|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 240
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Rafael se vraag oor die vervulling van die belofte
240 Rafael sê: "Baie goed, so is dit en nie anders nie! Jou vlees en bloed het jou dit egter nie geopenbaar nie, maar die gees van die woord van die Heer. Dit is goed dat julle dit nou weet! Maar hierdie kennis moet julle nou vir julleself hou! Want dit vereis siele soos julle s`n om dit te verstaan, vir die ander is dit voldoende dat hulle God ken en Hom as Vader bo alles liefhet. As julle egter waaragtig groot siele mag vind, dan kan julle dit ook vir hulle vertel, waaroor ons nou al meer as twee uur gepraat het. - Maar nou liewe vriende, oor nog iets anders!
[2] As medewerkers van die Ryk van God sal dit julle op julle weë en paaie baie moontlik oorkom dat leerlinge julle indringend gaan vra: 'U leer is wel baie verhewe, mooi en aangrypend, maar van `n vervulling van die belofte wat u ons gegee het, sien ons nog altyd niks van nie. Ons moet die stem van die Vader in ons hoor, ja om die Vader selfs te sien en te spreke te kry word ons beloof, maar van dit alles het ons tot nou toe nog niks gemerk nie. As u leer waarheid bevat, moet ook die belofte wat aan ons gemaak is, uitkom. Ons hou ons by alles, maar merk nog steeds niks van `n vervulling van wat deur u aan ons gedane beloftes voorgehou is nie! Vertel dit vir ons en gee ons `n antwoord hierop, en sê dit openlik en eerlik vir ons waaraan het ons dit te danke dat u belofte aan ons nog nie en nooit in vervulling gegaan het nie!' - Wat sal julle in so `n geval dan aan hulle sê?"
[3] Al drie se oë rek groot met hierdie vraag, en Murel sê: "Vriend, as ons iets belowe in vertroue op God se getroue woord, en ons leerlinge volg die leer daadwerklik na, kan die Heer ons natuurlik op geen bepaalde manier in die steek laat nie, want dan sou dit sekerlik verstandiger gewees het om die leer nie uit te dra nie, as dat die mense ten opsigte daarvan in die steek gelaat word!
[4] En ek sou hier selfs heeltemal opreg wou opmerk dat om op `n soortgelyke manier in die steek gelaat te word deur God, altyd `n baie belangrike, bykomende rede was vir die verval van die godsdienste! Want die gedane belofte was om die een of ander verborge rede, ten opsigte van die gelowiges, of nie heeltemal, of baie goed ook gladnie vervul nie. Daarom moes die leraars kunsmatige middele aangewend het om nie baie smadelik deur die volk behandel te word nie! Dit maak dat die volk hulle sinlikheid al te vinnig op die uiterlike rig, en so `n bedriegde volk was dan geestelik nie meer aanspreekbaar nie.
[5] Dit sou die Heer daarom aan al die verspreiders van Sy leer nie meer moet aandoen nie. Hy sou hulle nooit meer in die steek moet laat en veral nie op oomblikke dat hulle as vernaamste bewys van die waarheid en goddelikheid beweer dat Sy beloftes sekerlik die waarheid sal word nie. Want ek sou liewer die eenvoudigste straatveër wou wees as `n tot die uiterste toe geplaagde Jeremia! As `n mens iemand daardeur tot nut was, sou dit nog nie so erg gewees het nie. Maar van nut kan tog nooit sprake wees as `n mens die mensdom alleen maar ergerlik maak nie!"
[6] Rafael sê: "Maar, beste vriend, in jou ywer dwaal jy heeltemal af van dit wat ek jou eintlik gevra het! Die Heer sal aan hulle wat Syne is, altyd en ewiglik dit wat Hy beloof het, doen. Maar dit gaan alleen maar daaroor of julle baie presies die volledige geldige voorwaardes ken waaronder die Heer die gedane belofte altyd dadelik in vervulling sal laat gaan!
[7] Want by `n mens kan `n kleinigheid wel daarvoor sorg dat `n gegewe belofte nie in vervulling gaan nie. Dan moet julle as egte leraars presies weet wat die leerling nog mis om die meesterskap te bereik. Wel, daaroor handel die vraag wat ek nou net aan jou gestel het!"
|
|
|
|
|