Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die ondervraging van Julius

38 Met hierdie woorde van Mathael word Julius bietjie ligter om die hart, en hy rig hom dan ook dadelik tot die politieke misdadigers wat nog op die grond lê en sê: "Staan op en wees nie angstig of bang nie, want manne soos julle moet ook die naakte dood sonder vrees en bewing kalm in die oë kan kyk! Ons Romeine is geen tiers en geen luiperds nie, maar mense wat eerder daarop uit is om die ongelukkiheid van die mense te versag, eerder as om dit op enige wyse te vererger! Maar dink ook daaraan dat ons geen enkele misdaad so swaar straf as die leuen nie! Vir `n valse getuienis en vir `n onbeskaamde leuenagtige verklaring staan die doodstraf by ons! Antwoord daarom op elkeen van my vrae na waarheid, dan sal ek, as die regter wat deur God bo julle gestel is, self eerder moeite doen om julle van alle ongemak te bevry, as om julle nadeel te soek! Maar slegs as julle my demonstreerbaar so eerlik as moontlik `n antwoord gee! Staan dus nou en praat openhartig met my!"

[2] Na hierdie woorde van Julius staan die politieke misdadigers baie mistroostig op en Ek sê saggies in Romeins: "Laat hulle boeie eers losgemaak word, want iemand wat aan die hande en voete geboei is, het ook `n swaar geboeide tong!"

[3] Daarop beveel Julius die soldate om die geboeides se boeie af te haal.

[4] Dit gebeur dadelik, en toe die groep van twaalf persone in heeltemal van alle boeie verlos is, vra Julius hulle: "Wie is julle en waar is julle gebore?"

[5] Een antwoord namens die ander: "Heer, ons het geen papiere by ons nie! As u my woord egter wil glo, ons is deur die toedoen van die tempel almal deur die afskuwelike, vrome instelling van ons dom ouers, verwenste tempeldienaars en almal kinders van Jerusalem. Wat betref die verhouding van kinders tot hul ouers moet, as mens sy gesonde verstand gebruik, die wet van Moses ook wel eendag so gewysig kan word dat kinders, wat toevallig of deur tydelike omgang met werklik wyse mense, verstandig geword het, nie altyd hoef te doen wat hul ouers sê nie. Want heelwat geestelike en liggaamlike ongeluk van kinders word veroorsaak deur hul dikwels onbeskryflike dom, trotse ouers wat met alle kwade salwe gesalf is!

[6] Waarlik, geen God wat bo alle wysheid verhewe is, kon dié gebod vir Moses vir die arme mensdom gegee het nie! Waarlik, hierdie gebod is, as `n mens geen enkele uitsondering daarop mag maak nie, te sleg vir die diereryk, laat staan nog vir die menseryk! Deur die strenge navolging van hierdie gebod, waarvan God waarskynlik nie eers die bron was nie, maar slegs Moses of `n opvolger van Moses, staan ons nou as misdadigers voor u, dit wil sê voor die regter oor lewe en dood! Tog wel `n heel aangename beloning vir ons troue gehoorsaamheid aan ons oerdomme ouers! Hierdie baie aangename beloning sal waarskynlik gevolg word deur die eervolle kruis of die boeie van `n roeier onder in `n skip! Want as ons met die volle waarheid vorendag moet kom oor ons weliswaar drievoudig gedwonge handelinge, dan red geen God ons meer van die onverbiddelike strengheid van u wette nie! En tog sê hierdie pragtige gebod van Moses: 'Eer u vader en u moeder, sodat dit met u goed kan gaan en u lank kan lewe op aarde!' Mooi! Hier staan ons nou! Hoe goed dit met ons, arme duiwels, gaan, kan almal sien en hoe lank ons nog sal lewe, hang slegs van u af! Die goddelike belofte by die hou van die vierde gebod van God gaan by ons so heerlik in vervulling, dat alle duiwels ons daarvoor in ons gesigte uitlag en ons uiteindelik nog grondig sal verag!"

[7] Julius sê: "Maar beste mense, dit is nie ter sake nie, julle moet slegs antwoord gee op wat julle gevra word!"

[8] Daarop antwoord Suetal (dit was die naam van die spreker) namens die twaalf: "Heer, as iemand `n sekere dood te wagte is, is alles ter sake! Dat ons klaarblyklik misdadigers teen Rome is, kan ons onmoontlik nie ontken nie en wat daarop volg sal u nie kan ontken nie, want daarvoor dra u u skerp swaard en het u die wet en die mag – sake waarteen die arme wurm in die stof niks kan doen nie!

