|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 188
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248. |
|
|
Die oordeel oor die landstreek van Caesarea Philippi
188 Ek sê: "Weet jy, beste Markus, elkeen praat volgens die begrip wat hy van êrens af gekry het en jy praat nou ook soos wat jy dink dit moet wees! Ek sê vir jou: JaHWeH vee nie veel nie, maar as Hy vee, vee Hy skoon!
[2] Ken jy hierdie streek tot in sy verre omtrek? Ja, jy ken haar en weet, dat sy as een van die vrugbaarste, maar net in die besit is van baie ryk Grieke. Die arme Judeërs moet egter teen `n karige hongerloontjie in die sweet van hulle aanskyn vir die ryk, Giekse honde werk, en alle vrugte in die skure van die Grieke inbring. Hulle dryf daarmee handel in alle windrigtings in, wat hul ontsettend baie goud en silwer oplewer, en ons Judeërs moet dan in die winter bedel en vis gaan vang om aan die lewe te bly!
[3] Wel, dit kan die Judeërs altyd nog goed doen en die see sal altyd visryk bly!
[4] Maar het `n Judeër ooit, as hy honger gehad het, van so `n Griek `n stuk brood gekry? O nee, daarvoor moes hy altyd die see oorsteek en aan die anderkant by sy geloofsgenote om brood bedel! Daar staan Kisjonah en Ebahl! Vra dit maar aan hulle en hulle sal julle wel vertel hoeveel duisende arme Judeërs uit hierdie streke almal by hulle in die winters brood kom haal!
[5] Ek het vir lank die skandelike misbruik baie geduldig aangesien, maar nou is die maat vol en Ek sal hierdie onbarmhartige en onwaaragtige woekerhonde nou tugtig dat hoor en sien vir altyd sal vergaan!
[6] Kyk eers na jou tuin en jou klein akkers. Nóg die water, nóg die hael beskadig ook maar iets daar. Maar kyk maar eers na die res van die omgewing, en jy sal daar so `n verwoesting vind soos wat jy nog nooit vroeër meegemaak het nie!
[7] Met hierdie gesel sal die Griekse woekerhonde uit die land verdryf word. Want op die naakte klippe sal hulle geen koring, geen gars, geen mielies, geen lensies, en geen bone meer oes nie. Daarom sal hulle die woeste bodem verlaat en na Europa trek.
[8] Om hierdie rede laat Ek dit ook vernaamlik toe dat byna die hele stad in `n as- en puinhoop verander sal word. Want as `n mens nêrens geen woning en geen bougrond meer het nie, verlaat hy gou die leë- en woeste plekke en trek hy verder.
[9] Vir die arme Judeërs sal daar egter rondom die see genoeg bougrond oorbly en die stad sal wel weer vir die egte Judeërs herbou word, - maar in `n reiner en beter styl as wat tot op hede die geval was! Sy is weliswaar nog `n baie jong stad, wat as stad nouliks sewentig jaar bestaan het, omdat daar voorheen slegs `n baie onbeduidende gehuggie op hierdie plek gestaan het. Van nou af aan sal sy egter geen stad meer genoem word nie, maar sy sal slegs `n vissersdorp wees en bly. Die prag van die Grieke moet verdwyn, maar die Glansrykheid van die hemele sal in plek daarvan hier sigbaar word, soos dit nou op dié oomblik gebeur. - Ou Markus, is jy dit nou eens met My huishouding?"
[10] Markus sê: "Ja, as dit so is, o Heer, laat U dan nog maar tienmaal so hard daarop loslaat! Dit is dan ook die suiwer waarheid! Met die ryk Grieke was werklik nie meer te praat nie, en van naasteliefde was daar al lank geen sprake meer nie. Wat jy van hulle gevra het, moes ryklik met goud en silwer betaal word, maar koop hulle iets van ons, dan moes jy altyd ruilartikels daarvoor aanvaar. O, daarom is dit nou baie goed, en hierdie geweldige storm gee my baie genot! O, nou kan hy minstens nog wel tienmaal so erg word!"
[11] Ek sê: "Bedaar nou maar, die regte maat sal wel gegee word!"
[12] Cyrenius sê: "U bedoel dus dat hierdie streek heeltemal woes sal bly?"
[13] Ek sê: " Nie presies dit nie, maar die ryk Grieke moet uit hierdie streek weg. Ek sê vir jou dat hierdie storm seker duisend van die mees welgestelde families ver uit hierdie streek sal laat verdryf, want Ek was reeds lankal van plan om dit te doen! Hulle sal wel Romeinse onderdane bly."
[14] Cyrenius sê: "Is dit vir `n streek of `n goeie land dan nie goed wanneer daar baie welgestelde inwoners is nie?"
[15] Ek sê: "O ja, as hulle so is soos My vriende Kisjonah en Ebahl, want hulle is egte vaders vir alle arm bewoners van die land, en elke land kan hom gelukkig prys as sy baie sulke vaders besit.
[16] Maar hierdie ryk Grieke is egte bloedsuiers van die land, en dink dat die arme Judeërs baie bly moet wees as hulle as loon vir hul swaar werk iets te ete kan deel met die varke van die Grieke! Dit is by My geen mense meer nie, maar suiwer, onbarmhartige duiwels, en Ek het geen medelye en erbarming met hul ellendige, hoogmoedige liggame nie! Laat hulle maar na die storm, wat oor `n uur uitgewoed sal wees, hulle baie goud en silwer op die naakte klippe lê, en hulle koring daarop saai, en dan sal ons sien of daar ook maar één halm sal opskiet!
