|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 78
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Verstand en gevoel
78 Na `n rukkie sê Ribar: "Vriend, teen dit wat jy nou gesê het, sou nog heelwat in te bring wees! Maar omdat jy nog `n groot held met jou verstand is, sal jy tog weer dadelik met iets anders na my toe aankom. Ek wil jou in wêreldse opsig in geen geval ongelyk gee nie, en dit sal met die vorming van die wêreldse mens so gebeur soos wat jy dit nou gesê het. Hierdie ontwikkeling moet altyd die noodsaaklike voorloper wees van die latere, hoëre vorming van die gees, maar dit moet nie reeds die éinde van die vorming wees nie, en dit sal ook ondanks hóé verfynde raffinering, nooit word nie.
[2] Want as die verstand oorspronklik aan ons gegee is as `n reëlaar van ons gevoelens om dit so goed as moontlik te veredel, dan moet tog in die gevoelens wat daardeur ryp geword het, `n bepaalde ooreenkoms te vinde wees met die ryp geworde vrug van `n boom. Om die vrug te laat ryp word was sonlig en warmte natuurlik nodig en ook so nou en dan vrugbare reën. Maar as die vrug eenmaal ryp geword het, sal `n mens dit van die boom afpluk en so goed as moontlik in `n geskikte voorraadkamer bewaar, sodat hy uit homself nog ryper en smaakliker sal word. As jy die ryp vrug egter aan die boom laat hang, sal dit daardeur nie net gladnie beter word nie, maar heeltemal verrot!
[3] En so is dit sekerlik ook die geval met die gevoelens van die mens. As dit eenmaal die regte rypheid bereik het, moet die uiterlike verstand onthef word van die sorg daarvoor en moet die gevoelens oorneem om selfstandig `n hoëre lewensrypheid te bereik, omdat die voorafgaande ryping andersins totaal nutteloos sou wees. Daarom sê ek ook dat ons, omdat ons nie met die verstand verder kan kom nie, nou juis hierdie uiterlike verstand oorboord moet gooi en ons dan vir ons verdere lewensleiding aan ons rypgeworde gevoelens moet oorgee!"
[4] Suetal sê: "Broer, op een of ander wyse staan jy onder `n goddelike invloed! Want ek ken jou, dit is nie jou manier van praat nie! Jy praat al byna net so wys soos Mathael! Ja, kyk nou, ek kan beslis niks meer daarteen inbring nie, want ek is heeltemal deurdronge daarvan dat jy werklik volkome gelyk het en die waarheid praat! Ek is weliswaar nog nie so ver nie, maar ek voel dat dit nou by my ook vooruitgaan. "
[5] Nou sê die ander tien ook dat hulle dieselfde in hulleself begin voel.
[6] Na hierdie gesprekke kom Rafael weer na die twaalf toe terug, tik beide goedkeurend op hulle skouers en sê: "So, so is dit goed, vriende. So beval julle my beter as voorheen met julle benepe verstand, en ek mag nou vir julle sê dat julle heeltemal op die regte pad is!"
[7] Na hierdie woorde van Rafael staan Ribar op, omarm Rafael met al die krag van sy liefde, druk hom aan sy hart en sê baie bewoë: "O hemel en jy, hemelse vriend! Waarom kon ek jou nie al vroeër liefgehad het met al die gloed van my lewe nie!?" - Want vandat Ribar die voete, die hande en die oë van die engel beter bekyk het, het hy dadelik heeltemal tot sterwens toe verlief geword op hom.
[8] Maar Rafael sê: "Vriend, daardie soort liefde is wel beter as glad geen liefde nie, maar dit deug tog nie vir die siel en haar innerlike lewe nie. Jy hou slegs van my gestalte, wat nou my natuurlike uiterlike is, maar die liefde is die eintlike innerlike van die mens en moet hom nooit aan iets uiterlik heg nie, want daardeur word die innerlike gou gelyk aan die uiterlike en so `n weerspieëling van die hel. Dit verdraai die goddelike lewensorde. Die gees van die siel, wat die liefde is, word na buite gerig en kwyn daardeur weg, net soos `n te vroeg gebore baba verwelk wat deur van buite komende geweld te vroeg uit die moederliggaam verdryf is.
[9] My uiterlike mag jou daarom nie boei nie, maar slegs die waarheid wat jy uit my mond verneem - Dit sal jy behou en jou geheel en al vry en in jou siel waarlik gelukkig maak. Laat my tydelike uiterlike maar net vir jou net as bewys dien dat jy sien hoe mooi die volle waarheid gepaard met die liefde in haar reinheid is! - Verstaan jy dit?"
[10] Ribar sê, terwyl hy sy geweldige omarming opgee: "Ek verstaan dit goed, maar by jou aanskoue gaan iemand se verstand op loop!"
[11] Toe sê Suetal vir Rafael: "Dit is al `n ou kwaal by my vriend Ribar. `n Mooi gestalte, manlik of vroulik, kan hy, sonder om hartstogtelik te word, nie weerstaan nie, maar vir my is dit om die ewe. `n Mooi gestalte beval my ook gewis beter as `n lelike, maar hartstogtelik word ek nooit daarvan nie! Tot op hede het ek dan ook alle vroue en meisies, hoe mooi hulle ookal was, volkome met rus gelaat!"
[12] Rafael sê: "Dit is egter geen verdienste van jou nie, maar van jou aard! Want dit is geen verdienste van `n blinde dat hy deur geen wêreldse skoonheid verlei word nie, en dit is geen deug van `n dowe as hy sy ore nie uitleen aan kwaadsprekers nie. Maar mense soos jy kan in hul siel dan ook baie moeiliker gewek word as diegene by wie die geestelike ontwikkeling van die hart aan die begin meer oop staan as by ander aan die einde.
[13] Kyk, by Ribar het die geestelike, al is dit nog ongesuiwer, al met sy liggaam verweef. Iets moois en in sy aard volkome, het hom dan ook dadelik aangetrek omdat al die uiterlik mooie innerlik blykbaar hul oorsprong het in `n gevorderde, geestelike ontwikkeling. Daarom is die in `n sekere sin uiterlik verlief word op `n mooi voorwerp weliswaar `n woordelose, maar tog geestelik wedersydse herkenning en verwarming. Dit moet slegs so vroeg as moontlik al aan `n goeie leiding toevertrou word, waardeur dit in `n sekere sin na die eintlike lewensgrondslag teruggelei word. Dit is nie so moeilik nie, omdat die werklike lewensgees wat homself manifesteer deur die liefde, die eintlik intelligente lewe in die mens is en sodoende dit wat met sy natuur en orde ooreenkom, maklik verstaan en in die praktyk toepas."
|
|
|
|
|