|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 106
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Helena vra na die herkoms van Mathael se kennis
106 Helena sê: "O liewe Mathael! Nog nooit het ‘n mens my op hierdie aarde alleen maar met woorde iets so duidelik gemaak nie! Ek was ten gevolge van u lewendige manier van uitlê as’t ware self by al die doen en late van die ou Egiptenare ter plaatse aanwesig en dit word my alles oorduidelik voor oë gestel.
[2] Maar één ding wil ek nog weet: Op watter manier of in watter skool het u soveel kennis opgedoen! Want my hemel, so iets kan mens tog nie sommer uit die mou skud nie, soos `n paar verborge koringkorrels uit `n sak! Hoe het u aan so `n grondige kennis gekom?"
[3] Mathael sê: "O Helena! Gister was ek nog baie blinder en onkundiger as één van jou laagste en domste bediendes, en daarby was ek ook so siek dat slegs God my kon genees van die onvoorstelbare siekte. Geen menslike kennis sou ooit die genesing tot stand kon gebring het nie!
[4] Maar na my genesing kry ek nie slegs al my liggaamlike kragte vrywel direk terug nie, maar die Heer van hemel en aarde wek ook nog my gees op in my baie bedroefde siel. En kyk, hierdie gees gee my nou `n indringende insig in alle dinge wat was en nou is, en in baie dinge wat nog moet kom!
[5] Kyk, dit is dus alles `n pure genadegawe van die Heer, aan Wie jy en julle almal lof, eer, dank, liefde en prysinge verskuldig is, en ek het al dié sake nooit êrens in watter skool dan ook al geleer nie!
[6] Slegs die Heer is daarom my alles, my skool en al my wysheid. Wat ek weet en ken, weet en ken ek slegs deur die Heer!
[7] En ek sê vir julle: Wie kennis het van wat dan ook al, en dié kennis kom nie daarvandaan nie, weet niks. Want al sy kennis is dan nutteloos, volledig waardeloos en onbruikbare stukwerk.
[8] Doen almal daarom julle bes in die enigste skool van die Heer, wat nou in al Sy goddelike volheid liggaamlik by ons is, dan sal julle nooit enige ander skool nodig hê nie! - Verstaan jy dit, liewe Helena?"
[9] Helena sê: "O ja, ek verstaan u wel, maar hoe kan `n swak sterflike mens, soos byvoorbeeld ek en my vader, in God se skool kom?"
[10] Toe sê Mathael, diep getref: "O Helena! Lieftalligste van die hele, groot Pontus, waar haal jy dan nou tog so `n blinde, dom vraag vandaan? Vergeef my maar dat ek jou op so `n baie ondeurdagte vraag `n ietwat harde antwoord gee! Jy en jou vader ís nou tog al in die skool, hoe is dit dan moontlik dat jy my vra hoe en wanneer jy in die skool kan kom? Ja, sien jy dit dan nou nog nie in nie, terwyl die Heer tog juis ter wille van julle hier sulke groot tekens gedoen het?!"
[11] Helena antwoord bietjie verleë: "Maar beste Mathael, ek smeek u, word daaroor asseblief nie kwaad vir my nie! Ek sien my domheid nou wel in en met so `n vraag sal ek helaas nooit weer by u aankom nie, maar wees asseblief geduldig met ons en bedink altyd dat daar nog nooit `n groot boom met één slag omgekap is nie! Stadig maar seker sal dit wel in orde kom! Ook al is my vader oud, ek is nog jonk. En weet dat ek `n baie gehoorsame meisie is; daarvan was al my leraars oortuig, en my vader weet dit ook! O beste Mathael, ek sal u sekerlik nie tot skande wees nie, maar so nou en dan moet u ietwat meer geduld daarvoor hê! Ek smeek u dit!"
[12] Heeltemal verteder deur die groot sagmoedigheid van Helena, sê Mathael: "O liewe, saggeaarde Helena, nooit sal jy my nog om geduld hoef te vra nie! Ek bedoel dit nooit lelik nie, ook al trek ek dikwels `n nogal ernstige gesig, en met `n ernstige woord wil ek iemand slegs maar nog gouer na die doel bring as wat met mildheid moontlik is. Maar ek sien dat jy in jou hart sagter is as die makste duifie, en daarom is dit by jou ook in die vervolg nie nodig om jou met ernstig klinkende woorde te wek nie."
[13] Helena antwoord: "U hoef my daarom helaas nie te ontsien nie! As u my met ernstige woorde soms gouer op pad kan help, wees dan maar altyd so ernstig soos die groot Pontus wanneer sy huishoë golwe soos rasendes veg met die orkane. Maar as u my en my vader met vriendelike woorde en lesse in dieselfde tyd eers ver kan bring, sou dit vir my baie liewer wees. - Maar nou eers oor iets anders! `n Heel kort vraag nog en dan het ek voorlopig genoeg stof tot nadenke!
[14] Ek wil nog graag weet wie al die ontelbare ander sterrebeelde `n naam gegee het, en na aanleiding waarvan!"
|
|
|
|
|