Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die ware aanbidding van God

36 Maar Ek sê vir almal wat nog voor My op die grond lê: "Staan op, vriende en broers! Die verering wat julle My nou gee, is wel in orde, want dit raak die Een wat in My is, die ewig heilige Vader! Maar Hy is altyd in My, soos wat Ek en julle almal ook in Hom is. Eintlik sou julle dus altyd uit groot eerbied vir My in die stof moes lê. Dit sou egter vir julle en vir My beslis nie aangenaam wees nie en julle sou net so min as Ek uiteindelik iets daaraan hê.

[2] Kyk, dit is meer as voldoende as julle in My glo, My liefhet soos een van julle beste broers en vriende en My woorde navolg. Méér as dit het geen nut nie, omdat ek absoluut nie in die wêreld gekom het om My deur die mense as `n afgod te laat vereer nie, soos byvoorbeeld Mercurius of Apollo nie - maar Ek het gekom om al die wat siek na siel en liggaam is, gesond te maak en die mense van hierdie wêreld die regte weg na die ewige lewe te wys! Dit is die enigste wat ek van julle verlang, alles wat meer is, is ydel, dom, heidens en lei na niks nie.

[3] Dit is wel so dat die mens God, sy Skepper, ononderbroke moet aanbid, omdat God Self heilig is en daarom waardig is om deur elkeen aanbid te word. Maar God is `n Gees en kan daarom slegs in gees en in waarheid aanbid word.

[4] Maar wat beteken: God in gees en waarheid aanbid? - Wel, dit beteken so veel as: om altyd in die een ware God te glo, Hom met alle krag bo alles lief te hê en Sy maklike gebooie te hou!

[5] Wie dít doen, bid in die eerste plek sonder ophou en in die tweede plek bid hy so in gees en waarheid tot God. Want sonder dade is elke lippegebed `n suiwer leuen, waarmee God as die Ewige Waarheid nie vereer word nie, maar slegs oneer aangedoen word!

[6] Staan dus as vrye mense op, as My broers, as My vriende, bedryf in die toekoms geen afgodery met My nie en verraai My nie voortydig aan die wêreld nie, want dit sou die wêreld baie meer kwaad as goed doen!"

[7] Na hierdie woorde van My gaan almal weer staan en Mathael sê: "Ja waarlik, slegs `n God vol Wysheid en Liefde kan so praat! O, hoe heeltemal anders dink en voel ek nou as wat ek voorheen gedink en gevoel het! - O Heer, laat egter hierdie een versoek van my nie onverhoord nie: Laat dit nooit weer toe dat ons siel weereens in so `n beproewing teregkom soos die een waaruit U Liefde, Barmhartigheid en Mag ons so flussies verlos het nie!"

[8] Ek sê: "Bly in My, deur na My woord te luister, deur dit te hou en daarvolgens te lewe, dan sal My Krag en My Liefde daardeur in julle wees en julle beskerm teen elke verdere harde beproewing!

[9] My leerlinge het reeds die allernoodsaaklikste opgeskrywe wat die mense bó alles nodig het. Lees dit, verstaan dit en handel daarvolgens en meer sal julle nie nodig hê vóór die tyd van My verhoging aanbreek nie!" - Daarmee stel die vyf hulleself tevrede.

[10] Toe wend Ek My tot Cyrenius en sê: "Vriend, ons is klaar hier, laat ons dus nou nog na die ander gaan en sien hoe swaar hulle teen die Romeinse wette gesondig het. Maar pasop - daar sal nie so maklik met hulle gepraat kan word nie, want hulle is deur die wol geverfde, wêreldse mense! - Maar laat ons nou gaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205