|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 233
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die meteoriet
233 Mathael wou juis nog iets sê, toe daar baie laag `n groot, vurige meteoriet oorvlieg en deur sy snelheid `n eienaardige, goed hoorbare, suisende geluid in die lug maak; want hy bevind hom op `n hoogte van slegs agthonderd klafter bo die aardbodem. Agter die meteoriet was `n lang stert sigbaar, wat skynbaar die vliëende meteoriet gevolg het. Al drie skrik vir die verskynsel en vra haastig aan die engel wat dit tog kon wees.
[2] Maar in plaas van om die drie onmiddellik `n antwoord en `n verklaring te gee, skiet die engel die meteoriet agterna en bring hom in `n oogwink na die drie toe terug, `n ietwat growwe bal van twee en `n halwe klafter deursnee. Hy sit hom ietwat eenkant en sê toe vir die drie: "Wel, kom hier en bekyk die verskynsel rustig, niemand van julle sal daarby `n haar gekrenk of geskroei word nie!"
[3] Die drie staan op en nader die nog altyd helder gloeiende meteoriet baie aarselend. Vlakby ruik hulle `n sterk swawelgeur, en die hele, groot brok lyk van naderby presies soos `n puimsteen en uit die groter porieë skiet blouwit vlamme te voorskyn en veroorsaak `n vreemde sissende en sagte fluitende en pruttelende geluid. Baie vlammetjies is nog baie warm, maar baie vlamme is egter ook al uitgeblus.
[4] Nou vra Mathael eers weer aan die engel: "Wel, wat is dit nou vir `n ding, hoe en waar het dit ontstaan? Dit skyn `n taamlike vaste massa te wees en moet vir ons mensekrag `n groot gewig hê. Beste hemelse vriend, lê eers vir ons uit wat dit is!"
[5] Die engel sê: "Hierdie klomp was `n halfuur gelede nog `n deel van die son. Deur `n groot vuurkrater, waarin dit geweldig te kere gaan, is hy saam met baie ander brokke, met `n onverstaanbare groot geweld na buite geslinger in die groot wêreldruim in. Deur toeval word hierdie klomp in die rigting van die aarde gestuur. Vinniger as `n bliksem vlieg hy deur die eter en bereik reeds bo die wêrelddeel agter Europa die atmosfeer van hierdie aarde, wat hy eers aan die boonste sye slegs liggies aanraak. Toe hy in die volgende oomblik egter dieper sink en deur die altyd digter atmosfeer van hierdie aarde baie weerstand ondervind, verminder sy snelheid sterk en toe hy in hierdie omgewing kom, vlieg hy in vier oomblikke slegs twintig uur deurgaans. Toe ek hom inhaal was hy Asië tog al byna verby en sou binne tien oomblikke in die groot aardse see geval het. Die Heer wou egter dat julle ook in dié opsig voorligting kry, en nie bly glo dat daar `n bose gees oor die aarde vlieg om daaraan en aan die mense skade te berokken nie. Nou het julle die bose gees voor julle en kan julle daarvan leer dat dit `n baie gewone verskynsel is tussen die groot hemelliggame."
[6] Murel sê: "Maar hoe is dit dan dat hy in die lug so `n helder lig gegee het, maar hier nou altyd minder lig uitstraal?"
[7] Rafael antwoord: "Die sterk liguitstraling word veroorsaak deur die buitengewone vinnige vlug deur die lug. Daar ontstaan `n baie groot wrywing met die lugdeeltjies, waarteen hy hard aandruk omdat hulle hom nie vinnig genoeg kan ontwyk nie. Op hierdie hoogte ontbrand die lug egter soos hulle te veel saamgepers word of te veel druk ondervind en omdat die lug in die hele baan van so `n meteoriet altyd ontbrand op die plek waar so `n meteoriet hom in sy baan bevind, altyd soos lig van `n bliksem, en omdat `n lugleegte agter die voortvlieëende meteoriet met so `n hoë snelheid ontstaan, waarvan die wande nog sterk deur die vuur aangetas is, sien `n mens agter die meteoriet ook altyd `n stert, waarvan die fel gloeiende gedeelte afneem en dit op sigself maar net `n verskynsel en geen werklikheid meer is nie.
[8] Voel maar eers aan hierdie massa hoe gloeiend hittig dit nog is en dan sal dit julle wel heeltemal oortuig van wat ek julle nou hieroor vertel het! Langs `n heeltemal natuurlike weg kan ek julle nóg `n bewys lewer, want ek kan naamlik `n eksperiment uitvoer, waarby ek `n klip neem wat hier lê, dit met bliksemsnelheid deur die lug slinger en na enige oomblikke weer hiernatoe laat bring deur geeste wat my dien. Dan kan julle jul daarvan oortuig dat hierdie klip, met `n gewig van slegs `n paar pond, straks net so sterk sal gloei as wat hierdie meteoriet so onlangs gegloei het."
[9] Toe slinger Rafael die klip met ontsettende krag die lug in en die diensbare geeste jaag die klip gedurende die volgende paar oomblikke vinniger as `n bliksem op `n hoogte van enige klafters in kringe deur die lug. Buiten die feit dat die klip `n sterk suisende geraas veroorsaak het, gee hy soveel lig dat die hele wye omtrek soos op `n klaarligte dag verlig word en die drie eintlik alleen maar één stralende, ligtende kring voor hulle sien omdat die spoed van die klip te vinnig was om deur `n menslike oog waargeneem kan word.
[10] Na enige oomblikke word die klip weer deur die diensbare geeste, terwyl hy nog rooigloeiend was, baie rustig voor die drie verbaasde toeskouers op die grond gelê en Rafael sê: "Hier lê nou net `n vinnige en eenvoudig uitgevoerde eksperiment vóór julle. Sien julle `n verskil tussen hierdie kunsmatige en die op natuurlike wyse ontstane meteoriet?"
[11] Mathael sê: "Nee, dit sien presies dieselfde daaruit, net die grootte is natuurlik verskillend! Maar daar kom nou tog nog `n vraag by my op en wel die volgende: "Vir jou is dit sonder moeite moontlik om so `n klip met ongelooflike vaardigheid en krag sodanig weg te slinger dat die lug deur die ontsettende snelheid van die gewerpte klip deur die druk ontbrand en die klip self skielik meer as gloeiend word. Jy het ons al so baie voorbeelde van jou onbeskryflike vaardigheid en krag gegee dat ons aanneem dat dit nie baie moeite vir jou is nie. Bowendien is jy één van die magtigste engelegeeste, wat met hele hemelliggame soos met haselneute sou kan speel en `n son selfs in `n oogwink so diep in die eindelose skeppingsruimte sou kon slinger dat `n bliksem honderdduisend maal honderdduisend jaar nodig sou hê om haar te bereik! Vir so `n eksperiment het God jou vir ons natuurlik nog baie onverstaanbare krag en mag verleen. Maar hoe kan die son, wat tog `n trae natuurliggaam is, so `n krag uit homself ontwikkel?"
|
|
|
|
|