Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

`n Wyse en nederige hart om God te aanbid

207 Ek sê: "As jy `n werklike lewende geloof en `n innerlike oortuiging sou gehad het, sou Ek natuurlik niks teen jou en julle almal kon inbring as julle My as julle God op `n passende wyse sou wil aanbid nie. Maar omdat julle nie innerlik en verseker nie in julle siel volledig geestelik oortuig is nie, sou julle met My net so goed afgodery bedryf as wanneer julle enige ander mens of gesnede beeld uit hout goddelike verering sou bewys.

[2] Wie God waaragtig en seënryk wil aanbid, moet God eerstens lewendig in sy hart waarneem. Hy moet God eers in die gees en in alle waarheid ken en liefhê en dan eers kan hy Hom eer gee en ten volle aanbid. As dit nie so is nie, bedryf die mens ook met die ware God afskuwelike afgodery!

[3] Hoe kan `n mens die alleen ware God waardig en met reg aanbid, as hy Hom nog nooit anders as maar net baie afgodies van hoorsê geken het?! Watter onderskeid is daar dan tussen die aanbidding van die enige, ware God en die van `n afgod?!

[4] Die egte aanbidding van die enige, ware God bestaan uit die liefde tot Hom en die liefde tot die naaste. Maar wie kan God liefhê, as hy Hom nog nooit geken het nie?

[5] Of kan `n jongman man ooit in vuur en vlam raak vir `n jong vrou wat hy nog nooit gesien of geken het nie? En as hy hom verbeel dat daar êrens `n jong vrou is, en hy begin die in werklikheid nie bestaande hartstogtelik lief te kry, dan is hy `n dwaas en maak hy hom in die hoogste graad skuldig aan eieliefde, - en dit is vir God `n verskrikking.

[6] Elke afgodsaanbidding is daarom die grootste, menslike dwaasheid en `n afskuwelike blindheid. Want uiteindelik maak die egte afgodsaanbidders vir hulleself afgode en laat hulle bewierook en as gode aanbid, - en dit is dan `n oorwinning van die Satan in die mensehart! Maar wee hulle wat in hulle groot verblinding hulleself inbeeld om self gode te wees! Hulle lot sal eendag baie treurig wees, want die hoogmoed is `n wurm wat nooit sterf nie en `n vuur wat nimmer uitdoof nie!

[7] Ek sê vir jou: Die Satan verlustig hom daarin om die blinde mense in hulle geplante hoogmoed so ver moontlik weg te voer van die orde van God. Maar as hulle eers aan die ander kant as leerlinge van sy skool aankom, sal hy hulle wys hoe om die laagste en afskuwelikste dienste te doen, waarin hulle deur sy bose wil vir ewig daar sal moet bly!

[8] Die Satan as vors van die duisternis laat die mense hier tot gode verhoog, om hulle dan éénsklaps te verneder tot die laagste monsters ooit.

[9] God verlang hier egter `n wyse en nederige hart, om die mense rééds des te hoër te verhef en saliger te maak.

[10] Hierdie mag sal die Satan wel ontneem word en die mense sal, volledig onafhanklik en vry wees om te doen en te laat wat hulle wil. Daardeur sal die goeie des te meer lig uitstraal en die innerlike slegte egter des te erger en dieper aan die hel toebehoort. Want daar sal hulle boosheid nie op die rekening van die Satan, maar ten laste van hulle hoogste eie rekening kom en hulle sal eers daar deur Satan en sy knegte des te meer boosaardiger onder hande geneem word.

[11] Daarom is die eerste plig van elke mens om baie nederig van hart vir God in gees en waarheid te soek. Laat hy dan ook eers vir God in gees en waarheid aanbid, as hy Hom gevind het!

[12] Die vernaamste gebed bestaan daaruit dat `n nederige hart nederig bly en sy naaste mettertyd meer liefhet as homself, maar God, as die enige, egte Vader van alle mense en engele, bowe alles!

[13] Niemand kan God in sy duistere vlees liefhê as hy sy broer haat nie. Want hoe sou iemand God nou kan liefhê, wat hy nie kan sien nie, as hy sy broer nie liefhet wat hy wel kan sien nie?!

[14] Dit is op lange laas nie genoeg om te sê: 'Ek het my naastes lief en is baie vriendelik teenoor hulle nie!' Die ware en vir God alleen geldige liefde moet bestaan uit dade aan jou naaste wat behoeftig is, geestelik of liggaamlik. Die liefde is die wonderbare sleutel tot die goddelike lig in die eie hart.

[15] Ek sê vir jou en jou metgeselle: As julle dié goue sleutel nie gevind en in julle hart opgeneem het nie, sal julle nooit die weg hierheen gevind het nie! Wat dit egter wil sê en wat dit beteken dat jy en jou metgeselle hierheen gekom het, ook al is dit deur `n kolossale storm in die uiterlike lewe, dit begin julle nou al te bespeur, - die nabye toekoms sal julle eers na die ware lig lei! Eers as julle My dan heeltemal sal ken, sal julle ook verstaan of Ek aanbid kan word of nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205