Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

God laat Hom slegs deur die liefde ken

77 Suetal sê: "Ja, ja, dan sou alles baie goed bymekaar pas! Net met die uitdrukking 'jongste' sou dit nog nie so baie klop nie, want so `n engel, wat halwe ewighede deurleef het, kan tog ten opsigte van die mense van hierdie aarde onmoontlik `n jongste leerling wees!? So `n engel was tog al lank vroeër vertroud met die hemelse magie, nog voordat daar `n son aan die koepel geskyn het?! - Wat dink jy daarvan?"

[2] Ribar sê: "Dit is sekerlik `n belangrike beswaar waarop ek ook geen antwoord het nie. Maar tog skiet iets my nou te binne: Kyk, die Heer kan die jongeling slegs met betrekking tot hierdie tyd as die jongste van Sy leerlinge voorgestel het, omdat hierdie jongeling hom miskien net `n paar dae in `n aardse omhulsel in die geselskap van mense bevind het!"

[3] Suetal sê: “Ja, as dit so sou wees, het jy natuurlik weer gelyk, maar bedink dat so `n veronderstelling gewis ietwat gewaagd is! Dit is dít, of Moses, want beide kan onder sulke omstandighede nie langs mekaar bestaan nie!"

[4] Ribar sê: "Dit sien ek nie in nie! `n Engel kon tog ook, soos wat mense dit nou nog mondelings oorlewer, sewe jaar lank `n gids vir Tobias gewees het. Waarom sou híérdie een dan nie `n paar dae op aarde kan uithou nie?! Hierdie aarde is tog net so goed `n werk van God as wat hy dit self is!"

[5] Suetal sê: "Ja, ja, as jy gelyk het en Mathael ook onweerlegbaar gelyk het, dan kan, aards gesien, hierdie jongeling seker die jongste leerling van die ewige groot Heer wees! Sy figuur en sy dade getuig duidelik van `n hoër wese uit die hemele, maar as hierdie wese van homself getuig dat hy die jongste leerling van die groot Heer uit Nasaret is, dan moet hierdie Heergees tog sekerlik `n Heer oor alle hemele wees. Maar as Hy dit is, dan doem vir ons die belangrike vraag op wat ons dan voor die Aangesig van die Allerhoogste Almagtigste Self, kan en sal doen! Want dit sou werklik geen kleinigheid wees nie!"

[6] Ribar sê: "Ongetwyfeld, maar sou ons iets daaraan kan doen as dit, wat vir my steeds waarskynliker lyk, so sou wees? Kyk, die Godheid is vry en doen wat Hy wil, en die sterflikes kan Hom geen beperkinge oplê nie! As Hy as `n regter na ons toe gekom het, sou ons seker sleg daarvan afgekom het, maar nou kom Hy as die vriendelikste weldoener na ons sterflikes toe, om ons deur die ou, reeds deur vader Henog verkondigde liefde nader na Hom toe te trek, en onder sulke omstandighede is Hy nie te vrese nie. Maar soos dit vir my lyk, laat Hy Hom slegs deur die liefde in waarheid ken, omdat die liefde beslis die enigste rede vir Sy koms hierheen is. Maar deur die verstand, en al ons hooggeprese rede laat Hy Hom verseker nie ken nie.

[7] En kyk, nou word daar baie vir my meer verstaanbaar! Die vermeende Griek het voorheen heel aangenaam en vriendelik na ons toe gekom en het ons bowendien nog gevra of ons kennis wil maak met die groot Heer uit Nasaret. Maar ons het dit uit `n soort angs beslis afgewys en het dit met allerlei onbelangrike, verstandelike redes beredeneer. Ons het die Heer gevrees, omdat die leerling ons al laat sien het hoe ergerlik oppervlakkig ons redeneringe was.

[8] Tot op hede het ons alles nog altyd verstandelik beredeneer en het nog baie weinig te wete gekom, en die taamlik sterk vermoede wat nou in ons harte begin groei, het ons suiwer aan die teregwysings te danke wat die wyse jongeling ons gegee het omdat sy geduld kennelik opgeraak het. Want, soos wat ek nou al heeltemal duidelik begin besef, het hy dit daar vóór die lang toespraak van die Heer al duime dik opgelê dat die Griek nou juis die Heer moes wees en niemand anders nie! Maar ons egte onbegrip hou toe nog steeds `n driedubbele doek voor die oë van ons siel, en ons sien daarom steeds vanweë al die bome nie die bos nie.

[9] Omdat ons nou, vanweë die berisping, bietjie meer begin voel vir die Griek, skyn `n paar doeke van die oë van ons siel weggeneem te wees, en ons begin daarom nou ook sommige vermoedens te kry. En ek is nou van mening dat ons ons verstand heeltemal oorboord moet gooi en in die plek daarvan suiwer die gevoel van ons harte moet volg, dan sal ons sekerlik eerder `n doel bereik as deur ons verstand, wat die mens slegs gekry het soos wat `n mens vir die kook van `n ete `n kooklepel by die etenspot gee, naamlik vir die omroer van die kos. Is die ete in die pot eenmaal gekook, dan kan mens die roerlepel maar bêre! - Wat is nou jou mening daaroor en die mening van julle almal?"

[10] Groot ogig, sê Suetal: "Vriend, ek sien dat jy steeds meer mik op die Griek. Dit is by my ook wel die geval en ek deel heeltemal jou mening daarin, maar met die afwys van die verstand is ek dit voorlopig nog nie eens nie. Want as ons dit vanweë `n gevoel wat in ons opwel tersyde lê, wat is ons dan nog méér as die diere van die bos, wat sonder verstand is en daarom hul gevoelsinstink moet volg?

[11] Kyk, die mens word heel dikwels deur allerlei gevoelens oorweldig. As hy dan, sonder om sy suiwer verstand te raadpleeg, dadelik maar sy gevoelens sou volg, waar sou hy dan teregkom! Daarom is dit volgens my mening slegs vóór alles nodig om die verstand soveel moontlik te suiwer. Want, slegs deur die gelouterde verstand gelei, kan ons betere gevoelens ons tot `n ware seën word.

[12] Die gevoelens in die mens is soos `n veelarmige poliep in die see wat sy talle arms altyd na voedsel uitstrek, maar in hierdie dier is daar verder beslis geen ander intelligensie waar te neem nie.

[13] As die mens nou sy verstand tersyde sou skuif, sou hy duidelik na so `n dier lyk, want die ruwe gevoelsmens op sigself is vreet- en genotsugtiger as enige ander dier. Slegs die ontwikkelde en gereinigde verstand reël en orden die gevoelens van die mens, verwyder die slegte, behou dan slegs die goeie en suiwere en maak op hierdie wyse van die skynbare mens, `n egte mens.

[14] Daarom moet jy die goddelike verstand nie oorboord wil gooi nie, want sonder die verstand is enige donkie of os ons meerdere!"

[15] Die tien ander gee Suetal hierin volkome gelyk en deel almal sy mening. Maar Ribar haal sy skouers bedenklik op en Suetal sê: "Nou, daarteen kan jy tog werklik niks inbring nie?! Want my mening staan voor God en die hele wêreld so vas soos die berg Sinaï, waarop Moses die wette gekry het vir `n volk wat enorm met verstand begaaf was!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205