan dit net na aanleiding van die genoemde redes, wat tog ook nie uit die lug gegryp is nie, nie vir my as oortuigend aanneem nie. Maar miskien het jy wel deurslaggewende, ware bewysgronde vir dit wat maar vir my nog nie heeltemal duidelik is nie! As jy dit het, sê dit dan vir my, en ek sal in die vervolg aan niks van wat jy sê meer twyfel nie!"

[13] Jarah sê: "Ja, ja, u is werklik wel `n baie wyse en uitermate verstandige man, maar in alles het ook u tog nog lank geen insig nie! Kyk, as Rafael iets sou wou doen, kon hy my maklik in `n oogwink `n paar bewysstukke uit die natuur besorg wat ek van hierdie sterre as aandenking en as bewys het dat ek werklik daar was, en saam na hierdie aarde geneem het. Maar daar is met hom niks te begin nie, en daarom kan ek u nie die tasbare bewys gee nie. Ook sou u as natuurlike mens ook dan nog aan die egtheid kan twyfel, maar u siel, wat met die goddelike gees vervul is, sou tog seker maklik sien dat die saamgebringde herinneringe nie aards is nie. Want dit is so pragtig en kosbaar dat alles wat op die aarde kosbaar is, waardeloos daarby vergeleke is. Dit sou `n keiserlike sieraad van onskatbare waarde wees! - Maar laat ons maar daaroor ophou, dit begin in die ooste te skemer! Die sabbat gaan kom en ons moet ons op hierdie dag van die Heer voorberei!"

[14] Mathael sê: "Daarin het jy heeltemal gelyk, maar kry ons dus nie vandag nog iets te hore as nadere bewys van jou liggaamlike besoeke aan verskeie vaste sterre nie!?"

[15] Jarah sê: "Hoe dan? U teenbewyse lê te vas veranker in die bestaande, onveranderlike, goddelike orde, en ek kan u vir my werklike besoek aan die vaste sterre geen ander bewys gee as om te sê dat by God alle dinge, wat vir die menslike verstand so onmoontlik lyk, tog moontlik is.

[16] Het u die tyd bereken en gemeet waarin die Heer deur my Rafael, die skepe van Ouran vanaf die middel van die see na die oewer laat verplaas het? Wie het by die baie vinnige verplasing ook maar één skrapie opgedoen? Hoeveel tyd het Rafael nodig gehad om Ouran se groot woontente en al sy meegaande, gedeeltelik selfs baie breekbare besittings uit die skepe baie ordelik op die oewer te bring?

[17] Het u nie die snelskrif van Rafael gesien nie?! Is dit, as u dit ook maar `n bietjie ernstig opneem, nie in teenspraak met die gewone natuurwette nie, terwyl u dit tog met u eie oë gesien het?! Kan u beredeneer dat dit onmoontlik was?!

[18] Kyk, ek kan u dit sê, omdat ek, soos geen vorige lewende wese op hierdie aarde, dit aan die lyf ondervind het, dat daar in die eindelose wêreldruim sulke verskriklike groot sonwêrelde is dat hulle, as hulle hol sou wees, van binne `n groter ruimte sou hê as die hele wêreldruimte wat u hier sien tot aan die vaste sterre van die eerste, tweede en derde grootte! Hierdie reusagtige sonwêreldliggame, waaromheen hele melkwegstelsels met talloos talle sentrale- en planetêre sonne beweeg, beweeg hulle vir die verkryging van energie eweneens weer om `n nog eindeloos groter sentraalsonliggaam, en die beweging is so vinnig dat u gedagte nie eers vinnig genoeg is om haar in te haal nie!

[19] Vanaf hier tot elke vaste ster van die eerste, tweede, derde en selfs vierde grootte sou die vlug nouliks sewe sekondes lank duur en ons maak met ons son en met ons planeetsentraalson, wat met die voorgenoemde, en omskrewe sentraalsonliggaam dieselfde vinnige, wye, omsirkeling meemaak, presies dieselfde beweging onafgebroke mee, en dit is beslis so volgens die natuurwette en volgens alle hoë berekenings! Voel u daarvan, of word die een of ander wêreldliggaam of ons self, in die war gebring, as ons so vlug so `n onmeetlike afstand in die oneindige skeppingsruimte aflê?

[20] As sulke enorme wêreldliggame egter, ongeag hul aard met so `n ondenkbare snelheid kan voortspoed, hoeveel makliker sal dit dan met `n liggaam soos myne gaan, as die Heer dit wil!?

[21] Het u nou `n ietwat duideliker insig in die moontlikheid dat ek werklik met my liggaam na `n paar van die naaste, vaste sterre gereis het?"

[22] Mathael sê: "O meisie, `n hele hemel vol wysheid woon in jou en ek begin nou werklik die moontlikheid te glo van die merkwaardige wat jy oor jouself vertel het! Maar vertel nou niks meer daaroor nie, want ons siele staan nog nie voldoende oop om die groottes te verstaan nie. Daarvoor het ek self nog `n aantal jare nodig, alhoewel my siel tog al aardig verlig is."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205