|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 134
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die rede vir die verwoesting van Césarea Philippi
134 Na die gesprek kondig Markus aan dat die oggendete gereedstaan en dat alle tafels reeds van spys en drank voorsien is. Ons maak ons gereed om van die berg na benede te gaan na die tafels wat op die oggend weer volgens die ou opstelling staan, en niemand ontbreek nie.
[2] Toe sê Ouran aan Helena: "Het jy, toe jy onder was, dalk gesien of ons tente nog daar staan en in of dit orde is? En het ons dienaars ook wel genoeg om te eet en te drink, - en is ons pakdiere almal versorg?"
[3] Toe sê Mathael aan Ouran: "Vriend en skoonvader, in die teenwoordigheid van die Heer is elke sorg onnodig! Dink nou aan niks anders as aan die Heer nie, want Hy dink vir ons en vir die hele oneindigheid!"
[4] Toe ons onsself na hierdie opmerking van Mathael van die berg af na die tafels begeef, vra Cyrenius My onderweg: "Heer, moet ek dalk `n afdeling van my soldate na die stad stuur om te help met die blus van die vuur? Want as ons die stad nie help nie, is sy nog voor vanaand `n gloeiende puinhoop!"
[5] Ek sê: "Beste vriend, as Ek dit wou, sou Ek Rafael lankal daarheen gestuur het, en dan sou die brandende stad in `n oomblik geblus gewees het, maar Ek wil dat hierdie stad, wat vir God sowel as die keiser sleg is, nederig word en daarom laat Ek alles, behalwe die huise van die armes en eenvoudiges, deur die vuur verwoes. Al die ander moet tot as vergaan! Hierna sal beter mense daar gaan woon, en die nakomelinge van ons ou Markus sal met toestemming van die keiser regverdig oor hierdie stad en omgewing heers, en dit sal hul erfenis bly van kind tot kind, en kleinkind tot kleinkind. As hulle God egter sal vergeet, sal hulle vergaan, soos wat die bewoners van hierdie stad nou vergaan.
[6] As die brand hierdie stad van hoerery op `n werkdag sou getref het, sou hierdie brand lankal geblus gewees het. Maar op die sabbat, en veral op `n sabbat van die nuwemaan, raak geen ortodokse Judeër ook maar iets met die punt van sy pinkie aan nie, uit angs om voor God verontreinig te word.
[7] Op die punt is die gewete van die ortodokse Judeërs baie gevoelig, maar die nalaat van goeie werke verontrus hul gewete nie in die minste nie, net so min soos die liggaamlike en geestelike egbreuk en allerlei bedrog.
[8] Hulle is selfs van mening, dat `n sonde teen die gebod van God bykans geen sonde op `n werkdag is nie, en dat `n mens homself reeds lank voor die aand weer gesuiwer kan hê, terwyl `n mens op `n sabbat tot aan die aand toe onrein bly. Dan begin die vors van die nag egter al te heers, sodat dit bes moontlik is dat daar dan `n afgesant van satan kan kom, iemand onrein aantref, en daardeur in staat is om die onreine siel in besit te neem!
[9] Die sonde doen die mens maar net in die nag kwaad, en ook nog maar net tot na die middernagtelike uur, omdat satan gedurende die tyd op jag mag gaan. Oordag het hy geen mag nie, en dan kan `n mens na hartelus sondig, dit is niks nie. Die mens moet egter wel daarop bedag wees om hom vóór sonsondergang te reinig op die wyse wat deur Moses voorgeskrewe is, dan het `n mens vir die oordag begane sonde, in die nag nie die geringste te vrees nie.
[10] Aan God steur hierdie blindes hulle nie in die minste nie, ook al sou hulle oordag nog soveel sonde teen Sy gebooie begaan het! Alles is vir hul daaraan geleë dat die satan hulle nie moet beetkry nie. Omdat dit die maklikste op `n sabbat kan gebeur, omdat hulle dan geen bok, geen lam en geen kalf mag slag nie, ja hulle selfs nie sewe maal mag was nie, sorg hulle angsvallig daarvoor om gedurende die sabbat sover moontlik rein te bly, sodat die duiwel hulle nie in sy mag kan kry as die son onder gegaan het nie!
[11] Nou ken jy die rede waarom hierdie duisterlinge liewer hul mooi huise op `n sabbat laat afbrand, as om `n hand uit te steek om die vuur te blus. Daarom sal `n Romeinse veldheer, wat nie onbekend sal wees met hierdie growwe en hardnekkige dwaasheid van die volk nie, weinig moeite hê om dié geslag, wanneer dit opstandig word, veral op `n wintersabbat, met één slag uit sy voeë te slaan, en sy groot stad in `n puinhoop te verander nie.
[12] Maar nou moet ons ontbyt eet, anders word ons verras deur `n aantal, nie so opgewekte besoeke, wat ons baie werk sal verskaf om op `n goeie manier bietjie daarvanaf te kom!"
[13] Daarop gaan elkeen aan tafel en die smaaklike oggendmaal word die keer met groot eetlus geniet, en elkeen was baie tevrede met die ou Markus. Ook Ouran en Helena merk op dat hulle nog nooit sulke goed voorbereide visse en sulke smaaklike brood geproe het nie. Maar Markus gee alle lof aan My en sê: "Hy is die sout en die beste spesery van alle spyse, gee julle verdiende lof slegs aan Hóm!"
[14] Daar was nie één onder die talle gaste wat nie verstaan het wat Markus bedoel het nie, en almal het My stil in hul harte geprys. Maar Mathael sê hardop: "Ja, ja, ou Markus, waar die Heer die kombuismeester van alle lewe is en alles in alles is, is dit baie goed om te lewe, want daar moet gees, siel en liggaam die beste kos kry! Jy het baie goed gedoen deurdat jy die lof wat aan jou gegee is, terug verwys het na die Heer, maar juis daarom sal ook jou naam nie uitgewis word in die harte van die mense, wat jou as `n vriend van die Heer leer ken het nie!”
[15] Markus bedank My daarvoor dat Ek sy huis so `n buitengewone groot eer aangedoen het. Daarna bedank hy egter ook vir Mathael vir sy vriendelike woorde, en sê dat hy die eer heeltemal nie verdien het nie.
|
|
|
|
|