Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die toekoms van die suiwer leer van God

113 Helena antwoord heeltemal oortuig van die waarheid van wat Ek gesê het: "O Heer, elke heilige woord van U het in my hart `n veelvoudige weerklank gevind, en soos één toon klink dit in my siel: Dit is die suiwer, goddelike waarheid!

[2] Maar so kan ook slegs `n God die mense onderrig, want geen menslike sintuig reik so ver nie! Ja, nou besit ek kennis en weet ek presies wat my in die toekoms te doen staan!

[3] O, hoe heerlik is dit om die wil van die enig ware God te verneem en met alle lewenskragte na te volg, maar hoe bitter is dit as mens moet handel volgens die wette van die menslike hoogmoed waaronder staan: Dit is God se wil!

[4] Ek vermoed altyd al dat `n egte God ook maar net een volmaakte, ware wil kan hê, wat nooit in teenspraak kan wees met homself soos die menslike wette nie, waarvan dikwels die een fundamenteel in teenspraak is met die ander. As mens hom aan die een hou, is mens strafbaar volgens `n vroeër bekragtigde wet en hou mens dit nie, dan straf die nuwe wet! Die vraag is dan: Wie kan só mens wees en lewe?!

[5] Neem nou eers ons ou godewette! Die sluwe priesters sê: 'As jy aan Pluto offer, vertoorn jy Zeus en offer jy aan Zeus, vertoorn jy Pluto, maar as jy aan hul priesters offer, wat alleen weet hoe hulle die toorn van die gode moet sus, dan doen jy goed!' Want hulle beweer dat húlle alleen die suksesryke tussenpersone was tussen die gode en die mense. So het die priesters alle offers na hulle toe getrek, en hulle tewens nog deur die arme, blinde volk, wat sonder genade deur hulle uitgesuig word, goddelike eer laat bewys en al die volk moes bewe voor hul mag. O, dit kan, dit sal hierdie suiwer leer sekerlik in der ewigheid nie toestaan nie!"

[6] Ek sê: "Bekommer jou maar nie daaroor nie! Uiteindelik gaan dit met alles wat van bo hóé suiwer gegee word, of dit nou geestelik of stoflik is, dieselfde pad. Sodra dit die aardse bodem aanraak, word dit onrein en onsuiwer.

[7] Kyk na `n reëndruppel! Geen diamant kan suiwerder wees as so `n druppel nie, sodra hy egter die aardse bodem beroer, is dit met sy suiwerheid gedaan!

[8] Bestyg `n berg en jy sal jou nie genoeg kan verbaas oor die suiwerheid van die lug nie, kyk egter na benede in die dal en jy sal `n groot verskil in suiwerheid ontdek tussen bo en benede!

[9] Hoe suiwer val die sneeuvlokke uit die wolke! Maar kyk twee maande later eers na die eers so verblindende wit sneeu en jy sal dit al erg smerig vind!

[10] Kyk eers na die wind as dit van die hoogtes na die dale in die diepte suis, hoe sterk dit dadelik deur die hinderlike stof vertroebel word, en selfs die son en die maan verloor baie van hul glans as hulle die horison nader. Ja, selfs die lig van die middagson word maar al te dikwels en te veel deur die dampe van die aarde vertroebel, sodat mens uiteindelik van die hele son ondanks sy sterke lig nie meer kan bepaal waar dit presies staan nie!

[11] En so gaan dit ook altyd met alle geestelike gawes uit die hemele. Ook al is dit by die ontstaan hóé suiwer, dit word mettertyd deur die lae, wêreldse belange net so vertroebel soos alles wat Ek jou so-ewe genoem het.

[12] En so sal hierdie reine leer van My ook vergaan, daarvan sal geen jota onbekritiseer en onaangevreet bly nie!

[13] Die tempel wat Ek nou opbou, sal hulle presies so vernietig soos die Romeine die tempel te Jerusalem binne nie al te lang tyd nie sal vernietig, waarby geen klip op die ander sal bly nie!

[14] Maar My tempel sal Ek weer opbou, die kliptempel in Jerusalem egter nooit nie! Bekommer jy jou egter nie daaroor nie, want Ek is daarvan heeltemal op die hoogte en weet die redes waarom dit so moet gebeur!

[15] Want sien, die mens het maar weinig waardering vir die lig in die dag en die warmte in die somer, as egter die nag kom, word die lig waardevol en die warmte leer die mense eers in die koue winter waardeer.

[16] So gaan dit ook met die geestelike lig en met die geestelike warmte. Wie vry rondloop waardeer die vryheid skaars, maar as hy geboeid in die kerker wegkwyn, weet hy eers watter groot goed die vryheid is!

[17] En kyk, liefste Helena, daarom word toegelaat dat al die suiwere vertroebel word, sodat die mens eers in die grootste droefenis die waarde van die suiwer lig leer ken!

[18] As in die groot nag die reine lig weer te voorskyn kom, sal alles wat adem en leef hulle direk na die lig keer, soos in die winter van die menslike liefdeloosheid sig weldra alles om `n warm hart sal skaar soortgelyk aan die deur die winterse koue verkluimde, arme mense om die ontstoke vuur van `n ope vuurherd.

[19] Dit sê Ek slegs aan jou en nog enkele andere. Elkeen moet dit egter vir hom self hou en nie verder vertel nie, want dit is nie die essensie van My leer nie! Ek het dit vir jou, lieflike Helena, slegs maar vir jou eie gerusstelling gesê, maar `n ander gaan dit weinig of niks aan nie! Ek sorg wel vir die noodsaaklike uitwendige en dit is vir elke mens voldoende as hy slegs sorg vir die suiwering van die eie hart. As dit in orde is, sal ook al die uiterlike asof vanself heeltemal in orde kom. – Helena, het jy nou ook dít goed en reg verstaan?"

[20] Helena sê: "O ja Heer! Dit is egter, jammer genoeg, nie so opwekkend om so iets vooraf te wete te kom nie. Maar daar is tog vir alles `n goeie en wyse rede, en U sorg sekerlik altyd vir die geestelike heil van die mense, en daarom moet dit wel so gaan soos U, o Heer, dit my nou in U oneindig genadige vriendelikheid geopenbaar het! U wil geskied altyd soos ook in ewigheid!"

[21] Na hierdie woorde val Helena letterlik in `n liefdesluimer en hou My hand styf teen haar bors gedruk, wat Jarah ietwat pyn besorg , omdat Ek tydens die gesprek met Helena niks aan háár gesê het nie. Maar toe Ek haar vriendelik aankyk, gaan die pyn skielik weer oor.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205