Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die één wees met die Heer

111 Toe sê Helena, wat bietjie herstel het van die oorgrote vreugde in haar hart: "O ja, ek het alles goed verstaan, want U woorde is woorde van lig, krag en lewe en vloei so helder en klaar uit U heilige mond soos `n heldere fontein in die hooggebergte wat deur die son verlig word. Maar wat moet ek doen om my hart bietjie rustiger te maak? Heer, dood my indien ek sondig, maar my liefde vir U oorskry nou al my lewensgrense! O, staan my slegs toe dat ek U hand aanraak!"

[2] Ek sê: "O, doen dit maar! Wat uit die diepte van jou hart kom, moet jy doen en dit sal nooit verkeerd wees nie, daar kan jy volledig verseker van wees!"

[3] Toe gryp Helena My linkerhand en druk dit so stewig moontlik aan haar hart, ween weer van nog groter blydskap en sê snikkend: "O, hoe gelukkig moet diegene wees wat altyd by U kan wees, o Heer! O, kon ek tog ook maar altyd by U wees!"

[4] Ek sê: "Wie in sy hart by My is, het My altyd by hom, en hy is altyd by My, en dit is eintlik die hoofsaak! Want wat baat dit iemand wat tans liggaamlik op hierdie aarde voortdurend by My is, maar sy hart tog altyd ver van My weghou en dit liewer aan die dwase wêreld gee?! Waarlik, hy is nog verder van My verwyderd as alles wat jy jou ook maar as die verste weg kan bedink!

[5] Wie egter in sy hart so naby My is soos jy, My liewe Helena, die is en bly ook dán altyd selfs naby My as daar skynbaar `n talle duisende kere groter afstand tussen hom en My lê, as die van hier tot aan die verste en kleinste ster, wat jou oog slegs so nou en dan vaag ontdek in die eindelose verte.

[6] Ja, Ek sê vir jou, wie My liefhet soos jy en opreg glo dat Ek dit is op wie se koms die vadere vurig gehoop het, die is net so volledig één met My soos Ek, wat jy hier nou voel, heeltemal één is met My Vader in die hemel! Want die liefde bring alles saam, God en skepsel word deur haar één, en geen ruimte kan skei wat die ware en suiwer, uit die diepste hemelse diepte afkomstige, liefde verenig het nie.

[7] Deur jou liefde sal jy dus altyd vlak naas My wees, ook al sal jy vir `n kort tydjie in hierdie wêreld ruimtelik van My persoon geskei word. Maar eendag, aan die ander kant, in My Ryk van die suiwer gees en algehele waarheid sal jy nooit weer van My geskei word nie! - Lieflike Helena, het jy die gesprokene nou so ongeveer verstaan?"

[8] Helena sê: "Hoe sou dit moontlik wees!? Dit is in my nou so lig en helder asof daar `n egte son in my opgegaan het, en daarom sien alles wat U, o Heer, tot my spreek daar so duidelik uit, en begryp my hart die diepste betekenis van U Woord. -

[9] Maar nou het ek nog `n ander, heel belangrike vraag uit `n nog nie heeltemal verligte hoek nie van my hart en dit lui: "Hoe kan jy Hom ooit dank, wat jou so oorvloedig, so buite alle verhouding, met Sy genade oorlaai het? Liefde, hoe groot ook, kan tog nie as dank geld nie, want dit is self tog, netsoos die hele lewe, `n geskenk van U genade. Watter offer en watter gawe wat U waardig is, kan ek, skepsel, aan U my Skepper aanbied as paslike dank vir so oneindig baie genade? Kyk, o Heer, op dié punt is dit ondanks alle sonlig in my hart tog duister, en op die belangrike vraag kom maar geen antwoord nie! O Heer, sou U my hart in dié opsig nie met `n vriendelike woord uit die verleentheid wou help nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205