Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Werklike geestelike lewe

242 Toe Rafael klaar was met die toespraak wat deur My aan hom ingegee was, was al drie baie verwonderd en Mathael sê: "Ons het jou waaragtige lewende, heilige woorde goed verstaan, en ook vir die eerste keer heeltemal wat Dawid bedoel het toe hy in sy goddelike Psalm gepraat het: 'Maak die deure hoog en die poorte wyd, sodat die Koning der ere kan intrek!' Maar die toepassing! O, waar staan dit?! Wat is daarvoor nodig om dit in die volle lewe uit te voer!

[2] `n Arm mens gee jy wel iets, en dan is die kleinigheidjie wat jy `n behoeftige gegee het, ook glad nie swaar nie. Maar dit gebeur dan baie meer vanuit `n verstandelike oorweging, as uit die gevoel van naasteliefde! O God, hoe ver is die mens van sy doel verwyder deur sy verstand en deur sy koue oordeel, waarin glad geen liefde te vinde is nie! Wie `n arme uit egte broeder- en naasteliefde iets gee en daarby nog `n ware, deemoedige vreugde daarin beleef dat hy sy broeders en susters in die naam van JaHWeH soveel moontlik goed aangedoen het en tewens altyd die vurige wens in hom het om nog baie meer goed te doen en te trag om al sy arme broeders en susters so gelukkig moontlik te maak deur alle moontlike vriendelikheid, raad, woorde en blymoedige dade, ja, hoe onmeetlik hoog staan die siel en die gees van so `n mens dan voor JaHWeH God! Maar waar staan ons nou eers met ons harde harte en geringe, verstandelike vermoëns?!

[3] O, hemelse vriend! Jy het met jou self beantwoorde vraag ons goed aan die dink gesit! Nou weet ons eers goed waar ons staan en waaraan ons toe is! Heer! - skud ons harte wakker en laat dit gloei in die ware en vurigste naasteliefde, anders is U hele, nog suiwer goddelike lewensleer niks anders as `n ydel moreel eteriese woordespel sonder krag en uitwerking nie!

[4] Nou sien ek ook my hele lewensweg tot op hede. Dit was eintlik, om dit die sagste te stel, nie korrek nie en daarom het ek niks bereik nie!

[5] Nou begin ek eers die eintlike, ware weg te verken en nou weet ek waaruit die beloftes en hul vervulling uit bestaan. Ek weet nou wat in myself nog makeer en wat diegene sal makeer, by wie die belofte ondanks die aanvaarde, goddelike leer nie vervul sal word en hoe hulle op die enigste regte weg gebring kan word. Maar daarby sien ek ook in dat ek self nog baie sal moet doen, om met myself heeltemal in die reine te kom!

[6] Ons het wel `n groot voorsprong in die geloofsfeer, omdat die Heer Self hier by ons is en ons deur woord en daad leer, - sodoende staan die hele hemel hier ook wyd voor ons oop en God se engele leer ons die hemelse wysheid en die ewige, goddelike lewensorde. Maar die vorming van die hart is tog alleen aan ons oorgelaat! Met die hulp van die Heer sal ons egter ook daarmee regkom!

[7] Weet en voel is twee baie verskillende dinge. Om te weet kan `n mens selfs deur die ongevoeligste vlyt en wêreldwysheid bereik deur ervaring, maar om tot die regte gevoel te kom, het `n mens meer nodig as baie leerwerk en ondervinding!

[8] As `n mens baie kennis het, gee dit die menslike hart nog geen gevoel nie, en ook nie altyd die regte wil en ondervinding kan ons, sowel in die slegte as in die goeie, kennis verskaf nie, maar alleen `n korrekte gevoel bring alles tot lewe en orden alles en gee rus en saligheid. Daarom moet reeds in die beginfase van die vorming van die mens tot `n ware mens, bowe alles na sy hart opgelet word!

[9] Want as die hart nie dadelik in die begin bewerk word nie, maar slegs die verstand, verhard die hart haarself en word weldra hoogmoedig deur die eise van die verstand! As die hart egter eenmaal hoogmoedig geword het, staan sy feitlik nie meer oop vir die vorming van die gevoel nie. Daar sal dan behoorlike vuurproewe moet kom, bestaande uit allerlei ellende en nood, en die hart sal allerlei druk moet ondergaan, om soos gekniede was, week, sag en gevoelig te word vir die nood en die ellende van die treurende medemens!

[10] Ons dank jou, en deur jou die Heer, vir hierdie baie belangrike les, waardeur ek nou eers duidelik weet wat ek in die toekoms sal moet doen, sowel vir myself as vir al diegene wat deur my die glansryke en suiwer lig uit God sal ontvang."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205