|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 89
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
`n Egte heiden
89 Na hierdie, volgens heidense norme, verstandige tweegesprek, swyg beide Ouran en Helena, en wag tot Helena genoeg moed bymekaar geskraap het om Mathael volgens plan te vra om `n voorspraak te wees by My. Maar hoe langer hulle wag, hoe meer besware steek in hul harte kop uit en hul moed word daardeur eerder verswak as versterk. Beide is wel onder die indruk van die heerlike aand, maar nie sonder enige vrees nie, want die ietwat fantastiese lig van die skynson, die vreemde, nogal woeste plek, die buitengewone gebeurtenisse en My teenwoordigheid, maak dat beide se harte nie die rus oor hulle voel kom waarby hulle heeltemal op hul gemak die awendrus kan geniet nie.
[2] Toe Mathael dit opmerk, gaan staan hy by Ouran en sê: "Vriend, jy is nie opgewek nie, en jou mooie dogter sien daar ietwat lydend uit! Vertel my eers of julle iets makeer!"
[3] Ouran sê daarop baie saggies vir Helena: "Hy het ons al deurgekyk! Nou moet ons wys, goed, waar en paslik reageer, anders gaan ons sonder meer op `n verskriklike manier na die plek wat Cerberus bewaak en waar die onverbiddelike Pluto heers! Praat min en stadig, oordink elke woord goed, anders is dit gedaan met ons!"
[4] Nou tik Mathael die baie vreesagtig geworde Ouran op die skouer en sê: "Vriend, waarom sê jy niks nie? Voorheen was jy tog nie te bang om met my te praat nie!? Wat het daar nou skielik in jou gevaar?"
[5] Ouran beef en sê na etlike oomblikke: "Ah - ah - ahahah - dit raak beter! Eerlik gesê, is daar niks met my aan die gang nie, maar ek en hierdie dogter van my besef nou eers dat ons as sterflike nikswerds by u onsterflike gode gekom het, en kennelik op die egte Olimpus, die vernaamste woonplek van die ewige, onsterflike gode!
[6] Die omstandighede is hier te onmenslik wonderbaarlik! Die té groot gewydheid van hierdie plek vervul ons met angs en skrik, te meer nog omdat die hart van my dogter selfs van liefde vervul raak vir die groot God van die elohim, soos wat sy sê en betreur.
[7] Volgens ons Griekse gode-wette is so `n liefde één van die swaarste misdade teen die onbeperkte gewydheid van die gode, veral teen die onbekende, allerhoogste God van alle elohim! My arme dogter kan haar nou egter nie meer teen hierdie verskriklike liefde verweer nie! Sy wil nie, en haar hart sê onverbiddelik: 'Jy moet!'
[8] Die arme, opregte kind vertrou my dit toe, en daarom het ek besluit om die groot God via u te smeek om barmhartiglik die hart van my arme dogter van die liefde te bevry, want haar wil is nie die oorsaak van hierdie liefde nie, maar dit kom beslis net deur die vreemde, aan ons totaal onbekende omstandighede! Sal u, omdat u beslis ook `n eerste halfgod is, die barmhartigheid aan ons bewys? Sal u die grote God om genesing van die siek geworde hart van my dogter vra en my tewens sê wat ek vir die barmhartigheid moet offer?”
[9] Dit maak dat ons Mathael vir die eerste keer sedert sy genesing welwillend en medelydend glimlag, en vervolgens sê hy aan Ouran: "Jy is `n egte heiden en daarby ook nog een van die suiwerste water! In die halwe wêreld soek jy waarheid en die regte lig, en toe jy dit vind, herken jy dit nie as gevolg van pure, heidense domheid nie!
[10] Ek sê vir jou dat ek baie medelye met jou het en jou kortsigtigheid uit die diepte van my hart betreur, maar ek hoop dat daar hier gou `n einde aan jou ou dwaasheid sal kom!
[11] Kyk, wat jou dogter as liefde vir ons groot, heilige Heer in haar hart voel, is nou juis die enige, egte lewensteken van die eie, goddelike, geestelike vonkie in haar siel! As hierdie vonkie in haar bors `n vlam word, sal sy eers volledig die absolute nietigheid van julle ou veelgodedom insien, maar ook die enig ware, ewige goddelikheid van die Een wat nou hierdie vonkie in haar origens baie reine hart aangeblaas en tot lewe gebring het.
[12] Ek sê vir jou: Die liefde is immers die enigste band waarmee God Sy skepsele na Sy Almagtige Vaderhart toe trek en hulle uiteindelik tot Sy kinders maak - en jy, ou blinde heiden, smeek nou om die bevryding van hierdie hoogste, goddelike barmhartigheid, wat God Self in Sy groot erbarming hier in julle harte giet om die innerlike lewe op te wek!?
[13] Laat jou ou domheid vaar en word `n mens vir wie dit moontlik kan word om die ewige lewe in homself deur die krag wat hom deur God daartoe verleen is, te verwerf, homself en God waaragtig te herken en daardeur in te gaan in die ware, ewige geluksaligheid in!"
|
|
|
|
|