[17] Kyk, so het Ek nou hier met één slag `n aantal bose vlieë platgeslaan. Die leuenagtige priesters moes op loop gaan, en nou sal die woekerGrieke ook dieselfde doen! Hulle paleise lê in puin en hulle groot akkers, tuine en weiding is volledig weggespoel. As hulle na die storm hul landerye bekyk, en hulle daarvan sal oortuig dat elke toekomstige bewerking volkome sinneloos sou wees, dan sal hulle hul mandjies gaan pak en hulle merendeels na Europa begeef. Daarna het Ek altyd nog genoeg middele om hierdie streek in `n kort tydjie weer so goed moontlik te laat bot."
[18] Die storm neem nou egter weer af en ofskoon die hael opgehou het, val die reën nou so dig uit die hemel dat die water hom op die vlak bodem onmiddellik al `n halwe manshoogte versamel het, en stroom met so `n verskriklike kabaal weg sodat selfs die see die geweldige toevloei begin te bespeur, wat tog werklik geen kleinigheid is nie. Huise, bome en duisenderlei ander dinge spoel na die see. Ook baie vee soos hoenders, alle soorte voëls, wat deur die hael gedood is, ontelbare varke, esels, koeie, osse, skape, geitjies en hase, bokkies, en herte kry die see om te verwerk, en die groot aantal visse wat hierdie binnesee herberg sal goed doen daaraan, baie vrugbaar daarvan word en hulleself baie vermeerder. Dit sal dan `n goeie skadeloosstelling wees vir die arme Judeërs, wat tog hier niks kon verloor nie, omdat hulle weinig of niks besit het nie. Die min welgesteldes het in hulle harte egter al taamlik soos die Grieke, hard en gevoelloos geword, en dit sal hul siel sekerlik nie skaad om nou ook netsoos die ander hulleself te gaan besighou met visse en bedel nie.
[19] Toe dit so ontsettend hard begin te reën, kom almal wat vroeër onder die tafels beskerming gesoek het, heeltemal deurweek na My toe en verbaas hulle uitermate dat Ek en almal wat buite by My vertoef het, kurkdroog gebly het, netsoos die wat hoër op plaasgeneem het, waar selfs geen waterdruppel aan `n grashalm hang nie.
[20] Hebram vra My, nadat hy tot My deurgedring het: "Heer, hoe is dit moontlik dat hierdie plek en U tydens so `n ongehoorde wolkbreuk almal droog gebly het, terwyl ons so deurdrenk is asof ons in die see gelê het, en dit nou so koud is soos in die winter, terwyl dit hier op hierdie plek nog net so aangenaam warm is as vanmôre?! Heer, hoe het dit gebeur?"
[21] Ek sê: "Dit gaan presies soos wat dit gaan! Ek kan jou werklik geen ander antwoord op jou vraag gee nie! Jy moet tog nou na alles wat jy gehoor en gesien het, moet weet en selfs lewendig moet vasstel Wie en Wat hier is! En as jy dit in jou siel besef het, hoe kon jy My dan so `n vraag stel?
[22] Die oggend het baie goed van julle verwag, maar die aand skyn by julle weer `n sielsaand te geword het! O verskriklik blinde mensdom! So nou en dan word julle weliswaar `n bietjie verlig, maar omdat die lig nie op eie grond ontstaan het nie, is dit nie blywend nie, en in weinige oomblikke neem die nag weer die plek in van die sielsmôre!"
[23] Hebram sê: "Heer, wat is daar wat wil U daarmee aan my en my nege-en-twintig broers wil sê?"
[24] Ek sê: "Niks anders as dat jy en jou broers almal blinde visse is in troebel water! Sê My eers wat julle, terwyl Ek so duidelik by julle was, onder die tafels en banke ingejaag het!"
[25] Die deurnattes antwoord: "Heer, `n baie natuurlike, uit ons jeug nog oorgeblewe, angs en vrees vir sulke verskriklike onweer!
[26] In ons blinde angs het ons nie daaraan gedink waar en by wie ons was nie. Nou sien ons ons eie dwaasheid wel in, en ons besef ook hoe blind ons met dit alles was, en hoe baie ons gefaal het in U heilige teenwoordigheid. Ons kan niks anders doen as om U, o Heer, met die opregste en lewendigste berou van ons hart om vergewing te smeek! Heer, vergeef ons ons groot dwaasheid!"
[27] Ek sê: "Ek het julle al lankal alles vergewe, en ten behoewe van die dwaasheid nog vir niemand `n skuldboek geopen nie. Want elke dwaas het dit aan homself te danke as hy skade opdoen. Maar dink op `n ander keer, as jy My nie soos nou by jou sal hê nie, met `n ware, lewendige geloof aan My Naam, en dan sal dit julle beter beskerm as die een of ander swak en breekbare plank!"
[28] Die dertig aanvaar hierdie teregwysing, en vra of hulle op die droë plek mag bly.
[29] Ek sê: "Wel, dit is tog vanselfsprekend! Bly en droog julle af, want die reën sal nog ruim `n halfuur duur!"
[30] Die dertig doen dit baie genoegsaam en hulle bly, en droog hulle af, en geniet baie daarvan dat hulle tydens die hewigste slagreën in `n kort tyd kurkdroog geword het.
|
|
|
|
|