Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die lewe is `n stryd, sowel uiterlik as innerlik

61 "Kyk, binne in `n huis heers al sedert lank `n groot wanorde, alle kamers is vuil en lê vol rommel. Maar die meester van die huis is altyd maar buite besig en gun hom daarom nie voldoende tyd om sy huis van binne skoon te maak nie. Omdat hy snags egter tog daar moet slaap en dan die bedompige lug inasem, word hy siek en swak, en dit sal vir hom dus steeds moeiliker wees om die huis skoon te maak en in die onrein lug te genees.

[2] Wel, so is jou hart ook die huis van jou siel en veral van jou gees! As jy egter altyd na buite gerig besig is, wanneer sal jy dan jou lewenshuis skoonmaak, sodat jou gees hom in die gesonde lug van jou siel sal kan ontwikkel?

[3] Daarom is daar vir die groei van die siel en die gees daarin, by alles wat jy doen, uiterlike rus nodig!"

[4] Suetal sê: "Maar Mathael het gesê dat die lewe `n stryd is en dat mens dit nie kan bereik met behaaglike, liggaamlike rus nie. Mathael sê dus iets anders as jy en jy nou weer iets anders as hy! Wie van julle het nou gelyk?!"

[5] Rafael sê: "Ek én Mathael! Natuurlik is die lewe `n stryd, egter nie slegs net aan die buitekant nie, maar `n hewige stryd van die binneste teen die buitenste! Die uiterlike mens moet uiteindelik heeltemal deur die innerlike mens oorwin word, anders sterf die innerlike mens tesame met die uiterlike mens! Laat jou liggaamlike tong daarom aan bande lê deur jou innerlike mens, sodat dit rus. Dan kan die innerlike gedagte-tong van die siel aan die werk spring en insien hoe smerig en onsuiwer dit nog daar in haar lewenshuis uitsien!

[6] Moet jou nie bekommer oor al die uiterlike, onbelangrike verskynsels nie, want dit is nie so belangrik of `n mens die oorsaak daarvan ken of nie! Maar herken in die ware sabbatsrus die egte basis van die innerlike lewe van die siel en gees, dááraan moet alles vir jou en elke mens aan geleë wees!

[7] Wat het jy daaraan as jy wel weet en voel dat jy bestaan en leef, maar daarbenewens nie weet of jy die volgende oomblik ook sal bestaan en voel dat jy sal wees nie?! Wat het jy aan alle kennis en nog groter wetenskap as jy jou lewe nie ken en geen wete het van sy oorsprong in jou nie?!

[8] As jy jou innerlike wil ken, moet jy jou sintuie daarvoor na binne rig, net soos wat jy jou oë daarheen moet rig as jy iets wil sien. Hoe dink jy om die sonsopkoms te kan sien as jou oë na die weste gerig is?! Sien jy, wat tog self al rabbi is, nie in dat jy ten opsigte van jou hoogste persoonlike, eie lewensfeer nog so blind is soos `n embrio in die moederliggaam nie?!"

[9] Suetal sê: "Ja, ja, ja, dit sien ek nou baie goed in, en ons sal almal nou swyg soos `n klip standbeeld!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205