Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Ondersoek van toekomstige egpare

72 Cyrenius sê: "U het so pas iets oor natuurlike middele gesê, waaruit sou dit dan bestaan?"

[2] Ek sê: "Deur op `n natuurlike wyse matig te wees! `n Temperamentele mens verbruik altyd meer energie as iemand wat kalm is. Daarom is warmbloedige mense gulsiger as die koudbloediges en hulle lus in baie en lekker eet en drink groei altyd.

[3] As sulke mense matig word, of op rantsoen geplaas word, waarby `n mens hul vriendelik uitlê waarom `n mens dit vir hulle doen en matigheid en skraler etes aanbeveel, sal die bloed weldra rustiger begin vloei en die wellustige drif sal baie aan krag begin inboet, sonder enige nadeel vir die algemene gesondheid van die liggaam en die siel.

[4] As egter by `n baie veeleisende vrou, ook deur langere handhawing van die goue matigheid, die natuur nog geen merkbare afname toon nie, moet sy by die afgaande maan in die aand die aftreksel van gekookte sennablare met bietjie aalweesap neem, ongeveer vier eetlepels vol. Nie elke dag nie, maar slegs elke derde of vierde dag, en dan sal dit met die verhitte natuur van die vrou wel beter daar begin uitsien.

[5] Eers wanneer dit alles, aangevul met goeie lesse, weinig of niks oplewer nie, kan op aanvraag van die man die vroeër vir hierdie geval bespreekte egskeiding van tafel en bed begin word.

[6] In elk geval moet die koele en deur haar wellustige man geplaagde vrou tien keer eerder aangehoor word - veral as sy haar reeds in geseënde omstandighede bevind - as `n deur sy wellustige vrou geplaagde man. Want `n koele man het behalwe die middele van die moraal nog `n aantal natuurlike tugmiddele waarmee hy die opwinding van sy vrou heel heilsaam kan afkoel, en die warmbloedige vrou sal geen skade daarvan ondervind nie as die man, gedryf deur sy geheim gehoude goeie wil, haar so nou en dan eers ernstig in bedwang hou. Dit moet egter nooit sy oorsprong hê in `n onderdrukte woede of toorn nie, maar altyd in ware naasteliefde, omdat dit anders nie net geen nut het nie, maar net sou skaad.

[7] Dit is nou die kern van alle dinge wat betref die huwelik en alle moontlike sondes, en oral ter wêreld moet die mense hulle daarna rig.

[8] Die staat moet selfs `n wetlike voorskrif maak dat die eenmaal geslote huwelike moreel so goed moontlik gehou moet word, en dat mense wat op een of ander wyse liggaamlike of geestelike gebreke het, nie tot die huwelik toegelaat behoort te word nie, want uit sulke huwelike kan nooit `n volkome geseënde vrug voortkom nie.

[9] Maar ook by mense sonder gebreke moet ondersoek word of die jong bruidegom en die jong bruid vir mekaar geskik is.

[10] As `n gevolmagtigde, wyse ondersoeker sake vind wat moeilikhede kan oplewer, moet hy wag met die toestemming vir die huwelik en die toekomstige egpaar heel duidelik op die kwade gevolge wys, en hul vertel dat die geldige toestemming tot die huwelik nie gegee kan word solank die genoemde sake bly voortbestaan nie.

[11] Ook moet so `n deur die staat gevolmagtigde huweliksluiter die troulustiges die erns en die hemelse, hoë doel van die geslote huwelik goed duidelik maak.

[12] Die gevolmagtigde moet dán eers toestemming gee vir die huweliksvoltrekking as dit blyk dat die troulustiges steeds ernstiger werk aan die oplossing van hul probleme, en maar net wil trou uit werklike liefde vir mekaar. As teken van die onverbreekbare egverbintenis, moet hy die belofte van trou in `n boek opskrywe, met daarby die jaar en die dag van die egvereniging en hy moet altyd op hoogte bly van die latere huweliksomstandighede - hoe dit ontwikkel, goed of sleg.

[13] Daarom moet hierdie wyse gevolmagtigde vir die sluit van huwelike geen vreemde, in `n gemeente binnegekome, maar altyd uit die plek afkomstige mense wees, wat die mense, jonk en oud, byna so goed as hulleself ken. Dan sal die talle slegte huwelike verseker daardeur verhinder word, en daar sal dan baie seën in so `n gereinigde gemeente wees.

[14] Dit sou daarom goed wees as daar in elke groot gemeente `n regterlike mag vir huweliksake sou kom, wat altyd oor alle huweliksake sou waak. Natuurlik sou hierdie regsmag van baie onbesproke gedrag moet wees, en oral aan die hoof daarvan sou `n man moet staan soos Mathael.

[15] Hierdie man sou bo alles by huwelike moet toesien dat `n jong man nooit onder vier-en-twintig jaar, en `n jong vrou nooit onder twintig jaar `n geldige huwelik sluit nie. Want hierdie leeftyd het hulle minstens nodig om voldoende ryp te word vir `n goeie en ook geestelik duursame huwelik. Want te jong eggenotes rig mekaar deur wedersydse wellustige genot ten gronde, vererg hulle gou vir mekaar en so ontstaan die huweliksmoeilikhede.

[16] Daarom moet al die ware geluk voortaan in die huwelik afhang van die genoemde huweliksopperregter. In daardie gemeente waar `n baie wyse opperregter sy belangrike amp sal uitoefen, sal dit ook weldra die mees geseënde daar uitsien.

[17] So `n opperregter sal dan ook die opvoeding en die regte tug van die kinders in die gemeente wat aan hom toevertrou is met oog en hart begelei en hy sal weet om alle narigheid met die geëiende middele te voorkom. Die weerspanniges moet hy tugtig en die yweriges moet hy prys vir al die goeie en ware en hy sal hulle beloon deur hulle te wys op die seën van hul huishouding.

[18] Maar hy moet nie, soos wat dit hier en daar al gebeur het, bepaalde premies uitloof nie, want sulke uiterlike motiewe deug nie vir die geestelike ontwikkeling van `n gemeente nie. Dan sal die lede van die gemeente slegs vanweë die premie met mekaar wedywer in die goeie, en nie uitsluitlik ter wille van die goeie nie, wat die enigste is wat moet tel.

[19] Afgesien van die feit dat sulke huwelike op hierdie wyse suiwerder binne die orde van God gehou word en hulle hulleself altyd sal kan verbly in hulle seënryke vrugte van bo, hoef dit nouliks nog vermeld te word dat daaruit ook vir `n hóé groot staat en die gesalfde hoof daarvan, groot sedelike en natuurlike voordele daaruit moet voortkom, want as `n staat goeie onderdane wil hê, moet hul ontwikkeling reeds in die wieg begin. As ouers goeie kinders wil hê, moet ouers hulle ook al in die wieg begin opvoed, anders word hulle verwilder en word hul ouers tot las in plaas van tot troos en steun op hul oudag.

[20] Bly die huwelike egter goed, dan sal ook uit die huwelike goeie kinders voortkom, en goeie kinders word ook goeie staatsburgers en hulle word dan ook heeltemal in hul hart burgers van God se ryk, en daarmee is dan aan alles voldoen wat die goddelike orde ook maar ooit van die aardse mense kan verlang! - Is dit alles nou vir jou helder en duidelik?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205