|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 246
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Voordele van die Venusorde
246 Na hierdie toespraak tot sy gemeente van die leraar en leier op die Venus-aarde, word die drie weer deur Rafael gewek. Intussen het dit egter al baie lig geword en is dit nou minder as `n uur voor sonsopgang, en Mathael verwonder hom buitengewoon oor dit wat hy nou so lewendig oor gedroom het. Hy vertel die droom, en die ander, Murel en Philopold, verwonder hulle nog baie meer, omdat hulle presies dieselfde gesien en gehoor het wat Mathael van sy droom vertel.
[2] Maar Rafael sê: "Wel, hoe het julle dit gevind op die morester?"
[3] Mathael antwoord: "Ja, as dit werklik die morester was, waaraan ek nou gladnie meer twyfel nie, dan beval dit my baie goed en die mense met hulle leer en streng inagneming van die harmonie is seker nie dom nie en moet hulle altyd baie rein van sedes gedra, want onder sulke omstandighede is `n sonde absoluut onmoontlik! Onder sulke lewensomstandighede sou ek my egter ondraaglik begin verveel, ewiglik dieselfde en geen vooruitgang nie, dit is `n soort amfibiese lewe! `n Slak en `n Venusmens het blykbaar één en dieselfde behoefte, wie daar bo uitkom, gaan beide niks meer aan nie. Nee, vriend Rafael, die morester skyn baie mooi en is vanaf hierdie aarde van ons pragtig om te aanskou, maar as wêreld met sy mense en ander skepsele, beval sy my gladnie!
[4] Dit is natuurlik wel waar dat, onder sulke voorwaardes, `n oorlog onder die mense van dié wêreld vir goed uitgeban is, omdat daar ook van `n sonde nooit sprake kan wees nie, maar ek is eerder `n egte sondaar op hierdie aarde as so `n Venusmens met al hulle sedelike reinheid! So `n sedelike reinheid kan ook geen waarde hê nie, omdat daarnaas geen geestelike ontwikkeling kan plaasvind nie. Want as die menslike gees daar meer volmaak sou kon word, sou hy deur die simmetriese gedrag en handel van die hele morester bevolking totaal en al moed verloor het, omdat hy vooruit sou wou gaan, terwyl hy soos `n boom op sy plek moes bly staan!
[5] `n Geestelik volmaakte mens op die Venusaarde sou ook soos `n boom gelyk het, wat sou kon dink en begeer, maar met sy wortels tog in die grond gewortel moes bly staan!
[6] Beste vriend, sê eers vir ons, het die Venusmense dan heeltemal geen gees, geen liefde, geen vrye wil en geen begeertes nie?! Hulle moet tog kan dink en tel, omdat hulle leraar hulle vóór alles die rekenkunde sorgsaam aanbeveel het. Maar as hulle dit kan doen, moet daar by hulle immers ook een of ander geestelike vooruitgang moontlik wees!?"
[7] Die engel sê: "Sekerlik, - maar hulle verlang dit nie uiterlik nie, maar slegs innerlik. Want hulle sê en erken dat `n uiterlike sigbare vooruitgang belemmerend inwerk op die innerlike van die gees. Die uiterlike moet `n nmens daarom so stereotiep en afgebaken moontlik maak, dit inrig na die behoefte van die liggaam, - maar dan ook geen stap verder nie, want elke vooruitgang in die uiterlike en materiële is volgens hulle `n agteruitgang van die geestelike, innerlike.
[8] By die mense wat die uiterlike te veel versorg, heers in die innerlike die mees gewetenlose wreedheid. `n Volk met innerlike, verborge geestelike eienskappe het nog nooit `n naywerige buurman tot oorlog aanleiding gegee nie. Wanneer `n volk egter sy innerlike, geestelike grootheid sigbaar maak deur eenvoudig uitvoerbare, uiterlike dade, wek dit daarmee ook dadelik die afguns van `n buurvolk en die oorlog word `n feit! Noudat dit by die Venusmense nooit die geval is en kan wees nie, is hulle dan daardeur erger daaraan toe as die mense van hierdie aarde?
[9] Uiterlik is geen mens iets voor op die ander nie, nóg in sy gestalte, nóg in sy kleding en woning, daarom word alles slegs volgens die innerlike waarde beoordeel. Ten gevolge van die gelyke, uiterlike ontwikkeling het ook alle mense `n heeltemal gelyke gedaante, wat deur die altyd gelyke kleding nog meer op mekaar lykend gemaak word as wat hulle in werklikheid is.
[10] Mense wat nie deur allerlei hartstogte verteer word nie, sal ook uiterlik as broeders en susters na mekaar lyk. Hoe meer die sogenaamde uiterlike vorm van die mense egter van mekaar verskil, des te meer is dit ook `n teken van die innerlike verwardheid, omdat elkeen hom innerlik gerig het na die uiterlike voorkeure, wat egter nooit aan mekaar gelyk kan word nie omdat die nooit te versadigde hebsug, nyd, afguns, hoogmoed, trots, arrogansie en heerssug van die mens daaraan kleef.
[11] As jy `n groen mantel dra, jou buurman `n bloue en `n derde `n rooie, sal julle gou vanweë die voorkeur vir die een of die ander kleur, twis en onvrede kry. As julle egter al drie dieselfde mantel met dieselfde kleur aan het, dan sal dit nie by julle opkom om onder mekaar `n dom en niksseggende twis te begin oor die groter of geringer waarde van kleure en vorms nie, en jy sal tyd oorhou om oor beter dinge en onderwerpe te praat.
[12] Julle het op die Venus-aarde die totale gelykheid gesien van alle mense en hulle gelaatsuitdrukkings. Alle manne lyk na mekaar soos twee druppels water, en so ook die meisies en die vroue. Oral één en dieselfde vorm, maar op sigself beskou baie mooi en volmaak. Dit is ook baie goed so.
[13] Op hierdié aarde is die verskeidenheid van die vorme, na gelang die ingebeelde, mindere of groter skoonheid, dikwels maar altyd rede tot twis, liefde, haat, verafskuwing of `n oordrewe, uiterlike bevoorregting en voorliefde. Op die Venus-aarde is geen spoor daarvan te vinde nie. Die mense hou daar slegs van mekaar, afhangende van die innerlike graad van wysheid. Hoe meer iemand weet te vertel oor die Goedheid, Mag en Wysheid van die groot Gees en hoe sagmoediger en nederiger hy word, des te meer waarde het hy vir sy gemeente en des te hoër ag die mense hom! - Sê eers, of dit nie ook `n baie wyse ordening van die Heer is nie!"
[14] Mathael sê: "Sekerlik, en ek sou wil hê dat ons aarde nou op dieselfde wyse ingerig moet wees! - Maar daar staan die Heer nou op en die hele volk saam met Hom! Nou moet ons oë en ore oop wees, want daar gaan sekerlik iets gebeur! – Die nege drenkelinge?!"
|
|
|
|
|