[9] Maar omdat die Romeinse menere af en toe, ondanks alle strengheid van hul wette, tog nog mensliker is as die swart menere in die tempel, wat nou selfs ons liewe Heer na hul pype laat dans, probeer ons u as gestrenge, maar tewens tog nog menslike menere, nie slegs ons misdaad ‘Anti Romam’ (teen Rome), maar ook die aanleiding daartoe, duidelik te maak. Miskien sal u daardeur ietwat mensliker met ons arme duiwels wees, want mense is ons al lank nie meer nie. Dit het opgehou toe ons die duiwelswater geruil het vir die opruiingsopdrag teen u Romeine."

[10] Toe vra Julius: "Waarom moes julle die vervloekte water toe eintlik drink? Wat het julle dan teen die tempel en sy wette gedoen wat strafbaar is?"

[11] Suetal sê: "Die teenoorgestelde van dit waarvoor ons nou hier tereg staan! Ons was aangekla as geheime vriende van die Romeine, en daarop staan die duiwelswater! Om as jong mense die duiwelswater te ontkom, moes ons juis u vyande word en ons dom ouers moes daarnaas nog `n hoë boete van verskeie honderde ponde silwer aan die tempel betaal en moes `n duisend vet sondebokke lewer, waarvan daar waarskynlik nie één gepoog het om in die Jordaan te swem nie. Hulle is, net soos Josef, vir baie silwer munte foutloos en goed beskerm na Egipte gebring, waar hulle opgeëet is.

[12] Dit is die rede vir die straf van die duiwelswater en langs die weg van die tempelgenade is dit die rede vir die vyandskap met u! Die verskil lê maar net daarin: As ons die duiwelswater sou geneem het, sou ons ook al lankal in die skoot van vader Abraham gelê het; maar omdat die tempel ons barmhartigheid geskenk het, sal ons waarskynlik nou gou uitgenooi word om die goeie vader Abraham vir ewig op te soek. So skielik sal ons uit u fyngevoelige mond die bekende 'I lictor' (Gaan, skerpregter!) hoor. Die beloofde vrug vir die hou van die vierde gebod van God sal ons dan geoes het onder die opskrif: '`n Goeie en lang lewe op aarde!' As ons werklik aan die kruis kom, dan smeek ons u om daardie opskrif bo ons kruise te laat bevestig."

[13] Julius, wat innerlik plesier het, maar hom uiterlik as die strenge regter voordoen, sê: "Dit lyk nou vir my dat julle alle skuld maar net gee aan die vierde gebod van Moses, maar ek merk dat julle die gebod hetsy werklik, maar miskien ook met opset, nie verstaan of wil verstaan nie. Want in die wet staan daar net dat `n mens sy ouers moet eer, maar nie dat `n mens hulle in alles, soos by `n heerser, moet gehoorsaam nie. Want as ek as hul kind `n man geword het en daarby `n wyse mens met baie ervaring, dan kan ek tog insien dat `n regte liefde tot my nog lewende ouers die regte eer is wat God deur Moses gebied het.

[14] As ietwat swakke ouers dus iets van hul kinders verlang waardeur hulle en die kinders in groot moeilikhede kan beland, is dit die plig van die kinders om die ouers met alle liefde en geduld so duidelik moontlik uit te lê dat hulle wense skadelik is en die ouers sal dan sekerlik daarvan afsien. As hulle egter daaraan vashou, dan is ongehoorsaamheid uit ware liefde vir die ouers werklik geen sonde nie, nie vir God se groot wysheid en ook nie vir alle regverdige denkende mense nie.

[15] Bowendien het Moses immers self in sy teokratiese wetsgeskrifte `n toeligting bygevoeg oor die gehoorsaamheid van die kinders ten opsigte van hul ouers, waarin baie duidelik staan dat die kinders hul ouers in alles moet gehoorsaam as dit nie in stryd met die wet is nie.

[16] Daarmee is die wet van Moses meer as voldoende van skuld vrygespreek en die skuld lê dus, as dit is soos wat julle dit vir my vertel het, werklik by die domheid van julle ouers en in hul nie-verstaan van die wet, of in julle onjuiste interpretasie, wat nou in die daglig gekom het, van die goddelike gebod deur Moses!

[17] Maar die skuld kan ook by julle groot sluheid lê, wat hier egter sekerlik aan die lig sal kom. Want onversigtig genoeg het julle jul sluheid blootgelê deur julle op `n humoristies nabootsende manier te verontskuldig van die gebod van God en dit lyk of julle `n effense gevoel vir humor het. Sulke dubbelsinnige verontskuldigings aanvaar ons Romeine nooit so maklik vir klinkende munt nie! Daarom sal julle met ernstiger en nader aan die waarheid liggende verontskuldigings vorendag moet kom by my as julle geen slegte oordeel van my wil te wagte wil wees nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205