Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die dierlike aard van die mens

193 "Weliswaar sal die mense hier en daar spreek en oordeel: Ja, ja, dit is nou wel mooi om oor die deugde van die vrygewigheid te preek en die gierigheid as `n afskuwelike sonde voor te stel, maar wie kan eintlik iets daaraan doen as die een mens in homself `n oorwegende drang tot oorvloedige vrygewigheid het, en `n ander een daarenteen ontsettend gierig is?! By beide hang dit van hul innerlike liefde af, waarvan dit `n uiterlike verskynsel is. Daaruit ontspruit vir elkeen van hulle `n saligmakende gevoel, wat sowel die een as die ander een vir homself hou. Die eerste een sou egter treurig word as sy besit nie oorvloedig genoeg is om sy arme medemense gelukkig te maak nie, en die tweede word treurig as hy nie soveel ontvang soos wat hy wens nie - maar selfs verloor! Dit is tog so dat dit alles al oorspronklik in die aard van die mens aanwesig is en daarom kan daar tog eintlik geen sonde of enige ware deugde wees nie. Vir die gierigheid is die vrygewigheid `n sonde - en vir die vrygewigheid is dit in gelyke mate die gierigheid. Kan die water iets daaraan doen dat dit so `n sagte en meegaande natuur het, en wie sou die klip kan verdoem vanweë sy hardheid?! Die water moet so wees soos wat dit is en so moet die klip ook wees soos wat hy is.

[2] Vir `n deel is dit wel korrek. Die aard van die vrygewige is om vrygewig te wees en die aard van die gierigaard is die volslae teendeel. Maar hierdie saak staan so: Elke mens kom met `n aangebore selfsug en gierigheid as kind in die wêreld in en sy siel bevat deurgaans nog die dierlike element, wat baie grof stoflik (materieel: vertaler) is. Dit geld veral vir die siele wat nie van bo, maar van hierdie aarde afkomstig is. Maar ook die siele wat vanaf die sterre op hierdie aarde kom, is nie heeltemal vry van dié element nie.

[3] As die mens nou in hierdie dierlike element opgevoed word, word dit altyd meer en meer sy lewensbasis, dit wil sê: sy liefde. Maar omdat hierdie basis dierlik is, bly die mens dan ook `n verskeurende dier, en besit niks menslik nie, behalwe die armsalige gestalte, die vermoë om te praat en, as gevolg van die bou van die logiese geheue, `n ordelike begripsvermoë, wat egter altyd meer deur die dierlike element aangesit word tot lae handelinge. Daardeur kan dit slegs dit as goed en saligmakend sien, wat die suiwer, dierlike element wil.

[4] As iemand nou dus wil beweer dat daar eintlik volgens waarheid geen deugde, en dus ook geen sonde sou wees nie, en dat dit baie onregverdig is om die gierigheid teenoor die vrygewigheid te verdoem, dan moet `n mens hom maar eers op hierdie uitleg van My wys. Laat hy dit eers bestudeer en goed oorweeg!

[5] As `n tuinier twee vrugtebome in sy tuin plant en dit na behore versorg, - sal dit dan vir hom niks wees, as slegs die een boom vrugte dra, maar die ander, wat van dieselfde ras is en in dieselfde grond staan, dieselfde reën en dou, dieselfde lug, en dieselfde lig as voedsel het, heeltemal geen vrugte, ja selfs geen voldoende blare dra om skaduwee te gee nie? Dan sal die oordeelkundige tuinier sê: 'Dit is `n ontaarde, siek boom, wat alle sappe vir homself gebruik. Ons sal eers sien of hy nie te help is nie!” Dan probeer die tuinier alle doeltreffende middele wat aan hom bekend is, en as al hierdie middele uiteindelik niks help nie, sal hy die onvrugbare, ontaarde boom uitroei en in sy plek `n ander plant.

[6] `n Gierige en selfsugtige mens is derhalwe `n mens wat homself innerlik ontaard het en geen lewensvrugte kan gee nie, omdat hy alles vir homself gebruik.

[7] In teenstelling daarmee is `n vrygewige mens alleen maar in die regte lewensorde, omdat hy na buite toe ryklik vrugte dra.

[8] `n Boom kan egter niks daaraan doen of hy wel of geen vrugte dra nie, want hy vorm homself nie, maar die geeste wat in sy organisme opstyg, vanuit die ryk van die natuur wat onder die oordeel lê, vorm hom deur hul krag en deur die baie eenvoudige en daardeur ook beperkte intelligensie wat in hulle aanwesig is. Die mens staan egter op die punt om homself deur die onbeperkte intelligensie van sy siel sélf te vorm, en hom te verander in `n boom wat baie ryklik lewensvrugte kan dra.

[9] Eers wanneer hy dit doen, en hy alle middele daarvoor het, sal hy `n weer `n mens in die egte, ewige orde van God word. Doen hy dit egter nie, dan bly hy `n dier, wat as sodanig geen lewe in hom het nie, en ook geen lewe deur goeie en liefderyke werke aan `n naaste kan oordra nie.

[10] Daarom is die nou geredde, Persiese Judeërs reeds baie goed geordende mense, en dit is nou maklik om aan hulle `n hoë wysheid by te bring. Want as `n lamp so vol olie is dat hy ryklik begin om oor te loop en hy het `n goedgeplaaste en sterk lewenspit daarby, hoef `n mens die pit slegs aan te steek, en dan sal die hele lamp straal van lig, en sal alles om hom heen in `n groot kring pragtig helder verlig!

[11] En hierdie Persiese Judeërs met hul vrouens, wat sommiges van hulle saamgebring het, is reeds sulke goedgevulde lampe. Daarom sal daar nie baie nodig wees voordat hulle almal vol lig is nie!"

[12] Cyrenius sê toe: "Heer, dit is vir die mensdom tog weer `n baie belangrike lering wat goed opgeskryf sal moet word en tot aan die einde van die wêreld sal moet bly bestaan!"

[13] Ek sê: "Jou sorg daarvoor is reg en Ek het daarom daarvoor gesorg dat die belangrikste al op jou rolle opgeskryf is. Maar vir die lewe het so `n geskrif net so baie nut soos wat `n dooie wegwyser dit het vir die wandelaar op die vele strate en dwaalweë van hierdie wêreld. Dit wat elkeen kan help om aan hom Wysheid, Krag en Lewe te kan gee word vir elke mens onuitwisbaar in die hart geskryf, en wel sodat die geskrif oor die ewige lewensreg en die in- en uitwendige betrekkinge, by elke handeling wat teen die goddelike orde ingaan, vanself in die mensehart hardop voorgelees word, en die siel maan om terug te keer na die oorspronklike, goddelike orde!

[14] As die mens hierdie innerlike stem sal volg, sal hy dadelik op die goeie weg wees. As hy egter geen ag daarop slaan nie, maar die rasende hartstog van sy liggaam volg, sal hy dit ook aan homself te danke hê as hy deur die eie oordeel wat in homself aanwesig is, verswelg word. - Maar nou sien Ek dat ons Perse hulle gereedmaak, daarom kan ons hulle met blydskap verwag!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205