Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die bekentenis van die owerste

148 Toe begeef die owerste hom na Cyrenius toe en sê: "Hier staan `n magtelose nou voor u. Hy het hom `n tyd lank ingebeeld dat hy as mens van hierdie aarde ook al die regte, waarvan slegs die mense van hierdie aarde hulself bedien, vir homself kon gebruik. Maar hy het hom misreken, hoewel hy self `n rekenkundige kunstenaar was, en het tot die oortuiging gekom dat die verhewene geen ander verhewene langs hom kan duld nie! Daarom wil ek van nou af aan een van die allernederigstes wees, miskien is ek dan meer aanvaarbaar vir die verhewenes!"

[2] Cyrenius sê: "Dit is baie verstandig van u! Maar sê my nou maar net waarom u uself anders aan my voordoen as wat u is! Ek het u tog as vriend die hand gereik en u het dit weggeklap! Wat wou u dan eintlik daarmee bereik het?"

[3] Die owerste sê: "Stel vir uself eers `n hoë, menslike funksie voor! Daaraan kleef daar altyd `n geheime hoogmoedsteken, waarop staan 'eer en mag van die funksie'! Dit maak dat `n mens baie maklik daardeur begin te sondig. As `n mens gewoond geraak het om so te sondig, word `n mens blind en doof en gaan altyd hoër deur te sondig. Jammer genoeg kom `n mens beslis eenmaal op `n hoogte waar staan: ‘Net tot hier en geen halwe stap verder nie!' Daardie punt het ek nou bereik, en ek sal baie bly wees om so vinnig moontlik baie diep benede te wees! Agt en sewentig jaar is ek nou reeds, en ek verwag verder weinig meer! Van nou af aan wil ek my slegs met die suiwer goddelike besighou, as u my nog die kort oorblywende deel van my lewenstyd wil skenk!"

[4] Cyrenius sê: "Gaan, - daar digby die huis van Markus sal u aan `n tafel brood en wyn vind! Versterk u daarmee en dan sal ons die saak besleg nog voordat die aangekondigdes aankom!"

[5] Die owerste trek nou `n vrolike gesig, dank en gaan vinnig na die gedekte tafel. Die ou het behoorlik honger en dors en die voorstel kom hom baie goed te pas.

[6] Maar terwyl die oue hom versterk, gaan Ek na Cyrenius en sê aan hom: "So is dit goed, jy het die saak baie goed gelei. Ook die getuienis wat jy oor die Násarener gegee het, was baie goed. Maar dit is nog te vroeg die om hierdie mens aan My voor te stel. As die saak op dieselfde wyse verder gelei word as tot nou toe, sou dit wel moontlik kon wees om hierdie mense vir ons te wen. Maar om oorhaastig te handel, kan dit heeltemal bederf.

[7] Ek sal Rafael nou tot jou beskikking stel. Hy sal doen wat jy hom opdra, maar wees versigtig met wonders! Laat niks doen vir die herstel van die nog gloeiende stad nie, ook al is die engel baie goed in staat om die hele stad in één oomblik weer te restoureer. Want Ek wil dat hierdie plek gedurende `n tyd nederig bly en dat Markus en sy kinders uiteindelik diegene sal wees wat die plek weer op die been sal help. Al die ander mag hy vir jou doen - maar altyd met `n sekere, bepaalde versigtigheid!"

[8] Cyrenius sê: "Heer, wat gaan U intussen doen?"

[9] Ek sê: "Ek sal in jou omgewing bly en My, netsoos tot nou, as buitestander gedra. As jy nou teen die middag `n skip sien aankom, gaan dan na die oewer en ontvang die aankomelinge in My Naam. Sê egter vir hulle dat ook hulle My nie voortydig aan hierdie mense moet verraai nie, sodat die saak met die fariseërs nie bederf word nie. Laat die boodskapper en sanger Herme na my leerlinge gaan, hulle sal hom vir ons werk die nodige onderrig gee. Ek gaan met Ouran oor die toekomstige inrigting van sy staat praat en ook met Mathael en sy gemalin. - Nou weet jy waaraan jy toe is en wat jou te doen staan!"

[10] Cyrenius sê: "Ja goed, my die Heer en my God, maar hoe sal ek kan sien wanneer hierdie groep van vyftig ortodokse Judeërs ryp sal wees vir U?"

[11] Ek sê: "Dit sal jy wel op die regte oomblik gewaar word na die middagmaal, wat ons vandag `n uur later sal gebruik. Maak jou maar geen sorg daaroor nie, en doen alles na behore en volgens My ewige, goddelike orde!"

[12] Cyrenius was met hierdie opdrag baie tevrede en vol vreugde dat Ek heeltemal ingestem het met sy behandeling van die fariseërs. Ek roep nou dadelik vir Rafael en gee hom die opdrag om homself ter beskikking van Cyrenius te stel.

[13] Rafael kom vinnig nader en sê: "Hier staan ek, om God, u en alle mense wat van goeie wil is, deur die Krag en die Mag en in die Naam van die Heer te dien. Wees egter versigtig met wat u beveel, want ek sal alles uitvoer!"

[14] Cyrenius sê: "Vriend uit die hemele! As ek volgens my verstand te werk sou gaan, sou die een dwaasheid na die ander te voorskyn kom. Dat ek tot nou toe so `n sukses gehad het met die baie sluwe fariseërs, het ek slegs aan die Heer te danke, want Hy het my die woorde en die regte gedagtes in my hart ingegee. My aandeel daarin staan gelyk aan nul. Ek hoop en glo dat dit tot die einde toe so bly gaan! Onder hierdie leiding, vriend, kan ons met mekaar volgens die wil van die Heer, die verdere uitvoering van die werk aan die fariseërs, wel waag! Wat dink jy hiervan, vriend uit die hemele?

[15] Rafael sê: "Ag, dit is heelwat anders. In die gees is `n sonde by die uitvoering van die aangeleentheid gladnie denkbaar nie! Laat ons dus, innerlik verenig met God se Krag, die werk weer `n aanvang laat neem!"

[16] Intussen het owerste Stahar hom versterk, en hy kom weer na Cyrenius terug en dank hom hartlik vir die weldaad wat aan hom bewys is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205