Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

In die gees van elke mens sluimer tallose wonders

175 Ek sê: "Dit is weliswaar geen evangelie nie, maar dit is self `n waarheid wat met die loop van die tyd ook haar goeie kant sal hê, om die mense te genees van allerlei bygelowe. Want niks veroorsaak by die mense so `n massiewe bygeloof soos die ligsfeer van die sterrehemel nie. Maar dit is nou nog nie die oomblik om die mense volledig daaroor in te lig nie, want dit gaan veral daaroor om van die huidige menselarves, werklike en egte mense te maak.

[2] Dit kan slegs bereik word deur die mens sover te bring dat hy homself en daarna ook God leer ken, en dat hy Hom met al sy krag bo alles sal liefhê. As die mens eenmaal heeltemal daarvan deurdring is, en in staat is om die heilige gees uit God te ontvang, word hy ook vir alle ander, tot nou toe nog onontdekte, waarhede ontvanklik, en geskik om dit te verstaan!

[3] Sou `n mens egter direk sy kop daarmee volstop, dan sou hy niks daarvan verstaan nie, en sy kop so daaroor breek dat hy gek sou word!

[4] `n Basisreël is daarom: Die mense moet voordat hulle enige kennis opgaar, eerstens egte mense word, omdat alle kennis hulle andersins baie meer sal skaad as baat. Want alle wetenskap hou slegs die verstand besig, wat haar setel in die harsings het. Maar die hart, as fondament van die lewe, bly lomp, ru en woes, soos die van `n roofdier. En sy begaan mét behulp van die wetenskap nog meer kwaad as sónder die kennis, want by `n goddelose hart is die wetenskap `n ware wegwyser na die kwade in al sy uitinge!

[5] Gee daarom, vriende en broers, die blindes eerste `n korrekte lewenslig in die hart, en laat eers deur die lig die verstand van die siel verlig, dan sal alle kennis `n ware seën vir die mens word!

[6] Dit is egter prysenswaardig as `n mens baie weet, omdat `n mens daardeur baie mense goeie raad kan gee. Maar dit is beter om baie en waaragtig lief te hê! Want die liefde wek op en bring lewe, die wetenskap bevredig slegs en lê homself dan te ruste!

[7] Dié kennis voorsien iemand wel van hulp gedurende die tydelike lewe, maar bring hom, wat die opwek van sy gees aanbetref baie, baie skade toe. Sodra die kennis egter met die loop van die tyd sondermeer uit die lig van die gees ontstaan, bevat sy ook alle lewenswarmte, en is dan net so lewend soos die lig van die son, wat nie net lig gee soos geen ander lig nie, maar wat ook lewe gee, omdat haar lig die lewenswarmte bevat, en vir die, waarop die lig val, ook saamgee en die reeds aanwesige lewenswarmte nog meer lewe gee en tot lewe wek.

[8] Glo My, die tallose wonders wat in vir julle onmeetbare ruimte rondwentel en hul bane volg, lê by elke mens in sy gees verborge. Probeer daarom allereers om julle gees heeltemal op te wek, dan sal julle dit wat geen oog ooit gesien het, en geen sintuig ooit waargeneem het nie, altyd in julleself baie duidelik kan sien, en ook met alle ander sintuie suiwer kan waarneem.

[9] Wie God in My, die Menseseun, waaragtig herken en liefhet, sal reeds in hierdie lewe hemelse vreugde kan geniet waarvan tot op hede geen enkele menslike sintuig ooit iets van gemerk of gevoel het nie! Maar op suiwer wetenskaplike wyse sal geen mens ooit sover kom nie! - Cornelius, verstaan jy dit?"

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205