|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 57
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die kennismaking vorder ongemerk
57 Nou kom Markus aankondig dat die middagete gereed is en dat ons moet kom aansit.
[2] Toe sê Suetal vir Markus: "Luister eers, goeie, oue vriend! Kyk, ons twaalf is straatarm en het niks om ons rekening mee te betaal nie. Maar kyk, hierdie jong leerling van die groot Heer uit Nasaret wat hier êrens in jou huis Sy verblyf het, het deur Sy wonderkrag vir ons `n baie edele vis van seker byna honderd pond en vervolgens hierdie esel te voorskyn getoor! Neem jy hierdie twee diere as eiendom aan in die plek van die verskuldigde betaling, want wat moet ons met die esel en met die vis maak? Wat hulle simbolies voorstel as teregwysing vir ons, het ons intussen te wete gekom! Want `n vis en `n donkie is, so ver ons weet, nog nooit as simbole van wysheid nie, maar altyd as simbole van domheid gebruik! Wees daarom so goed en aanvaar beide diere, wat tog ook waarde het, in plek van die geld wat ons aan jou verskuldig is!"
[3] Markus sê: "Dit wil ek baie graag doen, hoewel julle niks aan my verskuldig is nie. Want alles wat julle al hier gebruik het en wat julle uiteindelik nog gaan gebruik, is tog al meer as honderdvoudig betaal! Maar gaan nou aan tafel, want die middagete sal dadelik bedien word!"
[4] Suetal sê: "Vriend, vertel ons dan eers wie so grootmoedig vir ons al die rekening vooruit betaal het, dan kan ons hom daarvoor ons verskuldigde dank betuig!"
[5] Markus sê: "Dit is my nie toegestaan om dit te vertel nie, stel julle dus tevrede met dit wat ek nou vir julle gesê het." - Met hierdie woorde gaan Markus op My geheime aanwysing weg, neem dadelik die esel saam en gee hom aan een van sy seuns om voorlopig te versorg.
[6] Toe Markus weg is, sê Suetal vir My: "Vriend, is hierdie ou man nie `n voortreflike mens nie?! Weet u, sulke eerlike mense sal daar maar weinig te vinde wees op hierdie wêreld! Maar wie het volgens U dan so ongewoon grootmoedig ons rekening betaal?"
[7] Ek sê: "Wie anders, as die groot Heer uit Nasaret!? Want Hy verlang niks vir niks. Wie vir hom één gee, betaal hy tienvoudig terug, en wie hom tien gee, betaal hy daarvoor honderdvoudig terug!"
[8] Toe sê Suetal: "Ja, maar ons het vir Hom nie één nie en ook nie tien gegee nie, en tog het hy al duisend vir ons betaal!"
[9] Ek sê: "Maar hierdie Heer is ook alwetend en weet dat julle nog iets vir Hom sal doen, en daarom betaal hy julle al vooraf!"
[10] Suetal sê: "Dit neem ons aan, en ons wil dié goedheid van Hom ook graag met vlyt en groot ywer terugbetaal sodra ons weet watter diens Hy van ons verlang!"
[11] Ek sê: "Ja, kyk eers, dan sal dit uiteindelik tog nog nodig wees dat julle nader met Hom kennismaak! Miskien neem Hy julle selfs as leerlinge aan?!"
[12] Suetal sê vir Ribar: "Dít sou iets wees! Dan sal ons miskien ook al gou net so iets tot stand kan bring as hierdie mooi jongeman hier!? Helaas, met so `n vooruitsig sou ek dan tog wel kennis met Hom wil maak, as daar `n moontlikheid voor is!"
[13] Ribar sê: "Ek ook, en eintlik almal van ons! Maar die eerste konfrontasie sal waarskynlik nog heftiger wees as dié van my met die spartelende vis."
[14] Suetal sê: "Wie weet? Die kneggie van die smid hamer dikwels baie harder op sy aambeeld as die groot smid, om te laat sien dat ook hy die hamer kan hanteer. As daar miskien tydens die middagete so `n goeie geleentheid hom voordoen, sou dan ons goeie, Griekse vriend ons uiteindelik deur `n teken op Hom opmerksaam wil maak?"
[15] Ek sê: "O ja, daardie plesier kan Ek julle baie maklik aandoen. Maar as julle Hom herken het, moet julle julle almal baie rustig hou en geen opsien baar nie, want daarvan hou Hy nie! Hy kyk slegs in die hart en is heeltemal tevrede daarmee as Hy baie stil en opreg daarin gehuldig word!"
[16] Suetal sê: "O, dit kan ons wel doen en dit is ook baie verstandiger en wyser. Beste vriend, wees daarom so vriendelik en maak ons op `n gunstige oomblik tydens die middagete op Hom opmerksaam!"
[17] Ek sê: "Baie goed, baie goed, dit sal gebeur! Maar nou staan die kos al op die tafels, laat ons dus gaan en dadelik die eerste die beste tafel in beslag neem! Kyk, daar onder die groot lemmetjieboom staan twee tafels! Ek moet vanweë die hooggeplaaste Romeine aan die lange plaasneem, gaan julle aan die tafel daarnaas sit, dan kan ons maklik kontak hou!"
[18] "Ja, ja" sê Suetal, "so sal dit uitstekend gaan! Ek brand nou tog gewis van nuuskierigheid om die groot Man, die egte Messias van die Judeërs, vir die eerste keer persoonlik te leer ken."
[19] Ek sê: "Goed, maar nou gaan ons aansit!" - Ek gaan nou vooruit en die twaalf volg My en Rafael loop langs Suetal, wat dit nie so amusant vind nie. Hy vra hom dan ook of hy miskien van plan is om by hulle aan tafel te gaan sit.
[20] En Rafael sê met die vriendelikste gesig in die wêreld dat dit so is, wat Suetal egter nie so baie aanstaan nie omdat hy nog steeds vir die almag van die engel verskriklik baie ontsag gehad het. Maar omdat Rafael so vriendelik met hom praat, begin hy hom stadig maar seker bietjie aangenamer te vind en is hy nie meer so bekommerd oor sy aanwesigheid nie.
|
|
|
|
|