|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 67
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Bepaalde uitsonderings by seksuele omgang
67 "As die vrou van `n naaste egter byvoorbeeld nie deur haar wettige man bevrug kan word nie en tog sterk verlang na die verwekking van `n vrug in haar en dit vir jou vra, sê dit dan vir haar man! Vind hy dit goed, dan kan jy die wens sonder om te sondig inwillig. As die vrou bevrug word en ná die verstrekte tyd nogmaals die wens uiter en haar man is dit daarmee eens, dan mag jy, as jy ongetroud is, die vrou weer net eenders ter wille wees. Is jy egter self die man van `n vrugbare vrou, dan moet jy jou krag nie aan jou vrou onttrek nie, want daarvoor het Moses jou toegestaan om naas die een wettige vrou, veral as sy onvrugbaar mag wees, één of na behoefte ook meer byvroue te hê, maar altyd slegs as die wettige vrou daartoe instem. Sou dit haar egter baie verdriet aandoen, dan word dit tyd om die byvroue te laat gaan, soos wat ook Abraham vir Hagar laat gaan het, wat hy geneem het omdat sy vrou Sarah so lank onvrugbaar was.
[2] As `n vrou egter, wat haar wettige man verlaat het, uit `n vreemde land sou kom en haar dan as `n ongetroude vrou by iemand sou voordoen en sou verswyg dat sy al aan `n man behoort het, dan begaan hy wat haar tot vrou neem, geen sonde nie; ook dan nie as hy later sou verneem dat sy al getroud was maar haar man heimlik verlaat het vanweë sy hardvogtigheid en onvrugbaarheid nie. Want toe hy die vreemde tot vrou neem, het hy nie geweet dat sy al getroud was nie, en toe hy dit naderhand verneem het, was sy al sy vrou, van wie hy dan, sonder om soos `n egbreker te sondig, slegs deur die dood geskei kan word.
[3] By hierdie soort aangeleenthede het daar al dikwels baie wrede dinge gebeur. Die nuwe eggenoot probeer dan, as hy onder die wet van Moses staan en die vreemde vrou vir hom te lastig word, van haar ontslae te raak deur heimlik na haar eerste man te gaan en die ontroue, owerspelige vrou aan hom te verraai. Die gevolg was dat so `n vrou dan gestenig word en beide manne weer opnuut wettig `n vrou kon soek. Maar daaraan sal `n end moet kom!
[4] Ek sê vir julle: In so `n geval moet `n ongetroude man eerder nie `n vreemde trou voordat hy homself nie presies op hoogte gestel het van al haar vroeëre omstandighede nie! Lewer dit niks op nie en voel hy hom baie tot die vreemde vrou aangetrokke, dan moet hy haar trou. Verneem hy dan later toevalliglik haar vroeëre, burgerlike staat, dan mag hy haar nie verraai nie, maar hy moet haar op dieselfde goeie manier behou as waarop hy haar geneem het. Die vrou kan deur baie getrou te wees aan haar nuwe eggenoot, haar vroeëre sonde goedmaak. Want God is geen onregverdige regter nie en weet hoe om die swakhede van die menslike liggaam presies af te weeg en rekening daarmee te hou. Iemand wat sy vrou vermoor, is erger as `n vrou wat egbreuk pleeg!
[5] Gestel dat daar eens twee bure was, waarvan die een by sy vrou geen vrug kon verwek het nie omdat hy in sy jeug, deurdat daar nie goed vir hom gesorg was nie, sy vrugbaarheid te veel verswak het, terwyl die ander buurman, te oordeel aan sy groot aantal gesonde kinders, `n sterk voortplantingsvermoë besit omdat hy oral en altyd op die regte manier geleef het en in sy jeug goed opgevoed was. Hoe sou dit wees as die onvrugbare buurman na die vrugbare gaan en hom vra om in sy plek met sy groot vermoë by sy vrou `n vrug te verwek, en as die vrugbare buurman dit sou doen uit werklike liefde vir sy goeie en argelose buurman, sonder om daarby ook maar enige gedagte te hê om wellustig met die vrou van die buurman om te gaan, wat baie sondig sou wees? Wel, dit sou geen sonde wees nie, en nog minder `n egbreuk, maar so `n handeling, waar met geen woord oor gepraat sal word nie, sou selfs `n prysenswaardige geheime liefdesdiens wees. Dit moet geheim bly, omdat buiten die genoemde persone, niemand iets daarvan moet weet nie, vanweë die eer van die onvrugbare buurman, en sodat niemand daaraan aanstoot sou neem nie. "
|
|
|
|
|